ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê sy party gaan nie onder druk toegee in koalisiegesprekke nie en sal nie toelaat dat buitestanders die party se politieke toekoms bepaal nie.
Mashaba het volgens RSG Nuus gesê ActionSA moet nie aan standaarde onderwerp word wat ander partye glo straffeloos kan ignoreer nie. Hy het ook gesê hy weier om dubbele standaarde te aanvaar en dat sy party hom nie sal laat intimideer om besluite te neem wat politieke ego’s streel nie.
Die uitsprake volg ná bewerings dat ActionSA moontlik deel kan wees van ’n koalisie met die ANC en ander kleiner partye in Gauteng se drie metro’s. Die aard en omvang van dié moontlike skikking is egter nie bevestig nie.
RSG Nuus meld dat die gesprekke oor koalisies onder druk voortduur.
Bron: RSG Nuus
