Potchefstroom: Die ondergang van die laaste Afrikaanse universiteitskampus

Van die ergste dwaasheid oor Afrikaans kom soms van Afrikaans-professore. Jakes Gerwel (1946-2012) is ‘n klassieke geval. Hy het die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) van ‘n oorwegend Afrikaanse universiteit tot ‘n eentalige Engelse inrigting getransformeer. Minder bekend is die Afrikaans-verraad deur die skrywer Ronnie Belcher (1933-2006), eens ‘n hoogleraar in Afrikaans aan die UWK in

Lees verder: Potchefstroom: Die ondergang van die laaste Afrikaanse universiteitskampus

Steve mag nie by KKNK optree nie

Steve Hofmeyr sal verhoed word om vanjaar by die ABSA KKNK op te tree. Die KKNK se bestuur het op Facebook verklaar dat hulle Hofmeyr se optredes by die KKNK sal afkeur. Die KKNK het reeds verskeie navrae ontvang oor hoekom Hofmeyr nie op vanjaar se program is nie. “Die Absa KKNK is trots Afrikaans

Lees verder: Steve mag nie by KKNK optree nie

Selebi na koma dood

Jackie Selebi, voormalige polisiekommissaris, is Vrydagoggend in die ouderdom van 64 oorlede, nadat hernude bespiegelinge oor sy paroolvrylating deur die omstrede regter Desai weer ter sprake gekom het. Die regter wat voorheen oor Selebi se siektetoestand moes besluit, Siraj Desai, het dié week bevind dat Sunette Bridges haatspraakkommentaar op haar blad vergoeilik het. Desai, ‘n

Lees verder: Selebi na koma dood

Dankie tog vir die MRK en die Gelykheidshof!

Soweto is in ligte laaie. Diegene wat die hoofstroommedia jeugdiges noem, is op ‘n plundertog gemik teen uitlanders; diegene wat nie die plaaslike bevolking se taal, etniese herkoms of velkleur deel nie. Somaliërs, asook winkeleienaars uit Pakistan word geteiken. ‘n Bejaarde Malawiese man is op ‘n grusame wyse vermoor en vermink, wat herinner aan hoe

Lees verder: Dankie tog vir die MRK en die Gelykheidshof!

Olieprys styg na dood van Saoedi-Arabië se koning

Die prys van olie het na nuus van die dood van Koning Abdullah van Saoedi-Arabië, die grootste produsent in die Organisasie van Petroleumuitvoerlande, gestyg. Kroonprins Salman bin Abdul Aziz sal Abdullah, wat op die ouderdom van 90 oorlede is, opvolg. As een van die mees konserwatiewe Moslemlande, is die land ook glo een van die

Lees verder: Olieprys styg na dood van Saoedi-Arabië se koning

Blade dreig terwyl studente op universiteite toesak

Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het dit duidelik gemaak dat geweld by universiteite nie geduld sal word nie, het RSG berig. Registrasie by die Universiteite van Pretoria en die Witwatersrand is ontwrig. Studente by Wits het gedreig om die universiteit af te brand indien hulle nie staatsbeurse kry nie. Nzimande sê geweld is

Lees verder: Blade dreig terwyl studente op universiteite toesak

Obama maak reg vir Indië

Die Amerikaanse president, Barack­ Obama, kom die naweek op sy tweede besoek in Indië aan. Washington is gretig om bande met Indië te herstel, om Rusland en China se goeie verhoudinge met dié Asiese reus te troef. Obama sal die gas van premier Narendra Modi wees, wat skaars ’n jaar gelede ’n uitgeworpene­ in Washington

Lees verder: Obama maak reg vir Indië

Rand versterk ná nuus van Europese stimulasieprogram

Die euro het op globale markte verswak en die rand versterk nadat die Europese sentrale bank (ESB) aangekondig het dat hy ‘n maandelikse bedrag van €60 miljard gaan aanwend om die eurosone-ekonomie te stimuleer met sogenaamde “kwantitatiewe verligting”. Behalwe dat die euro oornag teen die VS-dollar gedaal het, mag die Suid-Afrikaanse ekonomie ook baat by

Lees verder: Rand versterk ná nuus van Europese stimulasieprogram

Veldwagter se seun steel glo voertuig vir stropery

Twee vermeende renosterstropers wat glo ‘n oop wildbesigtigingsvoertuig van ‘n nabygeleë hotel gesteel het om ‘n witrenoster by die Nasionale Krugerwildtuin se Paul Kruger-hek te stroop, het verlede Donderdag weer in die Nelspruit Streekshof verskyn, het die Laevelder berig. Excellent Blues Shabangu (28) en Tsepo Mashele (28), die seun van Phalaborwa-streeksveldwagter mnr. Derrick Mashale, staan

Lees verder: Veldwagter se seun steel glo voertuig vir stropery

Kantoorgebou in Centurion ontruim na antraksdreigement

‘n Kantoorgebou in Cambridge Office Park in Highveld, in Centurion is Donderdagmiddag ná ‘n antraksdreigement ontruim. Antraks of miltkoors is ‘n dodelike bakteriële stof. Hugo Erasmus, voorsitter van die Lytteltonse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sektor 1, het gesê die gebou is rondom drieuur ontruim toe ‘n wit poeier gekry is. Erasmus, wat op die toneel was, het

Lees verder: Kantoorgebou in Centurion ontruim na antraksdreigement