Kantoorgebou in Centurion ontruim na antraksdreigement

‘n Kantoorgebou in Cambridge Office Park in Highveld, in Centurion is Donderdagmiddag ná ‘n antraksdreigement ontruim. Antraks of miltkoors is ‘n dodelike bakteriële stof.

Hugo Erasmus, voorsitter van die Lytteltonse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sektor 1, het gesê die gebou is rondom drieuur ontruim toe ‘n wit poeier gekry is.

Erasmus, wat op die toneel was, het gesê ‘n pakkie is uit die gebou ontruim. Die bomeenheid het die pakkie verwyder wat op die toneel was met die stof.

Erasmus het verduidelik dat mense nie toegelaat is om die toneel te verlaat nie en is tydelik onder kwarantyn geplaas.

Miltkoors is ‘n dodelike en hoogs aansteeklike siekte wat feitlik alle mak (byvoorbeeld beeste, skape, bokke) en wilde (byvoorbeeld koedoe, buffel, sebra) diere aantas en word veroorsaak deur die bakterie Bacillus anthracis.

Miltsiekte tas die mens ook aan. Diere vrek baie gou aan miltsiekte weens ‘n dodelike septisemie (bloedvergiftiging). Die belangrikste letsels is wydverspreide bloedings, swellings (edeem) en die afsterf van weefsels.

Diere met miltsiekte skep ‘n ernstige gevaar vir die mens. Dit is ‘n beroepsiekte vir persone wat noue kontak met diere het, sowel as werkers wat met wol en huide asook bloed- en beenmeel werk.

Mortier tref vrou teen die kop

‘n Inwoner wat naby ‘n militêre basis woon is byna dood nadat sy deur ‘n 60 mm-beligtingsmortier teen die kop getref is.

‘n Beligtingsmortier is ’n militêre wapen en nie beskikbaar vir die publiek nie. Dit word met ’n mortierpyp afgevuur.

Die polisie se bomeenheid moes die toestel kom verwyder wat die niksvermoedende Felicia Klopper (20) Saterdagoggend getref het terwyl sy op haar bed in haar slaapkamer gesit het.

Die polisie kon nog nie bepaal wie dit afgevuur het nie. Die weermag ontken dat hulle die mortier afgevuur het.

Volgens Rudi Klopper, Felicia se pa, wil hulle ’n saak teen die weermag aanhangig maak.

“Wie anders kon dit afgevuur het? Iemand moet verantwoordelik gehou word, so iets mag nie gebeur nie. Of jy nou die polisie of die weermag is, jy kan dit nie bekostig om sulke foute te maak nie. Ons gaan nou oorlog maak,” het Rudi aan Die Burger gesê.

Volgens kapt. Disebo Selepe, polisiewoordvoerder, is hulle nog besig om die oorsprong van die mortier vas te stel.

Die beligtingsmortier is deur Klopper se slaapkamerdak geskiet voordat dit haar teen die kop getref het.

Mortiere en sowel as mortierbomme word in wapenopslagplekke gestoor en slegs per opdrag uitgereik.

Dit word met ’n mortierpyp afgevuur.

Bomeenheid sper Johannesburgse gasfabriek af

gasfabriekDie polisie se bomeenheid is na die gasmaatskappy Egoli Gas in Auckland Park, Johannesburg ontbied.

Dié nuus is deur Jacaranda FM Dinsdagoggend getwiet.

Bomdeskundiges sowel as die polisie se honde-eenheid is glo tans op die toneel.

Die Brixton-polisie het berigte dat ‘n verdagte “boks” op die perseel gevind is, bevestig.

Die gebou is intussen ontruim en strate in die gebied is vir verkeer afgesper.

Man gearresteer n? bomgrappie

15:24:17 ‘n 26-jarige man van Pretoria is gearresteer nadat hy beweer het dat hy ‘n bom in sy bagasie het net voordat hy op ‘n vliegtuig by die Port Elizabeth-lughawe sou klim.

Die man wat in Port Elizabeth was vir sake, was op die punt om op ‘n vlug te klim na O.R.Tambo (Jan Smuts)-lughawe, het segsman Dumile Gwavu gesê.

Die man het na bewering dreigemente gemaak dat hy ‘n bom en twee vuurwapens in sy bagasie gehad het.

Die polisie se honde-eenheid en bomeenheid is na die toneel geroep, maar het vasgestel dat die man nie die items gehad het nie.

Die man is op die toneel gearresteer vir oortreding van die Burgerlikelugvaartwet.

оборудование для сто краснодарДанильченко Юрий Брониславович