Die polisie se bomeenheid is na die gasmaatskappy Egoli Gas in Auckland Park, Johannesburg ontbied.
Dié nuus is deur Jacaranda FM Dinsdagoggend getwiet.
Bomdeskundiges sowel as die polisie se honde-eenheid is glo tans op die toneel.
Die Brixton-polisie het berigte dat ‘n verdagte “boks” op die perseel gevind is, bevestig.
Die gebou is intussen ontruim en strate in die gebied is vir verkeer afgesper.
