Voortvlugtige Krejcir in hegtenis geneem

Die polisie het Vrydagmiddag die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir op aanklagte van poging tot moord en ontvoering in hegtenis geneem, het Eyewitness News berig. Hy is gister by sy huis in Bedfordview, oos van Johannesburg in hegtenis geneem. Die polisie sal na verwagting vandag meer duidelikheid gee oor die inhegtenisneming van die Tsjeggiese onderwêreldfiguur by ‘n

Lees verder: Voortvlugtige Krejcir in hegtenis geneem

Swart Koukus druk wit DA-leiers oor BSEB

Die Demokratiese Alliansie se beleidskonferensie sal vandag in Kaapstad begin te midde van groot spanning oor BSEB (Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging). Groot verwarring oor die DA se beleid oor regstellende aksie heers binne en buite die party. Die DA het verlede week in die Nasionale Wetgewer ten gunste van die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Geleenthede gestem,

Lees verder: Swart Koukus druk wit DA-leiers oor BSEB

Weerlig eis agt in Mpumalanga

Die Mpumalanga regering het Vrydag gesê hulle sal kyk na die lewensomstandighede van konstruksiewerkers na die dood van agt mans wat deur weerlig getref is in Witbank. “Die toestande waarin hulle leef is nie aanvaarbaar nie,” het die direkteur van openbare veiligheid Selati Matlejoane gesê. Nege mense is Woensdag dood in die provinsie weens weerlig. Agt van

Lees verder: Weerlig eis agt in Mpumalanga

Elf dood toe bus vragmotor verbysteek

Elf mense is dood in ‘n busongeluk op die N1 naby die Capricorn-tolhek in Limpopo. Die polisie sê die bus het in ‘n motor vasgery nadat dit ‘n vragmotor verbygesteek het. ‘n Polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê vyf insittendes van die motor en ses buspassasiers is dood. Beseerdes is na die Utsogwa-hospitaal geneem. Volgens Mulaudzi is

Lees verder: Elf dood toe bus vragmotor verbysteek

Kamer van Koophandel steun e-tol

Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Neren Rau, het sy lede gevra om met die e-tolstelsel saam te werk wanneer dit in werking gestel word. Die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, het vroeër die week aangekondig dat die multimiljardrandse projek op die derde van aanstaande maand ‘n aanvang sal neem.

Lees verder: Kamer van Koophandel steun e-tol

Gautengse wetgewer erken Kleinfontein as kultuurgemeenskap

Die Gautengse Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid sê hy kan geen bewyse vind dat swart polisielede wat nie Afrikaans kan praat nie, toegang tot Kleinfontein buite Pretoria geweier word nie. Afrikaners elders in die land het die erkenning van Kleinfontein as kultuurgemeenskap deur die Gautengse Wetgewer verwelkom Kleinfontein het vroeër vanjaar nuus gemaak omdat dit ‘n Afrikanerdorpie

Lees verder: Gautengse wetgewer erken Kleinfontein as kultuurgemeenskap

SANEF sal aanhou om foto’s van Nkandla te plaas

Die Nasionale Redakteursforum, SANEF, sê die media sal voortgaan foto’s van Nkandla te publiseer. SANEF sê foto’s van veiligheidskenmerke van die opgraderings aan President Jacob Zuma se privaatwoning op Nkandla in KwaZulu-Natal wek aansienlike openbare belangstelling, en daarom sal hulle voortgaan om dit af te neem en te plaas. Suid-Afrika se veiligheidsgroepering het vroeër aangedui dat

Lees verder: SANEF sal aanhou om foto’s van Nkandla te plaas

Twee OTM’s in Kaapstad opgeblaas

Die polisie soek na twee verdagtes wat Donderdagoggend twee OTM-masjiene in Brackenfell, Kaapstad opgeblaas het. Die gewapende mans het die OTM’e by die Glengarry-winkelsentrum opgeblaas, maar het met leë hande gevlug. Volgens die polisie het die mans twee van die winkelsentrum se veiligheidswagte in die sentrum se parkeerarea vasgebind. Vier ploftoestelle het ontplof en ooggetuies

Lees verder: Twee OTM’s in Kaapstad opgeblaas

Straatsmouse vas oor Mandela-fliek

Twee buitelanders is in Randburg noord van Johannesburg vasgetrek nadat hulle na bewering roofkopieë van ‘n nuwe fliek oor Mandela verkoop het. Die polisie het egter vasgestel dat die roof DVD’s die titel van ‘n nuwe Amerikaanse rolprent gebruik, maar die inhoud verskil totaal van die film. Die straatsmouse het dokumentêre programme van oudpresident Nelson

Lees verder: Straatsmouse vas oor Mandela-fliek

Haelstorm verwoes Ceres-oes

Boere in die Witzenberg-distrik – wat Ceres, Tulbagh, die Koue Bokkeveld, Wolseley en die vallei insluit – se drome van ’n goeie oes is verlede Vrydag deur ’n haelstorm verwoes. Die Burger berig dat tussen R150 miljoen en R200 miljoen se skade in Ceres deur hael aan boere se appel- en peer-oeste aangerig is. Dié

Lees verder: Haelstorm verwoes Ceres-oes