Die Gautengse Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid sê hy kan geen bewyse vind dat swart polisielede wat nie Afrikaans kan praat nie, toegang tot Kleinfontein buite Pretoria geweier word nie.
Afrikaners elders in die land het die erkenning van Kleinfontein as kultuurgemeenskap deur die Gautengse Wetgewer verwelkom
Kleinfontein het vroeër vanjaar nuus gemaak omdat dit ‘n Afrikanerdorpie is. Mense woon daar op grond van hulle kultuur, taal en assosiasie met die Voortrekkergeskiedenis.
Die voorsitter van die komitee, Jacob Khawe, sê geen bewyse kon vir die bewering gevind word nie.
Khawe sê egter hulle is van mening dat die Polisie enige tyd die gebied moet kan binnegaan omdat dit nie ‘n geïsoleerde gebied in Gauteng is nie. – RSG/praag
