Die polisie soek na twee verdagtes wat Donderdagoggend twee OTM-masjiene in Brackenfell, Kaapstad opgeblaas het.
Die gewapende mans het die OTM’e by die Glengarry-winkelsentrum opgeblaas, maar het met leë hande gevlug.
Volgens die polisie het die mans twee van die winkelsentrum se veiligheidswagte in die sentrum se parkeerarea vasgebind.
Vier ploftoestelle het ontplof en ooggetuies het gesien hoe die verdagtes vlug.
Die twee kitsbanke was met ‘n nuwe toestel toegerus wat blou kleurstof vrygestel het met die eerste ontploffing en toe die geld gevlek het. – EWN
