KZN spring duur e-tol vry

tolleeKwaZulu-Natal het ‘n duur e-tolstelsel vrygespring.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap sal teen November e-toltegnologie by twee tolplazas in die provinsie aanbring om verkeersvloei te verbeter.

Anders as in Gauteng is dit egter nie ‘n bykomende tol wees nie, maar bloot ‘n alternatiewe manier van insameling van bestaande tol, het Sanral se Logashri Sewnarain gesê.

Sewnarain, die agentskap se Oostelike streekbestuurder, sê die tolplazas by Mariannhill en Oribi sal binnekort spesifieke e-tol bane insluit.

Voertuie wat met e-skyfies toegerus is, sal slegs kan deurry sonder om te stop. Sewnarain sê die tradisionele metodes van betaling sal nog steeds beskikbaar wees vir motoriste wat nie e-skyfies wil aanskaf nie.

Tol op die N3 en op die N2 sal teen ‘n spoed van sowat 40 km / h ingesamel kan word.

Sy het gesê die valbome in die e-tolbane sal outomaties oopgaan vir voertuie met e-skyfies.

Meer as 100.000 voertuie gebruik die N3 daagliks. Bestaande tol-hutte kan tussen 200 en 300 voertuie per uur hanteer. Tot 700 voertuie per uur kan egter elektronies tol betaal.

Kamer van Koophandel steun e-tol

Neren Rau
Neren Rau

Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Neren Rau, het sy lede gevra om met die e-tolstelsel saam te werk wanneer dit in werking gestel word.

Die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, het vroeër die week aangekondig dat die multimiljardrandse projek op die derde van aanstaande maand ‘n aanvang sal neem.

Dit het tot wydverspreide woede en ‘n dreigement van ‘n boikot gelei. Rau sê groot sake-ondernemings behoort nie die wet te oortree nie.

Die voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA), Wayne Duvenage, sê hy is van mening dat maatskappye sal voldoen maar hoop dat lede van die publiek die stelsel sal teenstaan. – RSG

DA kies swart kandidaat vir Gautengse premierspos

Zille en Maimane
Zille en Maimane

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ‘n swart kandidaat bó ‘n Joodse een gekies om stemme in Gauteng te trek in die komende verkiesing. DA-ondersteuners was nie verbaas deur die keuse van ‘n swart kandidaat nie, en het die stap verwelkom.

Die party het sy nasionale woordvoerder Mmusi Maimane toevertrou met die kandidatuur vir die Premierskap van Gauteng. Hy het teen mede–DA-lid en Gauteng koukus-leier, Jack Bloom, gestaan.

Die party se Kelly Miller sê hulle het baie vertroue in hul gekose kandidaat.

“Ons is vol vertroue dat ons hierdie provinsie kan wen in die 2014-verkiesing en ons glo hy gaan ‘n ongelooflike taak verrig.“

Maimane het gesê hy beplan om die kwessies rondom Gauteng se e–tolstelsel as die DA se kandidaat vir premier van die provinsie aan te spreek.

“Ons het ‘n regering nodig wat bevoeg is, wat dienste lewer en korrupsie beveg. Ons sal die kwessies van tol aanspreek en klein besighede in Gauteng laat floreer.“