Die Vredesparkstigting het ‘n skenking van R232 miljoen van die Nederlandse en Sweedse poskodeloterye ontvang vir die stryd teen renosterstropery. Die geld sal teen stropers gebruik word om die renoster te bewaar. Die Suid-Afrikaanse stryd teen renosterstropery het het ‘n groot hupstoot gekry met die inspuiting. Die Stigting in Suider-Afrika is toegespits op oorgrensbewaringsgebiede en
Stakers steek Oos-Londen se stadsaal aan die brand
Die Oos-Londense polisie moes rubberkoeëls en water-kanonne gebruik om stakende lede van die munisipale vakbond, Samwu, uitmekaar te jaag. Die stakers het eiendom van die Buffalo Metro waaronder ook die stadsaal, aan die brand gesteek. Amptenare van Samwu en vakbondlede eis ‘n veertiende tjek van die Metro. ‘n Polisie-woordvoerder, Stephen Marais, het bevestig dat mense
Lees verder: Stakers steek Oos-Londen se stadsaal aan die brand
‘Opposisie met swart leier kragtig’
Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, sê daar was geen wrywing in die DA oor die besluit om ‘n swart presidentskandidaat te kies nie. Sy het gesê dit is ’n kragtige boodskap as ’n opposisieparty ’n swart leier het, en daarom was Ramphele die regte keuse. Mazibuko het gesê ‘n party met ’n swart leier
Grondeise weer oopgestel
Die parlementêre plattelandse ontwikkeling en grondhervormingskomitee het die Wysigingwetsontwerp oor die restitusie van grondregte bekragtig. Die wysigingswet is daarop gemik om grondeise te heropen vir diegene wat die 1998 afsnydatum misgeloop het, het RSG berig. Die komitee sê hy het onder meer aanbeveel dat die afsnydatum tot 30 Junie 2019 verleng word en dat eise
Agt lyke by Doornkop-goudmyn uitgehaal na brand
Agt mynwerkers se lyke, almal slagoffers van ‘n brand, is in Harmony Gold se Doornkop-goudmyn, wes van Johannesburg, uitgehaal. ‘n Brand het vroeër dié week ondergronds uitgebreek. Die departement van minerale hulpbronne het Donderdag gesê een werker word steeds vermis. Die brand het Dinsdag omstreeks 18:00 uitgebreek ná ’n skudding wat ’n elektriese kabel laat kortsluit
Lees verder: Agt lyke by Doornkop-goudmyn uitgehaal na brand
MRK onthuts oor Nigeriese anti-gay wette
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het Woensdag gesê Suid-Afrika moet Nigerië berispe sodat die land wetgewing teen gays kan hersien. Talle oorteders is sedert 18 Januarie in Nigerië in hegtenis geneem ingevolge ‘n nuwe wet wat gay seks verbied. Die nuwe wetgewing verbied ook huwelike tussen paartjies van dieselfde geslag. Die wetgewing maak voorsiening vir ‘n maksimun van 14
Creecy, DA, EFF doodstil oor skoolkinders wat aan oproer deelneem
Skoolgaande kinders se betrokkenheid by gewelddadige protes wat tans Gauteng teister, is ’n groot bron van kommer. Dit bemoeilik ook die SAPD se taak om orde te herstel aansienlik. Die Gautengse LUR vir onderwys, Barbara Creecy, is egter doodstil oor die feit dat skoolkinders aan die oproer deelnaam. Protesoptrede in dié gebiede gaan glo oor
Lees verder: Creecy, DA, EFF doodstil oor skoolkinders wat aan oproer deelneem
Honderde mense sluit binne ure by Front Nasionaal aan
Honderde mense het by die nuwe politieke party, Front Nasionaal, aangesluit nadat die party se webwerf gistermiddag laat aanlyn verskyn het. Dít binne slegs enkele ure en sonder dat dit amptelik aangekondig is. Mnr. Hannes Engelbrecht, ‘n joernalis van Potchefstroom en aktivis van Boere-Krisis-Aksie, is onlangs op Dunottar tot leier van die party verkies. Meeste
Lees verder: Honderde mense sluit binne ure by Front Nasionaal aan
Bodem 26: Die karnaval
‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 25 en alle vorige episodes. Daar is – was; dit is nou seker nie meer daar nie, nie na die Chaos alles verspoel het nie – ʼn foto van Don van der Merwe in ʼn silwer raam bo die driebeenmuurtafeltjie in die elegante marmerteël- en- persiese-tapyt-ingangsportaal van
SAUK-hoës ‘het nie denkvaardighede nie’: verslag
‘n Vaardigheidsoudit deur PricewaterhouseCoopers (PwC) het bevind dat die uitvoerende en senior bestuur van die SAUK “nie oor die minimum- strategiese denkvaardighede besik nie”. Die verslag deur die ouditeursmaatskappy is gister aan die parlement se kommunikasie-oorsigkomitee voorgelê. Daarin word insgelyks bevind dat 56 persent van die uitsaaier se bestuur nie in staat was om “afdoende
Lees verder: SAUK-hoës ‘het nie denkvaardighede nie’: verslag
