Die Palestynse owerheid het Israel blameer vir die skielike dood van ‘n Palestynse kabinetsminister. Israel het sy troepe in die Wes-Oewer intussen vermeerder en die minister van verdediging, Moshe Yaalon, het verskoning vir die dood aangebied. Volgens die Palestyne toon die voorlopige lykskouing – wat betwis word deur Israeliese patoloë – dat hy gesterf het
Gedenkdiens vir vermoorde Groenewalds
‘n Gedenkdiens sal Vrydag by die Moreletapark NG-kerk in Pretoria gehou word vir die vermoorde Werner Groenewald en sy twee kinders Hul oorskot het Woensdag in Suid-Afrika aangekom. Teresa Conradie, ʼn familiewoordvoerder, het Donderdag gesê hulle oorskot het uit Kaboel aangekom. Groenewald se vrou, Hannelie, ‘n mediese dokter, is Dinsdag terug uit Afghanistan. Groenewald (46), en sy kinders
Talle roubeklaers by Korkie-diens verwag
‘n Groot aantal roubeklaers word by die diens van die voormalige biologie-onderwyser van Grey Kollege in Bloemfontein verwag. Pierre Korkie is verlede naweek in ‘n mislukte ontsettingspoging deur die VSA in Jemen dood tesame met ‘n Amerikaanse aangehoudene. Die Amerikaanse State Department het intussen in ‘n verklaring gesê hulle was nie daarvan bewus dat ‘n Suid-Afrikaner aangehou word
Kraaifontein-moorde skokkend wreed
Die moorde van ses mans het die gemeenskap van Joostenbergvlakte geskok gelaat. Vier van die lyke is intussen uitgeken. Die vermoorde mans het langs mekaar gelê met hul arms agter hul rûe vasgebind, en hul gesigte in die grond. Hulle is vermoedelik met skerp voorwerpe gesteek. Een fotograaf het aan die media vertel het daar was klippe op
DA-leier ook vir onparlementêre gedrag ondersoek
Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, is een van drie LP’s wat ondersoek word vir beweerde onparlementêre gedrag, het Sapa berig. Baleka Mbete, Speaker, het die parlementêre komitee oor regte en voorregte gevra om Maimane, Mike Waters, die adjunkhoofsweep van die DA, asook Bertha Mabe, ʼn ANC-LP, te ondersoek. Mbete het gesê die DA-leier het ‘n
Lees verder: DA-leier ook vir onparlementêre gedrag ondersoek
Eskom knou rand
Eskom het aangekondig dat geen beurtkrag Vrydag ingestel sal word nie. Die kragvoorsiener het nogtans gewaarsku dat die kragnetwerk steeds onder druk sal bly. Die land het verlede week gesteier onder beurtkrag, die ergste wat sedert 2008 ondervind is. Die Eskom-woordvoerder, Andrew Etzinger, sê egter die stand van kragvoorsiening het sedert Maandag effens verbeter. Die internasionale kredietgraderings-agentskap, Fitch sal Vrydag hulle kredietwaardigheidsiening
Afrikanersonde: Wil wit wees
Enigeen met oë om te sien of ore om te hoor en ‘n verstand om mee te dink weet deesdae dat die Westerse beskawing dodelik siek is. Trouens wanneer dit kom by ‘n ontleding van die situasie rakende die wit Westerse beskawing, weet ‘n mens nie watter een van « diagnose » of « lykskouing
Gorbatsjof pleit vir vrede
Die laaste Sowjet-leier, mnr. Michail Gorbatsjof, het Dinsdag die Verenigde State van Amerika en die Europese Unie aangemoedig om betrekkinge met Moskou te “ontvries”, ondanks die spanning oor die Oekraïne. Die 83-jarige Gorbatsjof het in ‘n artikel wat in die staatsdagblad Rossiiskaya Gazeta gepubliseer is, gesê die Oekraïne-krisis het nie net daartoe gelei het dat
SA verbied voëlgriep-pluimvee uit Kanada, EU
Suid-Afrika het die invoer van pluimveeprodukte vanaf lande waar voëlgriep voorkom, verbied, het RSG berig. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Pluimvee Vereniging, Charlotte Nkuna sê die Departement van Landbou het die verbod uitgereik. Die departement sal vandag vrae beantwoord oor die verbod. Kanada en talle lande in Europa, insluitende Brittanje, Duitsland en Nederland het duisende
CIA-marteling ontbloot
Die “skinkbord”, nagebootste teregstellings en slaapversteuring: Dít is van die “meedoënlose, maar ondoeltreffende” marteltegnieke wat die Amerikaanse Intelligensiediens, die CIA, sedert 9/11 op tot 100 terreurverdagtes toegepas het. Getuienis oor dié martelings is vervat in ’n 500 bladsy lange opsomming van ’n verslag van die senaat se intelligensiekomitee wat Dinsdag uitgereik is. Die verslag verwys na voorvalle
