Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, is een van drie LP’s wat ondersoek word vir beweerde onparlementêre gedrag, het Sapa berig.
Baleka Mbete, Speaker, het die parlementêre komitee oor regte en voorregte gevra om Maimane, Mike Waters, die adjunkhoofsweep van die DA, asook Bertha Mabe, ʼn ANC-LP, te ondersoek.
Mbete het gesê die DA-leier het ‘n onparlementêre opmerking gemaak in die Nasionale Vergadering op Donderdag 13 November 2014, en sy daaropvolgende optrede, is na die komitee oor regte en voorregte verwys vir oorweging ingevolge artikel 194.
Chaos het op 13 November in die Nasionale Vergadering uitgebreek.
Maimane is deur Mbete beveel om te sit maar hy het geweier. Waters is beveel om die Nasionale Vergadering te verlaat maar hy het ook geweier.
Die sitting het geëindig nadat die polisie ingestorm het en ʼn EFF-LP van die podium verwyder het nadat sy glo geweier het om haar opmerking dat “president Jacob Zuma die grootste dief in die wêreld is”, terug te trek.
Mabe word daarvan beskuldig dat sy op 16 September tydens ʼn debat oor ʼn mosie van wantroue in Mbete, glo “bloody bastards” gesê het terwyl sy die podium verlaat het.

wat is die verskil tussen die DA en ANC, indien enige?
Zol, gee op en sluit aan by die ANC, julle is eenders.