Die moorde van ses mans het die gemeenskap van Joostenbergvlakte geskok gelaat.
Vier van die lyke is intussen uitgeken.
Die vermoorde mans het langs mekaar gelê met hul arms agter hul rûe vasgebind, en hul gesigte in die grond. Hulle is vermoedelik met skerp voorwerpe gesteek.
Een fotograaf het aan die media vertel het daar was klippe op die mans se koppe gepak.
Volgens AFP is dié “teregstelling” soos hierdie ’n ontstellende nuwe verwikkeling in ’n land waar gewelddadige misdaad hoogty vier.
“Die polisie ondersoek ses moordsake en ons vra dat enigiemand met inligting na hul naaste polisiekantoor gaan,” het kapt. Frederick van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoerder gesê.
Polisielede het Woensdag tot net ná 21:00 die gebied gefynkam en bakstene, reuse-klippe en bourommel waaraan daar glo bloedvlekke was, versamel as bewysstukke.
Geskokke inwoners van Kraaifontein het aan AFP gesê die polisie wou niemand by die misdaadtoneel toelaat nie en gesê “hulle sal nie slaap as hulle die liggame sien nie”.
Een van die mans se koppe was slegs ‘n bloederige gemors.
Volgens ’n private sekuriteitswag wil dit voorkom asof die mans tereggestel is. “Dit lyk of hulle aangesê is om langs mekaar aan te tree en toe vermoor is,” het hy aan AFP gesê.
Intussen berig EWN dat lt.genl. Arno Lamoer, die Wes-Kaapse polisiekommissaris, ’n spesiale span ondersoekbeamptes aangewys het om die moorde te ondersoek.
Lamoer het nie op telefoonoproepe vir kommentaar gereageer nie.
Volgens IOL is daar “nuwe” inligting dat die moorde verband hou met ‘n inbraak of ‘n gesteelde kitsrondawel, maar die gerugte kon nie bevestig word nie.
Daar word bespiegel dat die misdaad met dwelms verband hou.

Nou weet ons nog nie wat identiteit/kleur/ras van die mans is nie?
Gegee die plek, heelwaarskynlik bruin mans – maar wie sal weet?
Wat se die DA zol hieroor?
Wat se die liberals hieroor?
Wat se swakBeeld se tras hieroor?
Wat se Kakaranda se tras hieroor?
Wat se missing Kock hieroor?
Wat se die Joodse prokureers, wat die Afrikaners haat, hieroor?
Wat se die regering hieroor?
Wat se die media oor die twee bejaarde, WIT, mans wat vermoor is in Elsburg?
Skuus ek moes weet, die lewe van een sot wat n bal rondskop is meer belangrik.