‘n Gedenkdiens sal Vrydag by die Moreletapark NG-kerk in Pretoria gehou word vir die vermoorde Werner Groenewald en sy twee kinders
Hul oorskot het Woensdag in Suid-Afrika aangekom.
Teresa Conradie, ʼn familiewoordvoerder, het Donderdag gesê hulle oorskot het uit Kaboel aangekom.
Groenewald se vrou, Hannelie, ‘n mediese dokter, is Dinsdag terug uit Afghanistan.
Groenewald (46), en sy kinders Jean-Pierre (17) en Rhodé (15), is op 2 Desember in ’n Taliban-aanval by hul huis in Kaboel doodgeskiet.
Hannelie en haar man het opheffingswerk vir Partnership in Academics & Development (PAD) in Kaboel gedoen.
Sy was nie tuis toe aanval plaasgevind het nie, maar by die kliniek waar sy gewerk het.
