Klerewerkers bly staak

Die staking van 55 000 werkers in die klerebedryf gaan Maandag voortduur, het die SA Clothing and Textile Workers’ Union (Sactwu) Sondag gesê. Andre Kriel, die algemene sekretaris, het gesê dat geen ooreenkoms bereik is nadat Sactwu ‘n aanbod van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ontvang het om in te gryp in

Lees verder: Klerewerkers bly staak

Switserland kla oor Libiese aanhouding

Switserland het Libië ten sterkste veroordeel oor die aanhouding van twee van sy landsburgers. Die mense word al meer as ‘n week aangehou. Switserland se minister van buitelandse sake het gesê hy is in kennis gestel dat Max Goeldi en Rachid Hamdani, albei sakemanne, ‘n week gelede in aanhouding geneem is, nadat Libië hulle vir

Lees verder: Switserland kla oor Libiese aanhouding

Izak de Villiers oorlede

Bekende leraar, skrywer, bekroonde digter en oudredakteur van Sarie en Rapport, Izak de Villiers, 73, is gister in die vroeë oggendure in sy huis in Johannesburg oorlede. Hy is vroeër vandeesmaand met motorneuronsiekte gediagnoseer, nadat hy die afgelope twee jaar siek was. De Villiers word oorleef deur sy vrou Rina en twee seuns, Louis en

Lees verder: Izak de Villiers oorlede

Wêreldleiers wens Merkel geluk

Wêreldleiers het die Duitse kanselier, Angela Merkel, met haar verkiesingsoorwinnning gelukgewens maar sommige koerante meen vanmôre dat die lae stempersentasie en haar party se swakste vertoning sedert 1949 nie veel is om oor te kraai nie. Die Amerikaanse president Barack Obama het sy gelukwensinge oorgedra deur te sê dat hy “uitsien na voortgaande noue samewerking

Lees verder: Wêreldleiers wens Merkel geluk

Lydende Smith lei vergeefs en Proteas is uit toernooi

Die Engelse krieketspan het gister op Supersportpark in Verwoerdburg ontwaak om die hoogaangeskrewe maar vormverlore Proteas uit die IRK se kampioenskapstoernooi te boender. Andrew Strauss het die loot gewen en besluit om die Proteas se swakpunt, vir eens die boulaanval, uit te buit. Hy is self op 25 uit toe hy agter die stokke deur

Lees verder: Lydende Smith lei vergeefs en Proteas is uit toernooi

Ontmoetings met sendelinge

Die reisgeselskap van De Mist kon agterkom in watter moeilike omstandighede baie mense lewe. Op Matjesfontein in die Roggeveld het Lichtenstein geluister na die ervarings van die “dikke” Gerrit van Wyk se dogter. Byna twee jaar tevore het slawe en Khoi-Khoin haar man, Cornelis Coetsee, haar skoonvader en nog drie mense voor haar oë vermoor,

Lees verder: Ontmoetings met sendelinge

Griekwas spartel op nat Nuweland

Die Griekwas was geheel en al onvoorbereid op ‘n springgety op Nuweland: Nie ‘n paddavoet of snorkel in sig nie. Die Diamantdelwers kan hardloop, hulle kan lak, hulle kan dryf – dis nou dryf soos in om voorwaartse momentum op te bou. Dryf soos in om bo-op baie water te bly, dié kan hulle nie.

Lees verder: Griekwas spartel op nat Nuweland

Vrystaat verloor op punte

Die Vrystaat het ‘n ongekompliseerde rugbyfilosofie: Om ‘n wedstryd te wen, moet jy sorg dat jy meer punte as hulle het. Alte dikwels hierdie jaar het hulle teenstaanders meer punte as die Cheetahs gekry. Die Vrystaters hardloop en dryf en val aan en maak dit maklik lyk om punte te kry. Maar hulle laat te

Lees verder: Vrystaat verloor op punte

Mugabe is nie mal nie

Robert Mugabe het so pas sy “grondhervormingsprogram” op CNN verdedig. Dikwels kom ‘n mens egter diegene teë – sowel joernaliste as gewone mense – wat beweer dat “Mugabe sy varkies kwyt is”, “kranksinnig is” en dergelike meer. Ek kan onthou dat ‘n aanbieder van die BBC, saam met wie ek so vier of vyf jaar

Lees verder: Mugabe is nie mal nie

Munisipale kantore afgebrand

Munisipale kantore in Standerton is Saterdagoggend aan die brand gesteek nadat betogings weens swak dienslewering plaasgevind het, het Mpumalangapolisie gesê. Kaptein Leonard Hlathi het gesê die inwoners van die Sakhilelokasie het Vrydag betoog teen die departement van water en ligte se swak diens . “Provinsiale regeringsamptenare het met die betogers kom praat en hulle het

Lees verder: Munisipale kantore afgebrand