Klerewerkers bly staak

Die staking van 55 000 werkers in die klerebedryf gaan Maandag voortduur, het die SA Clothing and Textile Workers’ Union (Sactwu) Sondag gesê.

Andre Kriel, die algemene sekretaris, het gesê dat geen ooreenkoms bereik is nadat Sactwu ‘n aanbod van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ontvang het om in te gryp in gesprekke oor die naweek nie.

Kriel het gesê dat hulle werkgewers oor die laaste paar dae verskeie aanbiedinge op die tafel gesit het, maar die groot struikelblok is die werkgewers se loonverhoging wat bydra dat werkers hulle deel van hul jaarlikse bonus verloor.

“Werkers sal hul jaarlikse verlof-uitbetalings verloor as hulle vir sekere redes afwesig was van die werk. Hulle verloor ook oortyd betalings vir siektverlof wat eintlik geldige verlof is,” het hy gesê.

Die vakbond eis ‘n 7.9% verhoging met betaalde siekverlof en groter bonusse vir werkers in plattelandse gebiede wat die minste betaal word in die bedryf.

Die werkgewer het aan Satawu ‘n 8% loonaanbod aangebied, met “voorwaardes” wat die vakbond nie aanvaar het nie.

Sactwu het reeds verlede Dinsdag begin staak om aan te dring op beter lone.

Daar sal na verwagting verdere onderhandelinge tussen die twee partye en die KVBA Dinsdag sal plaasvind.

 

диагностика автоДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae