Amerika en die Europese Unie het hul twyfel uitgespreek oor die geldigheid van Zimbabwe se presidensiële en parlementêre verkiesing. President Robert Mugabe en sy ZANU-PF party het as duidelike wenners uit die stryd getree. Die Amerikaanse minister van Buitelandse sake, John Kerry sê hy glo nie dat die amptelike uitslag die wil van Zimbabwiese burgers
Swartbemagtigingsfonds verdedig R34m vir luuksewinkel
Die uitvoerende beampte van die Nasionale Bemagtigingsfonds, Philisiwe Mthethwa, verdedig die besluit om ‘n luukseboetiek in Johannesburg te befonds deur te sê dat die kleinhandelsektor rassetransformasie benodig. Só berig die koerant The New Age. “Die afgelope vier dae is transformasie bevraagteken, miskien omdat sekere mense nie die behoefte aan bemagtiging vir vroue insien nie, miskien
Lees verder: Swartbemagtigingsfonds verdedig R34m vir luuksewinkel
Ope brief aan Tim du Plessis: Huidige ‘argitektuur’ ís defektief
deur JH du Toit In u Rapport-rubriek van verlede Sondag uiter u die volgende gewigtige stelling: “Anders as onder apartheid is die argitektuur van die huidige politieke bedeling nie defektief nie.” Geen mate van ontkenning kan meer die hoë geweldsmisdaad teen die minderheid, gedwonge verengelsing, ekonomiese diskriminasie, toenemende haatspraak, ens. verdoesel nie. Hierdie situasie is
Lees verder: Ope brief aan Tim du Plessis: Huidige ‘argitektuur’ ís defektief
Sean Christie se ‘Plaasmoord’
deur Leon Lemmer Ek gaan eerstens ‘n boek, tweedens ‘n resensie en derdens Die Burger se reaksie bespreek. Die boek is Sean Christie se Plaasmoord: Behind the Violence on South African Farms (Johannesburg: Parktown Publishers, 2012; Mampoer Shorts, $2.99, slegs elektronies beskikbaar). Die outeur is ‘n joernalis wat in bv die Mail & Guardian en
Nou wie’s nou dom, hû?
Dit het onder my aandag gekom… wel eintlik kwetter en kraak die omgewing al vir jare met die onregse mense se selfvoldane stelling dat hulle, dank Vader (of Moeder, afhangende van hoe stuitig hulle aanbid) nie dom is soos die Afrikaner nie. Dit is een van die pilare van die Suid-Afrikaanse liberalis se politieke credo:
praag begin ‘meem’-veldtog om stereotipering van Afrikaners teen te werk
praag het ‘n ‘meem’-veldtog begin om die stereotipering en verguising van Afrikaners in die hoofstroommedia, veral Naspers, teen te werk. N.P. van Wyk Louw se foto sal saam met allerlei slagspreuke gebruik word met die gedagte dat dit viraal op die internet, per e-pos en via sosiale media sal versprei. Neem self hieraan deel deur
Lees verder: praag begin ‘meem’-veldtog om stereotipering van Afrikaners teen te werk
Ondersteun praag se opgradering!
Nou soek ons ondersteuning vir ons praag-webwerwe. Vandat die Boikot-Naspers-aksie begin het, het die verkeer op ons webwerwe beduidend toegeneem. Oor die afgelope paar dae het die bediener egter begin swaar trek. Dit het reeds vyf keer omgeval en dis vir lesers baie irriterend as die webwerwe onbeskikbaar is. Volgens ons diensverskaffer sal ons moet
Obama-administrasie steek Bengazi-oorlewendes weg
‘n Republikeinse verteenwoordiger Trey Gowdy (R-SC) het Donderdag in die geselskap van Greta Van Susteren op Foxnews die Obama-skandale bespreek. Dié onthullings volg nadat Jake Tapper op CNN die nuus gebreek het dat daar “tientalle” CIA-agente teenwoordig was in Benghazi op die 9/11-herdenking toe die Amerikaanse konsulaat aangeval is en ambassadeur Chris Stevens tydens die
Lees verder: Obama-administrasie steek Bengazi-oorlewendes weg
Corrie Sanders se saak uitgestel
Die saak teen drie mans wat verdink word van die moord op die bokskampioen, Corrie Sanders, is in die landdroshof op Brits in Noordwes uitgestel. Dit sal na die Noord-Gauteng Hooggeregshof in Pretoria verwys word. Die saak is tot 23 September uitgestel. Sanders is verlede jaar September doodgeskiet tydens ‘n gewapende rooftog by ‘n restaurant
Snowden pos by top sosiale netwerkwerf aangebied
Die Amerikaanse fluitjieblaser Edward Snowden is ‘n werk deur Rusland se top sosiale netwerk-webwerf Donderdag aangebied, ure nadat die voormalige intelligensie-kontrakteur ‘n jaar lank asiel in Rusland ontvang het. “Ons nooi Edward Snowden na St Petersburg en sal bly wees as hy besluit om by die sterspan van programmeerders aan te sluit by VKontakte,” het
Lees verder: Snowden pos by top sosiale netwerkwerf aangebied
