praag.co.za

VSA, EU twyfel oor Zim-uitslag

Written by

in

,
Catherine Ashton
Catherine Ashton

Amerika en die Europese Unie het hul twyfel uitgespreek oor die geldigheid van Zimbabwe se presidensiële en parlementêre verkiesing.

President Robert Mugabe en sy ZANU-PF party het as duidelike wenners uit die stryd getree.

Die Amerikaanse minister van Buitelandse sake, John Kerry sê hy glo nie dat die amptelike uitslag die wil van Zimbabwiese burgers weerspieel nie.

Kerry het ‘n beroep op die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrika-Unie gedoen om in te gryp. Hy het ook die Zimbabwiese regering gevra om ‘n plan te maak sodat Zimbabwiërs hul mees fundamentele demokratiese reg in ‘n vry en regverdige omgewing kan uitoefen.

Die Europese Unie het op sy beurt gesê hy is bekommerd oor die beweerde onreëlmatighede en ‘n gebrek aan deursigtigheid in die verkiesings.

Die EU se uiteindelike besluit oor die verkiesing, sal deurslaggewend wees wanneer besluit word oor die verslapping of verstewiging van sanksies teen Zimbabwe.

Die EU se buitelandse beleidshoof – Catherine Ashton – sê die EU sal die verwikkelinge die volgende paar weke noukeurig dophou.

Volgens die amptelike uitslag het president Robert Mugabe die presidentsverkiesing met 61 persent gewen, terwyl Morgan Tsvangirai van die MDC 33 persent van die stemme op hom verenig het.

Die ZANU-PF-party het vroeër ‘n tweederde-meerderheid in die parlement gekry toe hy 150 van die 210 setels ingepalm het. – RSG

Comments

4 responses to “VSA, EU twyfel oor Zim-uitslag”

  1. Seg Net Avatar
    Seg Net

    Een groot klug. Voor die verkiesing is daar dan al stem briewe gekry wat klaar vir Mugabe die seniele ou vark gestem het. Dit is amper dieselfde toe die JA stem oor die NEE stem geseëvier het en ‘n kommunis vrygelaat is wat die Afrikaner van sy grond en land ontneem het. Bedrogspul.

  2. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Swartes stem vir die persoon wat hy die meeste vrees.
    Ek kan glo dat Mugaap weer gewen het.

  3. Willy Avatar
    Willy

    Nie net die EU nie. Elke regdenkende het lank voor die tyd al die uitslag geweet.

  4. Boerseun.Z.A.R Avatar
    Boerseun.Z.A.R

    The U.S & EU had a little to say regarding the outcome of Zim’s election but they will also do nothing because they support Mugabe.

Leave a Reply