VSA verskerp pogings om Egipte-krisis op te los

Internasionale diplomatieke pogings word verskerp om die politieke krisis in Egipte op te los. Die Amerikaanse adjunkminister van Buitelandse Sake, William Burns het weer sy besoek aan Egipte verleng sodat hy verdere samesprekings met albei kante in die konflik kan hou. Die Moslem Broederskap hou vol dat die afgesette president Mohamed Morsi weer aangestel word.

Lees verder: VSA verskerp pogings om Egipte-krisis op te los

Zanu-PF-oorwinning: Wit en swart reaksies

Polisielede, toegerus met outomatiese gewere, het in Zimbabwe bykomende padblokkades in Harare opgerig en beman te midde van onsekerheid oor die opposisie MDC se aanklag dat die pasafgelope verkiesing ‘n klug is en dat Zanu-PF die verkiesing gesteel het. Dié stap volg ook na ‘n oproep van geestelike leiers dat mense vir vrede moet bid

Lees verder: Zanu-PF-oorwinning: Wit en swart reaksies

Klag teen Mogoeng kom

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) sal na verwagting vandeesweek ‘n amptelike klag ontvang waarin hoofregter Mogoeng Mogoeng se kop geëis word. Dit is die jongste verwikkeling in die geskil rondom verandering aan die regbank en hoe die Regterlike Dienskommissie aanbevelings maak vir die aanstelling van regters. Vrae is gevra oor die aanbevelings wat vroue regters betref

Lees verder: Klag teen Mogoeng kom

Brandstigting ondersoek na 4 sterf

‘n Saak van brandstigting word deur die polisie ondersoek nadat ‘n brand in die Johannesburgse middestad die lewens van drie volwassenes en ‘n baba geëis het. Die brand het in die Cape York-gebou uitgebreek, toe ‘n petrolbom in ‘n woonstel geslinger is, nadat ‘n stryery tussen ‘n man en vrou ontstaan het. Niemand is nog

Lees verder: Brandstigting ondersoek na 4 sterf

Pretoriase reeksmoordenaar steeds op vrye voet

‘n Vermeende reeksmoordenaar en -verkragter is in Pretoria op vrye voet. Die verdagte word reeds positief met vier moorde verbind. Altesaam 14 moorde in Sunnyside, Villeria en Mamelodi word ondersoek aangesien dieselfde metodes gebruik is. Die polisiekommissaris, Riah Phiyega, het gister ‘n spesiale span speurders aangestel om die moordenaar te soek. Die span sluit lede

Lees verder: Pretoriase reeksmoordenaar steeds op vrye voet

Wapenskandaal-ondersoek open

Die langverwagte Kommissie van Ondersoek na strategiese verdedigingsaankope begin vandag in Pretoria met sy openbare sittings. President Jacob Zuma het in 2011 die kommissie aangestel ná oproepe deur opposisiepartye dat bewerings van bedrog en korrupsie ondersoek word. Die kommissie het egter verskeie terugslae beleef met die bedanking van sleutelpersoneellede. Een van die kommissarisse, regter Francis

Lees verder: Wapenskandaal-ondersoek open

Die kopdoek as bevrydingsimbool

deur Skoppensboer [followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Die gemiddelde ousie het een, Winnie Mandela het een, Mamphela Ramphele het een, Piet Croucamp het een en omtrent die hele Naspers-direksie dra hulle ook. Nee, nie ‘n Louis Vuitton-handsak of Chinese namaaksel daarvan nie, maar ‘n kopdoek. Boonop staan die nuwe Suid-Afrikaanse vlag in die volksmond bekend

Lees verder: Die kopdoek as bevrydingsimbool

Pak slae tuis dalk onwettig

Die minister van maatskaplike ontwikkeling het glo gesê ouers moet hul kinders met behoorlike waardes grootmaak om seker te maak dat hulle nie hul eie kinders eindelik doodmaak nie. ’n Nuwe wetsontwerp kan dit onwettig gaan maak vir ouers om hul kinders by die huis ’n pak slae te gee. Bathabile Dlamini, die minister van

Lees verder: Pak slae tuis dalk onwettig

Swazi-hoofman verbied minirompe en broeke vir vroue

‘n Swazi-hoofman het vroue verbied om minirompe en broeke te dra tydens ‘n tweedaagse nominasieproses wat gister begin het kandidate vir die voorgenome verkiesing aan te wys. “Ek het onlangs aan die inwoners gesê dat hulle môre behoorlik moet aantrek, ordentlik soos ons gebruik is, om respek te betoon,” het prins Mashila van Maphalaleni, ‘n

Lees verder: Swazi-hoofman verbied minirompe en broeke vir vroue

Krugersdorp kry ‘nuwe’ straatnaam

Krugersdorp se Perreiras mag dalk dink ‘n letterverandering in hulle van is niks om oor te lag nie, maar vir ‘n inwoner van Noordheuwel is dit ‘n lagwekkende situasie. Martin Higgins (48) wat al sewe jaar in Perreirastraat bly se straatnaam het oornag na Pierreirastraat verander toe munisipale werkers straatnaambordjies aangebring het met die verkeerde

Lees verder: Krugersdorp kry ‘nuwe’ straatnaam