
‘n Saak van brandstigting word deur die polisie ondersoek nadat ‘n brand in die Johannesburgse middestad die lewens van drie volwassenes en ‘n baba geëis het.
Die brand het in die Cape York-gebou uitgebreek, toe ‘n petrolbom in ‘n woonstel geslinger is, nadat ‘n stryery tussen ‘n man en vrou ontstaan het.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die liggame van twee volwassenes en ‘n baba is in die puin van ‘n woonstelgebou gevind. Hulle is deur die rook oorval.
‘n Vierde persoon het by die gebou uitgespring om die vlammehel te ontsnap. Hy is op pad na die hospitaal toe dood.

Hoeveel van daardie geboue in stede word onwettig beset en is nie veilig nie? Of word verhuur wat nie aan enige standaard voldoen nie, soos brand blusser, brand slange of enige veiligheid toerusting nie.