Klag teen Mogoeng kom

Regter Mogoeng
Regter Mogoeng

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) sal na verwagting vandeesweek ‘n amptelike klag ontvang waarin hoofregter Mogoeng Mogoeng se kop geëis word.

Dit is die jongste verwikkeling in die geskil rondom verandering aan die regbank en hoe die Regterlike Dienskommissie aanbevelings maak vir die aanstelling van regters.

Vrae is gevra oor die aanbevelings wat vroue regters betref asook ‘n ongunstige benadering teenoor wit mans.

Mogoeng het in sy toespraak getiteld “Die plig om te transformeer” by ‘n algemene jaarvergadering verlede maand van die Advocates for Transformation dit duidelik gemaak dat wit mans nie welkom is nie.

Die klag teen Mogoeng volg ná korrespondensie tussen homself en die direkteur van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika, Paul Hoffman.

Hoffman het in ‘n brief aan Mogoeng gesê dit is ongrondwetlik om die loopbaan van enige persoon op grond van ras of geslag te benadeel.

Vroeër vanjaar het die RDK ‘n besprekingsdokument, geskryf deur advokaat Izak Smuts, verwerp waarin Smuts beweer die persepsie dat wit mans nie gunstig vir oorweeg word vir aanstellings nie, is besig om toe te neem.

Hy het bedank uit die kommissie ná hewige debatte.

8 thoughts on “Klag teen Mogoeng kom”

  1. Hierdie tendens teen die Blanke, Wit , Calvinistiese, Afrikaanse mans is mos al aan die gang vanaf 1994. Het dit al geseg, maar herhaal dit. Dit is ook in hierdie tydperk dat daar meer Blanke Afrikaners is wat met innovasies en nuwe denke selfversorgend geword het en vir hulle en hulle gesinne begin sorg het sonder om vir ‘n baas te werk. Ek het ook vyf jaar gelede, op ‘n redelike jong ouderdom op vroeë aftrede gegaan, aangesien ek nie saam met swart base kon werk nie. Aan die anderkant het meer swartes meer werk gekry, meer stakings, produktiwiteit het gedaal,loon en arbeidswetgewing is so verander dat mense werk verloor het en werkloosheid tot 25.6% toegeneem het en die hoogste in die SA geskiedenis is.

  2. In April 1977 het prominente figure daarop gewys dr Allan Boesak se vervolging sou gekeer kon word as die wetsontwerp vir die daarstel van ‘n sogenaamde super prokureur generaal toe al op die wet boeke was. Veral die minister (Omar) se stellings, die regering is nie geraad pleeg oor Boesak se vervolging nie, het ‘n bitter smaak in die mond gelaat..

  3. Uit die “The State,
    Property Relations and Social Transformation” blyk dit die organisasie se
    belangrikste prioriteit is om toe te sien politieke bondgenote domineer
    instellings van die staat. Ras het gevolglik die belangrikste maatstaf by
    aanstellings geword omrede die regering besef die meeste swartes, wat tot die
    regbank aspireer, ANC ondersteuners is. Hierdie strategie is op opspraak
    wekkende wyse verder gevoer met die aanstelling van Mogoeng.

  4. Boggom ! Goeie-vólk ! Dit is darem maar ‘n belaglikheid om ‘n bobbejaan in die pos van ‘n “regter” te sien. Vólk Aapzanië ! Dønnerse aap-staat met tipiese boggom aapkultuur en ape in wat in die hof sit met sy pap-vinger in sy wye neusgat, terwyl hy prewel… “eeeee… êêêê… ectually, but in fect…. boggom…”

  5. Die regering gebruik die RDK om die regbank te verpolitiseer. Eintlik was hierdie liggaam bedoel om die uitvoerende gesag se invloed op die regbank teen te werk. Verbete teenstanders word baie moeilik bevorder. Die land kon betyds verhoed die aanstelling van regters van die KH is nie in die hande van Zuma en sy kabinet nie. Instellings wat die sogenaamde arbitrêre mag van politici in toom moet hou word egter bedrewe in gespan om legitimiteit te gee aan besluite wat andersins dalk as onaanvaarbaar afgemaak kon gewees het. Afleiding: Die ANC het die RDK omvorm tot ‘n stut instelling wat oorheersing van die regterlike gesag deur die uitvoerengesag
    moes legitimeer.

  6. Ons ‘wonderwerk’ grondwet rep nie ‘n
    woord oor regters van ander kultuur groepe en etniese minderhede se aanstellings op
    die RDK nie. Voorwaar ‘n rare mistasting in ‘n multi etniese land soos die RSA.
    Tog is daar selfs mense wat die RSA as ‘n demokrasie beskou al is die regte van
    minderhede ook nie eens verskans in die gronwet nie.

Maak 'n opvolg-bydrae