Zanu-PF-oorwinning: Wit en swart reaksies

zanuPolisielede, toegerus met outomatiese gewere, het in Zimbabwe bykomende padblokkades in Harare opgerig en beman te midde van onsekerheid oor die opposisie MDC se aanklag dat die pasafgelope verkiesing ‘n klug is en dat Zanu-PF die verkiesing gesteel het.

Dié stap volg ook na ‘n oproep van geestelike leiers dat mense vir vrede moet bid na die oorweldigende oorwinning van president Robert Mugabe en Zanu PF in die land se nasionale verkiesing.

Verskeie kerke waaronder die Rooms Katolieke kerk het hulle lidmate gevra om selfbeheersing en geduld aan die dag te lê.

Die MDC-leier, Morgan Tsvangirai, het die uitslag van die verkiesing wat aan Zanu PF ‘n tweederde meerderheid in die parlement gegee het, verwerp en gesê hy sal dit betwis.

Mugabe het 62% van die stemme in die presidensiële verkiesing op hom verenig.

Die 61-jarige Tsvangirai, leier van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) het nou die derde keer onsuksesvol probeer om Mugabe te ontsetel.

Westerse magte, wat verbied is om volle waarnemerspanne in Zimbabwe te ontplooi, het hul ernstige bedenkinge oor die stemmery uitgespreek ná kommer oor ongerymdhede.

Sondag, het Duitsland gesê die verkiesing “gooi ‘n groot skaduwee oor die politieke en ekonomiese toekoms van Zimbabwe“, terwyl Australië om nuwe verkiesings gevra het.

“Gegewe ons twyfel oor die resultate, doen Australië ‘n beroep vir ‘n herverkiesing wat gebaseer is op ‘n geverifieerde en aanvaarbare kieserslys,” het die minister van buitelandse sake Bob Carr in ‘n verklaring gesê.

Die Amerikaanse minister van buitelandse John Kerry het Saterdag die verkiesing as “diep gebrekkig” beskryf en gesê Washington “glo nie dat die resultate … vandag ‘n geloofwaardige uitdrukking van die wil van die mense van Zimbabwe verteenwoordig nie“.

Die Britse minister van buitelandse sake William Hague het sy “ernstige kommer” oor die stemmery in die voormalige kolonie uitgespreek.

Die verkiesing is egter meestal met blydskap op die Afrika-kontinent begroet. President Jacob Zuma het sy gelukwensinge aan Mugabe Sondag oorgedra.

In Harare se oudste lokasie Mbare het honderde Mugabe-ondersteuners Sondag ‘n wit kis gedrapeer in ‘n MDC-vlag gedra, met die opskrif “RIP Morgan“.

“Mense is opgewonde,” het een van die optoggangers, Tatenda Savanhu, 26, ‘n ekonoom, gesê.

“Dit is regtig ‘n oomblik van vreugde dat die GNU [koalisie-regering] nou verby is dat ons‘n era van Zanu-PF binnegaan“.

13 thoughts on “Zanu-PF-oorwinning: Wit en swart reaksies”

  1. Westerse magte, wat verbied is om volle waarnemerspanne in Zimbabwe te ontplooi, het hul ernstige bedenkinge oor die stemmery uitgespreek ná kommer oor ongerymdhede.
    Vertel dit nie die hele storie nie?

    Westerse magte, wat verbied is om volle waarnemerspanne in Zimbabwe te ontplooi, het hul ernstige bedenkinge oor die stemmery uitgespreek ná kommer oor ongerymdhede. – See more at: http://praag.co.za/?p=15791#sthash.tW0CXCKV.dpuf

      1. Grobbie nie sommer nie my maat, die Afrikaner en ek verwys hier na die Boer, Blanke, Wit, Afrikaner kan en sal vir homself kan sorg. Dit is van die begin van sy bestaan male sonder tal bewys. Hulle is gewoond aan werk en selfversorging en is nie van bak hand staan en misdaad afhanklik vir oorlewing nie.

          1. Ek praat en ek sien jy skree en PRAT nie.

            Mens kan sommer sien met wie of wat ons hier te doen het, net die fyt dat jy jou hele kommentaar in hoofletters tik seg klaar baie van jou. Is jy nie ook Jana Fourie nie?
            Dit is nou tipies van die jou soort, kan nie en wil nie opstaan uit die riool waarin jy jouself bevind nie. Lyk my jou IK is te laag om te besef wat ek probeer seg. Onintelligente mense behoort dit te verstaan, maar jou intelligensie vlak kom nie eers daaby nie. Baie tragies as mens eers daardie trap van jou eie mens wees bereik het.
            Kry jou eerlik waar jammer

          2. WAT BETEKEN PRAT? EN HOEKOM DRAAI JY TEEN JOU EIE JOU VERAIER. HF VERWORD DRAAI IN SY GRAF OM SOOS EK HIER TUK. WIE IS JANA FOERIE

          3. vierkleur
            Jou intelligensie vlak is nog laer as wat ek vermoed het. Ek maak ‘n bespotting van jou spelling, daar bo, waar jy van van PRAT praat en jy kom dit nie eers agter nie. Nou vra jy vir my wat PRAT beteken?
            TUK tog VERAIER reg of is dit volgens jou spelling reg? Om dom te wees is OK en nie iemand se skuld nie, maar
            om verwaand te wees is die top punt van bobbelanisme

            Geniet jou aand, die bottel se prop is seker plat getrap. Los die drank en gee jou kinders kos.

          4. Dit is vir my vermaaklik om te sien hoe maklik dit is vir jou om selfs teen iemand heeltemal te draai wat so te sê van “jou eie” is, wat ook al dit mag beteken. Dit gaan my verstand te bowe hoekom julle almal op hierdie verskoning vir ‘n webwerf niks beter het om te doen as om die heel dag besig is met ‘n ewige circle jerk oor hoe verskriklik dit is om in Suid Afrika te bly nie; hoe ongelooflik slim die wit man (wel, waarskynlik nie eens almal van julle nie) is en hoe onsettend dom die res van die wêreld is nie.

            Dan sit jy daar, eensaam in jou eie wêreld met net die nuus van Praag om jou besig te hou en prowl dag in en dag uit die comments om die hele circle jerk voort te sit. Hoe ontsettend sad is dit tog nie! Weet jy dan nie dat die hele wêreld rondom jou aan beweeg nie; dat hierdie verskoning van ‘n pypdroom naamlik die “afrikaanse republiek” nooit sal gebeur nie en dat jy waarskynlik, net soos jy nou so kwaad word oor iets so onnosel en onbelangrik, net so een dag op jou sterwensbed sal lê.

            Dan nog nie eens te prate van hierdie vaandel van God en Geloof wat op een of ander onaardelike manier verdraai is in ‘n stawing van ‘n ideologie wat seer sekerlik nie menslik is nie. Ek weet nie waar en hoe so iets ooit “ok” geword het in jou paradigma nie en wat my verstand nog verder te bowe gaan is hoe jy saans jouself kan oortuig dat dit als ok is, *want die Bybel sê so*!!! Ongelooflik.

            Die waarheid is hierdie: julle tipe is oppad uit. In die stede is jongmense ligjare voor julle – ja in terme van denke is almal buite hierdie ou afgebakende laager van julle besig om al wat julle sien as liberaal, propaganda, produkte van die swart onderwys sisteem, onintelligente ‘drek’ – als waarvoor julle nie is nie – te studeer, ondervind, verwerk en verbeter. Die toekomstige leiers van ons land is dié wat Suid voor die eensame woord Afrikaner gelas het. Die Afrikaner soos julle hom sien het ‘n eensame ou dood gesterf.

            Ek kry julle almal verskriklik jammer.

Maak 'n opvolg-bydrae