praag.co.za

Krugersdorp kry ‘nuwe’ straatnaam

Noordheuwel
Noordheuwel

Krugersdorp se Perreiras mag dalk dink ‘n letterverandering in hulle van is niks om oor te lag nie, maar vir ‘n inwoner van Noordheuwel is dit ‘n lagwekkende situasie.

Martin Higgins (48) wat al sewe jaar in Perreirastraat bly se straatnaam het oornag na Pierreirastraat verander toe munisipale werkers straatnaambordjies aangebring het met die verkeerde spelling.

“Ek was in die wolke toe ek sien dat straatnaambordjies deur die munispaliteit aangebring word, maar toe besef ek dat die naam verkeerd gespel is,” sê Higgins.

Hy sê hy het selfs aangebied om die koste te dra om dit reg te stel.

“Ek het die munisipaliteit gebel om dit te rapporteer waar ek genoem het dat ek die koste sal dra, maar dit is van die hand gewys. Die straatnaambordjies is van ‘n sekere materiaal gemaak, wat byvoorbeeld snags reflekteer as motorligte daarop skyn.”

Hy reken ook dat die verkeerde spelling daartoe kan lei dat mense wat na sy adres moet gaan, kan verdwaal omdat hulle nie die straatnaam kry nie.

Fritz (70) en Louise (66) Crause wat langs Higgins bly reken dat dit swak is om die straatnaam verkeerd aan te bring.

Vrae rakende die spelling van die straatnaam is aan Nkosana Zali, Mogale City Plaaslike Munisipaliteit se woordvoerder gerig, maar geen terugvoering is teen druktyd ontvang nie. – looklocal.co.za

Comments

21 responses to “Krugersdorp kry ‘nuwe’ straatnaam”

  1. frikkiebotes Avatar
    frikkiebotes

    Net in ongeletterde Suid Afrika. in Randburg is ook Braam Fisher bordjies.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Ja sowaar n mens gaan een van die dae n padkaart moet byvoeg by die adres om jou skrywe op die regte plek te kry.

  2. Riempies Avatar
    Riempies

    Ons sal moet begin dink en beplan vir n kwantum
    sprong voor Suid Afrika in die ANC vorteks verdwyn.

    1. Matt Heyns Avatar
      Matt Heyns

      Aangesien ons van atomiese en sub
      atomiese stof gemaak is, moet ons ook die kwantum sprong spring. In figuurlike
      sin beteken die neem van ‘n kwantum sprong ‘n risiko word geloop. ‘n
      Ongekarteerde gebied word betree sonder ‘n gids wat gevolg kan word. Op sy
      beste is dit ‘n onsekere affêre. Die kwantum sprong is ook ‘n geeste sprong. Kyk Praag se Forum vir nadere detail.

      1. Boerewitman1 Avatar
        Boerewitman1

        Matt, gaan weg, jy yl alweer. Het seker bomskok.

  3. Matt Heyns Avatar
    Matt Heyns

    Op die Praag Forum het ek begin met ‘n poging om onse Boerevolk mense se mening te kry. Although today the name “Jesus Christ” is inextricably linked to the Literalist figure of the supposed founder of Christianity, in the first century C.E. the name would have been heard as obviously symbolic, meaning “The Saviour King”.Jewish Gnostics, and Christian Gnostics after them, understood Exodus to be an initiation allegory.

    1. Joop Avatar
      Joop

      Ai tog Matt jy kan mos nie sommer jou eie onderwerp
      begin by iemand anders se artikel nie? Wag tog liewer tot die jou onderwerp
      opkom of skryf dan jou eie artikel en vra vir Praag of hulle dit nie sal plaas
      vir jou nie want soos jy nou aangaan dink almal jy is non compus
      mentos.

    2. Seg Net Avatar
      Seg Net

      Mad Matt ek dink nie ons het respek vir iemand wat net sy wil op ander wil afdwing nie. Dit wat jy seg het niks met die berig te doen nie en dit is baie onvanpas en ongevraag van jou. Indien jy iets wil seg seg iets wat sin maak op die berig. Jou ou storie waar jy elke keer die Bybel aanhaal raak erg vervelig. Dit is soos die fariseërs wat op die straat hoeke Die Woord verkondig en wat die Here verseker nie goedkeur nie. Daar is ‘n tyd en plek vir alles.

    3. Schavuit Avatar
      Schavuit

      Hou Matt daarvan om hele gesprekke met homself te voer?

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Ongelukkig ja – soms doen hy dit onder verskillende name as hy nou rerig op dreef kom. 😉

        1. Boerewitman1 Avatar
          Boerewitman1

          Wat verwag jy, hy is mos ‘n matroos, ‘n man, hopelik, van vele name en talente. Of wat praat ek Matt?

      2. ShannonVoyager Avatar
        ShannonVoyager

        Jy sal verbaas wees oor die hoeveelheid aandag wat die trol kry by van die herbivore hier op PRAAG.

  4. Seg Net Avatar
    Seg Net

    Nee o hel nie eers ‘n GPS sal jou deesdae sal kan help indien jy verdwaal met al hierdie name nie.
    Hoop nie hulle besluit op Proes straat se naamborde te vervang en spel dit ook verkeerd nie. LOL.

    1. Willy Avatar
      Willy

      Na crunt straat Seg? Of hoe.

  5. Albert Brenner Avatar
    Albert Brenner

    Piet Croucamp se geliefde Manelatopiane is letterkundige meesters.

    1. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Looi hulle Albert. Jy maak elke dag vir my die moeite werd.

      1. Albert Brenner Avatar
        Albert Brenner

        Sal so maak 🙂

  6. Arnieann Avatar
    Arnieann

    As die septerswaaiers so stil raak na hulle ‘n blabs gemaak het…..
    Die drie apies????: Seg niks, sien niks en hoor niks.

  7. Leon Lemmer Avatar
    Leon Lemmer

    Leon Wessels is trots om in Mogalestad pleks van Krugersdorp te woon. Om dieselfde rede wil Hennie van Deventer die Nasionale Kruger-wildtuin herdoop tot Nelson Mandela-Vryheidspark (Praag 14 Julie).
    In Kaapstad is daar sprake van ‘n reuse Mandela-standbeeld teen Tafelberg. ‘n Goeie leser van Die Burger het gister gevra: “Waarom nie Tafelberg kap totdat dit soos Mandela lyk nie?”
    Leon Lemmer

    1. Boerewitman1 Avatar
      Boerewitman1

      Hoe ver gaan die ouens nog daal om ‘n verdomde terroris en mordenaar te vereer. Die goor gedeelte daarvan is, dat die werêld saamspeel.

  8. vierkleur Avatar
    vierkleur

    HOOGSTE GEHALTE JOERNALISTIEK. DEREK WATTS DIE LIBERAAL WAT HY IS BEWE IN SY STEWELS, HIERDIE IS DIE NUWE CART BLANCE.

Leave a Reply