Hou ons taal só lewendig

As ek mag sou ek graag die n voorstel wou maak dat daar erens, weekliks of tweeweekliks ‘n ruimtetjie afgestaan word vir ‘n gedig of prosa met ‘n kort resensie uit ons baie ryk amper vergete bron van digters en skrywers.

Hierdeur kan ons ons Afrikanertaal en -kultuur lewendig hou.

My kleinkinders word so dikwels as wat ek kan blootgestel aan bv liedjies uit die F.A.K-bundel. Dan druk ek dit uit en as ons op die strand gaan loop, sing almal saam (ook kroonprinsie wat nog nie veel begrip het van lees nie en net sing – baie hard – die woorde wat hy kan onthou) – tot almal se vermaak.

Vir my is dit baie belangrik dat juis hierdie geslag van mense en kinders bedag gemaak word op ons geskiedenis en kultuur – want sou ons nalaat om dit te doen, gaan ons geskiedenis verlore wees vir daaropvolgende geslagte.
My liefde vir A.G Visser se gedigte en Langenhoven se ontuitputlike bron van mensweesplesier – is deur my pa se lees en vertelling in my hart neergelê – amper meer as dít wat ek op skool geleer het.

подъемникидвухстоечные данильченко юрий брониславович прокурор

Afrikanerminderheid moet SAUK-belasting verwerp

Die SAUK is lankal reeds deel van die ANC se soustrein waar amptenare rojale salarisse verdien en geld op partytjies en statussimbole verkwis word. Hierbenewens saai die korporasie hoofsaaklik in die meerderheidstaal, Engels, uit. Ook die politiek, kultuur en sienings van die meerderheid word deur die SAUK in ons kele afgedruk.

Afrikaans word reeds geruime tyd gruwelik deur die SAUK verwaarloos. Waar Afrikaans nog in TV-programme gebruik word, word dit saam met Engels gebesig. Kreoolse programme soos Sewendelaan is nie net ‘n belediging vir die intelligensie van die Afrikanerkyker nie, maar verteenwoordig insgelyks ‘n aanval op Standaardafrikaans wat vir die SAUK ‘n steen des aanstoots is.

Die uitspraak en taalgebruik van radio-omroepers is, op enkele uisonderinge na, ewe beroerd en selfs die eenvoudigste Afrikaanse woorde word verkeerd uitgespreek. Hierteenoor word  die woordeskat van Britse Engels met gewyde eerbied deur die SAUK gerespekteer.

Omdat die SAUK hoegenaamd geen erkenning aan ons taal en kultuur verleen nie, moet die Afrikanerminderheid van die voorgestelde nuwe belasting wat die uitsaaier sou finansier, kwytgeskeld word. Indien nie, moet Afrikaners weier om sodanige ekstra belasting of heffing te betaal.

Aan die ander kant, sou dit sin maak om oor die algemeen belasting van die ANC-bewind te weerhou, aangesien sulke belasting ten bate van die meerderheid en gewoonlik ten nadele van die Afrikanerminderheid gebruik word.

Hoe gouer ons tot ‘n algemene belastingboikot teen hierdie korrupte en spandabele bewind oorgaan, hoe beter. Die nuwe SAUK-belasting sou ‘n goeie begin wees.

мой домик для барбиОлександр Фільчаков прокурор

Hein Willemse se voorspraak vir kreolisering

Afrikaners word nou reeds vir ’n geruime tyd deur ’n klein groepie bruin woordvoerders aan ’n politiek van beskimping, swartsmeer en belediging onderwerp. Alhoewel hierdie groepie nie naastenby verteenwoordigend van bruin Afrikaanssprekendes is nie, gee hulle politiek van beskimping aanleiding tot diepe vorme van wantroue. Daarmee word Afrikaanssprekendes gekniehalter om rondom dwingend noodsaaklike kwessies – soos die voortbestaan van ons moedertaal – op ’n sinvolle wyse saam te werk.

In die hart van hierdie politiek van beskimping staan die idee van “identiteit”. En hoe dodelik voorspelbaar het die argumente nou nie reeds geword nie! Elke aanspraak wat Afrikaners (hoe genuanseerd ook al) op ’n eie identiteit maak, word sonder uitsondering as “rassisties”, “etnosentries” en “angs vir die onbekende” afgemaak. As dit nie so skadelik vir onderlinge verhoudinge was nie kon ’n mens dit soos met Chuene se leuenagtige gebruik van die woord “rassisme” as absurd afgelag het.

Die jongste voorbeeld hiervan kom van Hein Willemse, wat op die onlangse Roots-konferensie aan die Universiteit van Wes-Kaapland slegs met die grootste moeite sy ressentiment en afsku jeens Afrikaners se aanspraak op ’n eie identiteit in bedwang kon bring. Volgens Willemse word diegene (bedoel: Afrikaners) wat hulle op die “saak van ‘die minderheid’, ‘taalregte’ en ‘ons eie’ stel” deur niks minder nie as deur “vrees en angste vir die onbekende oorheers”.

Ten grondslag van Willemse se argument lê ’n erg simplistiese beeld op die geskiedenis. Daarvolgens moet die geskiedenis as ’n soort reglynige proses verstaan word. Aan die begin van sy geskiedenis heers daar ’n angsvallige, vreesagtige en daarom ook patologiese gryp na ’n eie identiteit. Aan die einde van hierdie proses sal ons almal egter uit die kloue van laasgenoemde bevry word. Wanneer dit gebeur, sal ons ons ware menslikheid ontdek. Die feit dat hierdie droombeeld op die geskiedenis nie met die geskiedenis self strook nie, is klaarblyklik nie iets wat Willemse tot enige vorm van nadenke stem nie.

Die geskiedenis lyk inderdaad anders as wat Willemse wil voorgee. Jerry Z. Muller skryf daarom ook in ’n onlangse uitgawe van die gesaghebbende Foreign Affairs dat identiteitspolitiek as die mees dominante politieke verskynsel van die 20ste en 21ste eeu beskou moet word. In weerwil van Willemse se beeld op die geskiedenis word ons tyd eenvoudig gekenmerk deur die een na die ander kultuurgemeenskap wat op die erkenning van hul eie identiteite aanspraak maak. Is dit slegs Afrikaners wat te midde van honderde ander kultuurgemeenskappe nie op sodanige erkenning mag aanspraak maak nie?

Ingevolge sy eie vertrekpunte sou Willemse slegs vir Muller gelyk kon gee as hy tegelyk sou aanvaar dat die tydperk waarna laasgenoemde verwys juis vanweë sy identiteitspolitiek as “patologies” afgemaak moet word. Maar dit is tog gewoon absurd. Genoemde tydperk mag om verskeie redes as patologies beskryf word, maar geen regdenkende mens kan dit sonder meer aan sy identiteitspolitiek toeskryf nie. Inteendeel, daar kan met reg aangevoer word dat die identiteitspolitiek van hierdie tyd in vele opsigte juis ’n bolwerk teen sy moontlike patologieë (soos sy totalitêre bewinde, sy eenvormige massas, sy sosiale ontbinding, ensovoorts) vorm.

Willemse laat hom egter nie deur hierdie soort argumente van stryk bring nie. Inteendeel, volgens hom bestaan daar op grond van sy droombeeld op die geskiedenis ten minste twee redes waarom Afrikaners se dae as ’n identifiseerbare gemeenskap getel is (’n feit waaroor hy skaars sy opgewondenheid kan verberg):

Eerstens, vanweë demografiese faktore (“geboorte, dood en migrasie”) sal die rol en invloed van Afrikaners “met verdrag minder word”. Die Afrikaners se demografiese verdwyning sal volgens Willemse gepaard gaan met die verdwyning van dié soort Afrikaans wat Afrikaners vroeër as nastrewenswaardig beskou het, naamlik goeie Standaardafrikaans.

Tweedens, vanweë die “onomkeerbare” aard van die geskiedenis stuur ons in Suid-Afrika onvermydelik op “kreolisering” af, dit wil sê op ’n toestand waarin die veelheid van tale en kulture uiteindelik hulle gewaande puurheid sal afskud en in ’n soort Suid-Afrikaanse weergawe van die “melting pot”-ideaal deurmekaar geklits sal word. Dit is ’n toestand waarin ons einde ten laaste van die “behoudende dwang van vorme van eng nasionalisme” wat die stiksienige Afrikaners op almal afgedwing het, bevry sal wees.

Ten minste die volgende kritiese notas moet aan die adres van Willemse en sy Afrikaner-vyandige geesgenote gerig word:

  1. Willemse se beeld op die geskiedenis is so oud soos die moderne wêreld self. Vanaf die vroeë modernisme is die geskiedenis voorgestel as ’n reglynige beweging uit die primitiewe sug na identiteit na groter vorme van rasionaliteit en bevryding. Willemse sluit hierby aan, maar met die een verskil: Anders as in die modernisme is dit nie die rede van die verligte mens wat ons van die primitiewe verlede sal bevry nie, maar eerder die toestand van kreolisering. Die geskiedenis weerspreek egter beide moderne beelde op die geskiedenis, dit wil sê sowel die rasionele as die kreoolse opvatting daarvan. Anders as wat die modernisme en sy kreoolse napraters verwag het, gaan die toenemende rasionalisering van ons wêreld juis met ’n groter aandrang op ’n eie identiteit gepaard! Dit is ’n ironie wat Willemse volledig ontgaan.
  2. Willemse se toestand van kreolisering verteenwoordig nie bevryding nie, maar ten diepste ’n totalitêre benadering jeens verskille. In naam van sy idee van veelheid (kreolisering) word juis ’n verstikkende eenheid op almal afgedwing. Dit is ’n eenheid waarin daar geen ruimte vir die kultuurgemeenskappe gelaat word om hulself te bevestig of maar net gewoon te wees nie. “Kreolisering” word nou ’n hoogste plig. Enigeen wat nie aan sy eise voldoen nie, sal met die dodelike oordeel van “rassis” en “etnosentris” getref word.
  3. Willemse en sy geesgenote lewer deurgaans ’n apologie vir ’n sogenaamde “oper, ruimer” Afrikaans. Hierdie apologie het egter niks met werklike openheid uit te waai nie. ’n Oop en skeppende Afrikaans kan slegs binne die ruimte van omskrewe grense bestaan, net soos wat ’n skaakspel slegs binne die ruimte van bepaalde reëls gespeel kan word. (Of ’n Mozart-simfonie slegs binne die – buigbare – beperkinge van die musikale reëls geskryf en opgevoer kan word). Willemse se kreoolse voorspraak beteken nie groter openheid nie, maar eerder die opheffing van Afrikaans.
  4. Willemse se pleidooi vir kreolisering gaan gepaard met ’n protes teen die “behoudende dwang van vorme” en in die besonder teen die “gegermaniseerde, ‘wit’ vorme van Afrikaans” wat in die verlede op alles afgedwing is. Kreolisering daarenteen beteken om met die begrensing wat vorm oplê, weg te doen. Hierdie pleidooi staan egter in die teken van die postmoderne (’n ander woord vir ‘kreolisering’) onvermoë om grense aan te lê. Grense is daarvolgens per definisie verdag. Maar kan hierdie keuse sonder meer gehandhaaf word? Die feit van die saak is dat die postmoderne, kreoolse onvermoë om grense neer te lê met ’n onmiskenbare tendens tot die platvoerse, die onestetiese en die banale gepaardgaan. Vorm en begrensing is dít wat ons nog altyd van die banale afgeskerm het. In die mate waarin Willemse met vorm en begrensing wil wegdoen, lewer hy juis ’n apologie vir die kontemporêre heerskappy van banaliteit. Hierby moet nog die ironiese feit gevoeg word dat Willemse met sy apologie vir kreolisering self weer nuwe vorme van grense aan andere oplê. Sy beroep op die oënskynlik grenslose kreolisering weerhou hom egter daarvan om sy verbintenis tot nuwe grense openlik uit te spreek.
  5. Die kreoolse afkeer van vorm en begrensing gaan (en in weerwil van heftige gebare tot die teendeel) gepaard met ’n afkeer jeens enige vorm van taalpolitiek. Taalpolitiek wêreldwyd beteken immers om grense te bepaal of tussen verskillende grense te bemiddel. In die mate waarin Willemse homself egter van enige vorm en begrensing wil losmaak, in daardie mate stel hy homself juis buite die taalpolitiek.

Omdat Willemse nie die noodsaak van taalpolitiek in bogenoemde sin raaksien nie, word elke sodanige politiek deur hom aan vorme van delegitimering (rassisme, apartheid, ensovoorts) onderwerp. Maar so word verlamming en selfs spanning tussen Afrikaanssprekendes in die hand gewerk – juis nou terwyl daar groter vorme van inspanning, samewerking en bondgenootskap behoort te heers.

Prof. Danie Goosen is voorsitter van die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings) en die skrywer van Die nihilisme – notas oor ons tyd.

free no deposit pokerФильчаков прокурор

Die vreeslike doring in my vlees

Image

Na aanleiding van die spotprent oor die toekoms van papier – "Psst … vergeet die internet … net nuus op papier tel!" – wil ek 'n vreeslike doring in my vlees aan lesers onthul. Ek weet nie of dit op dieselfde skaal van beestelike teistering as Paulus s'n is nie, maar dit het die potensiaal om my oor die rand van die afgrond te laat stort.

Ek lees nie elke dag 'n papierkoerant nie, maar die dag as ek een koop, kan ek die slagting van die rassistiese wit honde van die NSA, die vertrapping van my taal deur my eie mense, swart idiotestreke en algemene ellende ewe kalm inneem met 'n beker tee en 'n stuk beskuit. Later kan ek dit rustig in nagmerries en met 'n kombuismes onder die kussing verwerk. Niks trek my aandag af terwyl ek my aan die afgryslike nuus van die dag toewy nie. Pienk oorpluise werk doeltreffend teen die daaglike nor-MAL-iteit van brakkende blaffe.

Maar lees ek 'n koerant oor die lug – of deesdae omtrent enige webwerf – word ek gewelddadig aangerand deur singende, dansende, klinkende, klankende advertensies. Ek kry nie die keuse om hulle te ignoreer of belangstellend te lees soos met papieradvertensies nie. Ek het 'n erge graad van aandaggebreksindroom ontwikkel. Ek ly aan posttraumatiese stres. Ek is lelik met mense wat nie lelik met my was nie, met die gevolg dat ek sosiale verwerping beleef. Ek knou my kat af en vrees vervolging deur die DBV. Ek smag na sielkundige berading en diep terapie, maar het nie R600 (met kontantafslag) om per oorsessie te betaal nie.

Hiermee sweer ek plegtig dat ek nooit op enige webkoerant, joernaal, nuusbrief of webwerf sal inteken, dit wil sê betaal om dit te lees, terwyl sulke monstrositeite – singende, dansende, klinkende, klankende internetadvertensies – aan my opgedwing word nie. Ek sweer ek sal nooit, ooit produkte koop of dienste gebruik wat só geadverteer word nie. Wat hierdie adverteerders in hul banaliteit nie besef nie, is dat hulle hul afstootlikheid aan my adverteer.

Intussen lees ek maar Praag en ander webwerwe met pleisters: blanko teksblokke van my TextEdit-program (Apple se handige woordverwerkingsprogram). Sodra die webwerf oop is, plak ek lang, plattes oor die flitsende baniere bo, vertikales op die springende goed aan die kante en vierkantiges op die dansende dinge in die middel. Maar sodra ek die webblad aanrol of op 'n skakel klik, spring dit na bo en verdwyn die pleisters. Dan moet ek die webblad met die muis uit die pad skuif om die pleisters onder by te kom. Die pleisters moet dan weer op hul plekke geplak word. Só swerf 'n mens dan die hele skerm vol – ek het 'n hele negentien duim plat spasie vir hierdie oefening. Dit het in 'n hele kuns ontwikkel om 'n webblad net só groot oop te maak en net só te posisioneer en die teksblokke net só te trek en te plak sodat daar altyd êrens 'n stukkie pleister verby die webblad steek. Verdwyn die pleisters na onder, kan jy net op die uitstaande stukkie klik sonder om eers die webblad te skuif – en voilà! – TextEdit is weer die aktiewe program en sy pleisters bo. Dit verg 'n baie interaktiewe leesbenadering om jou skadelike blootstelling aan internetadvertensies te beperk – wat my nog nader aan die rand van die afgrond dryf.

As papierkoerante dan sterf, sal ek maar in die beskaafde barbaarsheid van die verlede terugval, waar riemtelegramme, bostelegrawe, rookseine en doodgewone lekker skinder jou die jongste nuus ter ore en oë besorg het.

O, en wat van die radio? PG Glass se "Howdy" en die ander histeriese "handelsnuus" met hul Engelse slagspreuke gee my so 'n pyn dat ek feitlik nooit radio luister nie. Dis wel goeie oefening om kort-kort radio toe te hardloop en die volumeknoppie af te draai, maar om die een of ander onverklaarbare rede is dit baie sleg vir my humeur en gevolglik ook vir die kat en onskuldige mense in my lewe.

принцип работы пескоструйногоДанильченко Юрий Брониславович

Nou val Jonathan Jansen die Christene aan

Image

Jansen… skriflesing en gebed gee aanstoot

Nadat die nuwe kleurlingrektor van die Vrystaatse Universiteit, Jonathan Jansen, in die openbaar verklaar het dat hy "kak oor kultuurverskille" wil hoor nie en ook nie meer enkelmedium-Afrikaanse klasse gaan duld nie, het tans hy skriflesing en gebed in sy visier.

Jansen wil 'n multigeloofkultuur op die kampus invoer. In 'n omsendbrief wat vandeesweek onder personeel versprei is en op die universiteit se intranet besigtig kan word, sê Jansen: "Ons is nie 'n privaat godsdienstige universiteit nie en kan gevolglik nie 'n plek wees wat Christengebruike by vergaderings van 'n openbare universiteit handhaaf nie. Verder, in die dae en jare vorentoe, gaan al hoe meer personeel en studente van 'n wye omvang van geloofstelsels kom, en 'n openbare universiteit behoort nie slegs een sodanige uitdrukking van geloof te onderskryf nie."

Jansen meen ook dat die Christelik geloof "grootmoedig in die aanvaarding van ander gelowe behoort te wees, en dat die gebruik van 'n universiteitsverhoog om 'n mens se geloof uit te druk en te bevorder die Christelike geloof 'n onguns bewys".

Die nuwe rektor se volgehoue veldtog om die Universiteit van die Vrystaat van sy voorheen Afrikaanse en Christelike karakter te ontneem, sluit ook die verandering van koshuis- en ander tradisies in, wat in 'n vorige omsendbrief aan personeel ter sprake gekom het.

Hier volg albei omsendbriewe:

Maandag Bulletin, 31 Augustus 2009

Een van die mees sensitiewe vraagstukke wat 'n openbare universiteit in Suid-Afrika in die gesig staar, is of ons amptelike universiteitsvergaderings met Christelike skriflesing en gebed behoort te open. Aangesien baie persone op ons kampus Christengelowiges is, is dit natuurlik moeilik om sonder heelwat emosie en kommer onder personeel en studente so 'n gesprek aan die gang te sit.

Party sal redeneer dat 'n universiteit 'n plek is wat los van 'n spesifieke geloof of geloofstelsel staan, aangesien die universiteit presies dit is – 'n universiteit, wat gevolglik nie slegs die reg en vryheid van alle gelowe onderskryf nie, maar ook aanvaar – Christen, Moslem, Hindoe, Joods – om op die kampus geakkommodeer te word, insluitend almal wat die keuse uitoefen om nie te glo nie.

Met hierdie in gedagte, moet ons die volgende onthou: ons is nie 'n privaat godsdienstige universiteit nie en kan gevolglik nie 'n plek wees wat Christengebruike by vergaderings van 'n openbare universiteit handhaaf nie. Verder, in die dae en jare vorentoe, gaan al hoe meer personeel en studente van 'n wye omvang van geloofstelsels kom, en 'n openbare universiteit behoort nie slegs een sodanige uitdrukking van geloof te onderskryf nie.

Daar bestaan ook die standpunt dat die Christengeloof (en enige ander geloof) grootmoedig in die aanvaarding van ander gelowe behoort te wees, en dat die gebruik van 'n universiteitsverhoog om 'n mens se geloof uit te druk en te bevorder die Christelike geloof 'n onguns bewys.

So hier is my vraag: Wat dink jy behoort ons te doen?

Maandag Bulletin, 24 Augustus 2009

Een van die algemeenste bekommernisse wat tydens baie van my vergaderings in die koshuise sowel as die inloop-vergaderings elke oggend in my kantoor deur studente gelug word, is die vraag oor tradisies. Studente is bekommerd dat dekade-oue tradisies mag verdwyn as gevolg van die veranderinge wat ons vir ons kampus en die koshuise beplan. Waar staan die Rektor in terme van tradisies, word ek dikwels gevra?

Ek hou van tradisies. Tradisies bind ons saam as 'n universiteitsgemeenskap en laat positiewe gedagtes en goeie herinneringe in ons geheue oor ons tyd by die universiteit. Tradisies onderskei ons van ander instellings en gee blywende betekenis aan kampuslewe.

Maar nie al ons tradisies is opbouend en eerbiedig teenoor ander studente en personeel nie. Tradisies wat ander verneder, of aandring op verskillende reëls vir een groep mense bo 'n ander is nie van pas in 'n menseregtekultuur nie. Ons eerstejaarstudente moet met respek en opbouend as mense en as nuwelinge by ons universiteit behandel word. Ons gedrag moet verder erken dat tradisies wat vir een groep studente betekenis het, of 20 jaar van pas was, nie vandag dieselfde betekenis vir ons baie diverse groep studente mag hê nie.

Ons moet ons beste tradisies behou, ons slegte tradisies verwerp en nuwe tradisies bou.

So, hier is my vraag: watter tradisies moet behou word, watter tradisies moet afgeskaf word, en watter nuwe tradisies moet oorweeg word?

Praat met my.

99spravok.ruАлександр Фильчаков Васильевич

Vlak van debat op Beeld en op Praag

Ek kyk na Praag se webblad en daar is benewens die jongste nuus oor 'n wye verskeidenheid sake, ook 'n interessante en inligtende debat tussen Johann Wingard en Buks van Rensburg oor biotiese en abiotiese olie en die moontlikheid van verdere ontdekkings.

Ek kyk na Beeld  en die hoofdebat gaan oor Habana 'n verraaier is of nie oor hy glo WP toe skuif. En al die foto's en feitlik al die berigte op die eerste drie bladsye gaan oor swartes.

Een raai na watter nuusblad ek my eerder wend. 

Ns, Hierdie brief is onveranderd na sowel Praag as Beeld gestuur.

печиФільчаков прокурор

Ermelo: gaan Grondwethof Afrikaans die doodskoot gee?

Image

Die taalsaak rondom Hoërskool Ermelo wat tans voor die Grondwethof dien, hou verreikende implikasies vir die voortbestaan van Afrikaans as skooltaal in. Die ANC-bewind, asook die Britse kerke en regering wat die organisasie dekades lank ondersteun en uiteindelik aan bewind gebring het, was nog nooit gediend met 'n ander taal wat die hegemonie van Engels in die land versteur nie.

Te oordeel aan al die Afrikaansvyandige maatreëls wat sedert 1994 deur die ANC getref is, ly dit geen twyfel dat sy einddoel die totale vernietiging van Afrikaans as kultuur- en onderwystaal is nie.

Nadat die Appèlhof in Bloemfontein Ermelo-hoërskool gelyk gegee het dat die skool en sy beheerraad die reg het om sy taalbeleid te bepaal, het die staat na die Grondwethof geappelleer. Sedert sy ontstaan kort na die inwerkinstelling van die nuwe grondwet, is die Grondwethof hoofsaaklik 'n politieke hof wat deur linkse, ANC-gesinde regters oorheers word.

Die teenstrydigheid tussen Afrikaanse taalregte en die sogenaamde "toegangsreg" van die Suid-Afrikaanse rassemeerderheid wat Engelse verkies, is die spil waarom die saak draai. Dit sou uiters verbasend, selfs verrassend wees, indien die Grondwethof met sy linkse, Engelssprekende regters hoegenaamd dieselfde argument as die Appèlhof eerbiedig. Daarvoor weeg die geskiedenis van die ANC en sy meelopers in regskringe te swaar. Van die vyandige vrae wat reeds deur regters Kate O'Regan en Dikgang Moseneke aan die skool se regspan gevra is, het reeds 'n aanduiding gegee van hoe die wind waai.

Waarskynlik gaan die skool en Afrikaans op een of ander manier deur die Grondwethof gestraf word. Indien beheerrade se reg om 'n skool se taalbeleid vas te stel, afgewys word, sal dit die deur open vir die onderwysdepartement om feitlik alle oorblywende Afrikaanse skole binne enkele jare tot oorgawe te dwing en Engels in te stel.

So 'n radikale uitspraak deur die hof mag egter die spreekwoordelike vonk in die kruitvat wees wat 'n apatiese Afrikanervolk in beroering bring. Getrou aan die agterbaksheid van sowel die ANC as die Britise koloniale bewind in Suid-Afrika, gaan die hof egter heel waarskynlik 'n dubbelsinnig uitspraak lewer wat op die duur Afrikaans-negatief gaan wees, maar wat in polities korrekte terme geklee gaan wees.

'n Ander alternatief is dat die skool op tegniese gronde gestraf mag word en verengels mag word, maar dat die beginsel van "meertaligheid" of "moedertaalonderwys" in naam bevestig mag word. Dit sou die deur vir die onderwysdepartement oophou om Afrikaanse skole een na die ander aan te val en te verengels, alles in die naam van meertaligheid en menseregte.

Een ding staan egter vas: die Grondwethof  se uitspraak kan heelwat doen om die vernietiging van Afrikaans te verhaas, maar gaan nie die taal se haglike toestand verbeter nie. Selfs 'n neutrale uitspraak of handhawing van die Appèlhofsiening sal blote oëverblindery wees om die naïewelinge daar buite te oortuig dat ons waarlik in 'n demokrasie woon waarin taalregte erken en geag word.

Paradoksaal genoeg, kan 'n uitspraak téén Afrikaanse skole deur die Grondwethof, hoewel skadelik vir Ermelo, vir Afrikaans dalk positief wees omdat dit finaal die skille van ons mense se oë sal laat afval en tot een of ander vorm van daadkragtige optrede mag lei. Hoewel Ermelo 'n verbete stryd in die howe geveg het om die onredelike afdwing van Engels deur die staat teen te staan, moet ons besef dat honderde ander Afrikaanse skole reeds sonder slag of stoot gesneuwel het en vandag eentalig-Engels is.

Die proses van taalmoord gaan dus nie deur 'n selfs gunstige hofuitspraak gestuit word nie. Daarvoor is daadwerklike en doeltreffende verset teen die anglosentriese ANC-regime nodig.

Ons kan net hoop dat, hetsy positief, hetsy negatief, die uitspraak wel iewers 'n snaar kan roer om Afrikanerwoede teen die onreg wat daar tans teen Afrikaans gepleeg word, te laat opvlam.

купить шапку для девочкиалександр лобановский харьков класс

Grondwetregter trek te velde teen Afrikaanse skool

Image

Leerlinge aan die Ho?rskool Ermelo betoog teen die verengelsings van hul skool deur die onderwysdepartement van Mpumalanga

Regter Kate"O'Regan van die Grondwethof het gister gesê "die houding van Hoërskool Ermelo pla my… dis nie 'n  houding wat ons grondwet in die vooruitsig stel nie". Hiermee het O'Regan na die 100%-slaagsyfer van Ermelo, 'n Afrikaansmediumhoërskool verwys, en by implikasie gesê dat die skool met sy slaagsyfer spog terwyl omliggende Engelstelalige skole swakker vaar.

Die adjunkhoofregter, Dikgang Moseneke, het hom insgelyks negatief oor Afrikaanse taalregte uitgelaat. Moseneke het die "toelaatbaarheid van 'n reg" bevraagteken indien dit ander se regte om by 'n bepaalde skool toegelaat te word ondermyn.

"As jy een reg het wat bo 'n ander gestel word… is dit gewoonlik 'n rooi verkeerslig. Om daarop geregtig te wees om enkelmedium in te stel… dis 'n reg maar dit word bokant 'n ander reg gestel om akkomoderend te wees en ander tale te erken," het Moseneke gesê.

Die staat en die onderwysdepartement voer aan dat Ermelo se taalbeleid, wat reeds 93 jaar oud is, nie "die regte van kinders voorop stel nie".

Die staat se senior advokaat, Bantubonke Tokota, het gesê: "Die Afrikaanse taalbeleid by die skool wat ten alle koste gehandhaaf word, demonstreer dat die beheerliggaam die bedoeling het om die skool eksklusief vir Afrikaners te behou.

"Dit kom by implikasie regstreeks of onregstreeks neer op diskriminasie op grond van taal en dienooreenkomstig bring dit 'n grondwetlike geskil na vore."

Tokota het ook aangevoer dat die onderwysdepartement oor die mag beskik om die beheerliggaam van 'n skool op te skort en self oor die taalbeleid van 'n skool te besluit deur dubbelmedium af te dwing.

In sy teenargument, het senior advokaat Wim Trengove namens die skool en sy beheerliggaam aangevoer dat Mpumalanga se onderwysdepartement geen reg had om die skool se taalbeleid te verontagsaam en dubbelmedium in te stel nie.

"Die magte om die skool se taalbeleid te bepaal, berus uitsluitlik by die beheerliggaam… Die beheerliggaam was andersins verplig om die skool se taalbeleid vas te stel in die beste belang van die skool en die leerders se opvoeding. Dis wat die skool gedoen het," het hy gesê.

Trengove het insgelyks aangevoer dat die geskil oor die toelating van nie-Afrikaanssprekende leerlinge by die skool vermy kon gewees het indien die departement die kwessie van oorbevolking in die Engelsmediumskole aangespreek het, wat daartoe gelei het dat die leerders hulle na Hoërskool Ermelo vir toelating gewend het.

Op hierdie punt het regter Kate O'Regan, een van die linkse Engelstalige regters van die Grondwethof, die "houding van die skool" gekritiseer.

'n Ander senior advokaat, Johan du Toit, het namens die Federasie van skoolbeheerliggame vir Suid-Afrikaanse skole (FEDSAS) opgetree.

Du Toit het gesê dat beheerliggame grondwetlik gemagtig is om die taalbeleid van skole wat hulle dien, vas te stel.

"Artikel 6(2) van die SA skolewet verleen aan skole se beheerliggame die mag om 'n skool se taalbeleid te bepaal. Die liggaam behoort toegelaat te word om dit te doen sonder onregmatige belemmering of verhindering.

"Siende dat die beheerliggaam deur wetgewing tot stand kom, behoort geen ander liggaam daardie funksie te vervul nie, bowenal nie 'n liggaam van onverkose buitestanders soos die tussentydse komitee wat (by Hoërskool Ermelo) oorgeneem het nie," het Du Toit gesê.

Hoofregter Pius Langa het uitspraak in die saak voorbehou.

камины в стиле лофтФільчаков прокурор

Afrikaans kan in die nuwe RSA bestaan, mits…

Dit is opmerklik dat die debat rondom die posisie van die Afrikaner, sy taal en ander grondwetlike regte al meer aandag geniet. So begin die afgelope jare se debat oor die behoud van Afrikaans op alle vlakke polariseer rondom twee standpunte naamlik:

  • Die mees populistiese, aan die een kant, as die proses van onderhandel, deel en leef saam. Dit het al die elemente vir mededeelsaamheid en vreedsame naasbestaan terwyl jy jou eie behou. Dit maak voorsiening vir 'n breë algemene stelsel. Dit is ook 'n argument wat maklik verdedigbaar en sonder potensiële konflik is. Hierdie siening lê klem op die argument dat Afrikaans lewendig is en van krag tot krag gaan. As voorbeeld word die geweldige gewildheid van nuwe Afrikaanse sangnommers, konserte, gedigte en literêre werke vooropgestel. Hierdie siening is gemaklik met die deel van alle opvoedkundige instellings met 'n tweede taal binne parallel- of dubbelmediuminstellings.
  • Die tweede siening is die moeiliker een om te verdedig. Dit het dieselfde potensiaal vir vreedsame naasbestaan met veel wyer beskerming. Dit moet egter bereik word deur wedersydse respek vir die taal, kultuur en godsdienstige verskille tussen etniese, taal-, kulturele en godsdienstige minderhede. Minderhede is die werklike realiteit binne die RSA en dit stel minderheidsregte aan die orde. Alhoewel dit nie in omvang binne die RSA-grondwet beskrywe word nie, is daar genoegsame artikels wat juis hierdie uitgangspunt ondersteun. Hierdie omskrywings dui op die begrip minderheidsregte en kan daar gerus na artikels 6, 9(3), 18, 29(2) (3) en (4), 31(1), 235 en enkele ander binne die RSA-grondwet gekyk word.

Artikel 39(1)b van die RSA-grondwet maak voorsiening daarvoor dat die volkereg in ag geneem moet word by die vertolking van die grondwet. Hierdie bepaling maak die internasionale reg en internasionale resolusies soos "Declaration on the Rights of Persons belonging to National or Ethnic Religious and Linguistic minorities adopted by the General assembly Resolution 47/135 of 18 December 1992" asook die bepalings van konvensies soos "The Provision of Article 27 of the International Convenant on Civil and Political Rights concerning the rights of persons belonging to ethnic, religious and linguistic minorities", van toepassing. Resolusies kan nie, maar konvensionele bepalings kan wel internasionaal binne die internasionale regstelsel afgedwing word. Beide die vorige NP-regering sowel as die huidige ANC regering, het hierdie bepalings onderteken.

Hierdie regte is reeds verskeie kere in die internasionale howe in Genève getoets en is daar reeds 'n verskeidenheid uitsprake hieroor. So het die Rehoboth Bastergemeenskap hulle onlangs op hierdie bepalings, ter beskerming van hulle kulturele regte en skole, teen die Namibiese regering in die internasionale howe beroep.

So lê die populistiese benadering groot klem op die deel van onderwysgeriewe wat net op Afrikaanse skole deur die onderwysdepartement afgedwing word. Dit word amalgamasie of transformasie genoem. Hierdie transformasieproses op Afrikaanse skole het die Afrikaanse enkelmediumskole van meer as ±1,600 in 1993 na net sowat 640 in 2009 verminder, waarvan daar waarskynlik minder as 300 vir Afrikanerstudente oor is. Met die huidige amalgamasieprosesse in die Limpopo- en Noordwesprovinsies in volle swang, sal die Afrikaanse skole binne die volgende jaar heelwat verminder en behoort 2015 die doodsklok vir die laaste van die Afrikaanse enkelmediumskole vir Afrikaners te lui.

Dit het dalk belangrik geword om te kyk waarna ons verwys wanneer ons oor die behoud van ons taal praat.

Afrikaans kan as bloot 'n kommunikasiemiddel gebruik word en dan is die populistiese benadering reg en aanvaarbaar want Afrikaans sal waarskynlik met spesiale maatreëls binne die parallel- en dubbelmediumstelsel tot 'n mate behoue kan bly.

Naas kommunikasiemiddel is daar egter 'n tweede vlak naamlik dat Afrikaans, as taal, ook as die goue draad binne 'n bepaalde etos bestaande uit taal, kultuur en godsdienstige waardes dien. Dit gaan dus oor baie meer as net die behoud van ons pragtige taal as kommunikasiemiddel en word hier 'n vlak van digkuns, sang, literêre werke binne die skatkamer van kultuur betree en bedryf. Dit gee aanleiding tot 'n bepaalde woordeskat en taalgebruik wat Afrikaans meer as net 'n kommunikasiemiddel maak. Beide die Afrikaner en die kleurling het elk 'n besondere etos wat deur Afrikaans as taal aanmekaar geweef is. Binne skole en tersiêre instellings gaan dit juis oor die volhoubare oordra van hierdie totale etos aan die nageslagte van beide groepe.

Derdens het Afrikaans die hoogste vlak van ontwikkeling bereik toe dit uitgebou is tot 'n wetenskaps- en akademiese taal. Die eerste hart is spreekwoordelik in Afrikaans oorgeplant. Ses atoombomme is in Afrikaans gemaak. Sasols is in Afrikaans gebou. Wêrelderkende ontwikkelings van allerlei soorte is in Afrikaans geskep. Afrikaans is uitgebou tot 'n wetenskapstaal met 'n eie omvangryke woordeskat wat in doktorale proefskrifte en gepubliseerde navorsing gebruik is. Grade se voorgeskrewe literatuur en eksamens is op skole en tersiêre vlak in Afrikaans afgelê en op die hoogste vlak gebesig.

Die populistiese benadering doen juis aan die hand dat die wetenskapstaalfase van Afrikaans in totaal bedreig word. In die howe word Afrikaans as spreektaal en vir verslaggewing deur Engels vervang. Februarie 2009 se register vir Hofverwysings het slegs een Afrikaanse gerapporteerde uitspraak bevat wat in die Hoërhof van Appèl gelewer is. Dertien jaar terug was dit meer as 75%. Dieselfde gebeure herhaal hom op al meer terreine en in die besonder in skole en spesifiek binne universiteite waar Engels as wetenskapstaal besig is om Afrikaans vervang.

Navorsing deur dr Bertie du Plessis oor die toestand in skole wat hierdie transformasie ondergaan, toon uitdruklik dat die etos van die bestaande taal-, kultuur- en godsdienstige waardes van sodanige skool binne enkele jare deur die meerderheid se taalgebruik en kultuur verdring word. Te meer as die nuwe taal 'n wêreldtaal is en die uiteindelike meerderheid binne die skool dit besig en aandring op onderrig daarin. By C R Swart-hoërskool het dit 8 jaar geduur en by Laerskool Doringfontein slegs ses weke.

Dr Bertie du Plessis het met onlangse studies en ander navorsing juis die gevolgtrekking gemaak dat terwyl almal die afgelope jare geglo het dat die wit Afrikaanse studente te veel skole en universiteite gehad het vanuit die ou bedeling, die teenoorgestelde juis waar is. Die Afrikaanse skole het sowat 9% van alle skole in 1993 uitgemaak en dit was ook die persentasie van Afrikaanse leerders. In 2008 het die Afrikaanse enkelmediumskole verminder na slegs 5,9% van die aantal skole in die land terwyl die Afrikaanse leerders steeds die sowat 9% peil handhaaf. Hierteenoor het ander bevolkingsgroepe ruim genoeg skole in hulle tale wat proporsioneel vir hulle beskikbaar is.

Du Plessis se bevindige word op onstellende wyse deur dr Kathleen Heugh, voorheen van die RGN, in haar navorsing " Implications of the Stocktaking of Mother tongue and Billingual education in Sub-Sharan Africa" bevestig. Benewens die bevestiging, bevind sy dat sodanige transformasie, binne kulturele verband, 'n totaal negatiewe inslag het met gepaardgaande daling in prestasie en uitkomste. Dit geld vir die hele skoolloopbaan sowel as tersiêr daarna. Hierdie tendens is juis deel van die basis van die nuwe kurrikulum van die onderwysdepartement, wat daartoe bydra dat standaarde in duie stort.

Voeg daarby dat die totale aantal skole in die RSA van ± 28 000 in 1994 na minder as 25 000 in 2008 gedaal het, terwyl die bevolkingsgroei en invloei van vreemdelinge waarskynlik ten minste 1 500 addisionele skole teenoor 1994 se getal nodig maak. Ons het dus maklik met 4 500 skole in totaal agteruit geboer en was die grootste slagoffer hiervan die Afrikaanse enkelmediumskole en universiteite wat die oorwig van getalle moes help absorbeer. Dit is benewens die beleid van verdringing van Afrikaans binne onderwysinstellings wat klaarblyklik deur die onderwysdepartement voorgestaan word, hetsy doelbewus, hetsy dalk verskonend sonder bybedoelings. Hoe sal ons dit weet? Wanneer word Engelse skole verplig om Afrikaanse leerders by hulle in te skakel binne 'n parallel- en/of dubbelmediumstelsel? Of word Indiërskole ook aan transformasie onderwerp? Dit is kwelvrae wat dringende antwoorde soek.

Een van die wesentlike vrae wat egter gevra moet word, is: Mag etniese, kulturele, taal- en godsdienstige minderheidsgroepe binne die nuwe RSA wel aanspraak maak op hierdie minderheidsregte soos 'n eie onderwysministerie met eie onderwysinstellings en wie moet daarvoor betaal? Mag die Afrikaner, die kleurling en Indiërs, as sodanige minderheidsgroepe, hierdie reg binne 'n eie struktuur opeis?

Dit is belangrik om daarop te let dat die hoofmannestelsel wat as die tradisionele leiers binne CONTRALESA bedryf word, juis 'n erkenning van minderheidsregte vir die swart bevolkings verteenwoodig. Hierdie begrip, wat aanvanklik deur die NP-regering ingestel is, word tans deur die politieke partye onderhou terwille van stemme in die verkiesing en politieke beheer oor die landelike swart bevolkings.

Daar is ook ander swart minderheidsgroepe wat vrylik binne die nuwe grondwet erken word en minderheidsregte beoefen. Van hulle is die Black Accountants; die Black Officers Forum in SAPD; die Black Layers Association; die Black Schools Sport Association en vele meer.

Mnr Jacob Zuma se onlangse uitspraak dat die Afrikaner Afrika se wit stam is, word heelhartig ondersteun want die Afrikaner het oor 350 jaar gegroei tot 'n eie etnies-kulturele, taale en godsdienstige minderheid wat, ook as 'n volk, op hierdie minderheidsregte binne die nuwe RSA mag aanspraak maak. Die verdere vraag is of die Afrikaner dit op eie koste, dus uit sy eie sak, moet herbou of was sy bydrae as een van die boupilare van die RSA genoegsaam dat hy hierop binne die erfreg mag aanspraak maak?

Minderheidsregte sluit naas eie onderwysinstellings ook gesondheidsorg, sosiale, kulturele, sport- sowel as godsdienstige strukture in.

Dit het dringend tyd geword dat ons eerlik na die verskeidenheid van ander moontlike oplossings binne die grondwet begin kyk, eerder as om polities korrekte en populistiese uitsprake na te jaag. Uitsprake wat tot praktyke lei wat die etos van die Afrikaner se eie taal-, kultuur- en godsdienstige waardes bedreig.

Die Afrikaner is geregtig op sy eie strukture binne die nuwe RSA en dit hang slegs van die Afrikaner self as groep af of hy dit gaan behou of afskryf. Niemand anders kan dit namens die Afrikaner opeis nie of so het die Afrikaner ook niemand se toestemming nodig nie. Een groep kan dit ook nie namens 'n ander groep opeis nie en die samevoeging van groepe kompliseer die omskrywing en betekenis van die begrip "etniese, kulturele, taal- en godsdienstige minderhede", soos dit in die internasionale reg verwoord word, sowel as die betekenis van die begrip minderheidsregte.

Louis Smuts is direkteur van TABOK en bogaande is op GRA-dag, 14 Augustus 2009, as 'n toespraak gelewer in 'n debat oor die voortbestaan van Afrikaans, aldan nie.

каталог строительных товаровФильчаков прокурор харькова

Taalpessimisme maak mense moedeloos, pendule sal weer swaai

Ek dag ek gooi maar net my mening in. Die taaldebat heers nou weer op Praag en ek kan myself met beide kante vereenselwig, die vrees dat Afrikaans geheel en al sal verdwyn en die wete dat dit tog sal voortbestaan.

Die vrees dat Afrikaans totaal verdwyn, word oorspeel en ek dink ook nie dit het veel waarde nie; dit maak mense net depressief… en die afkraak- en negatiefmaakargument werk nie vir Afrikaners nie. Dit maak hulle negatief en lus om die land te verlaat. Die HNP en KP kwyn nou al vir jare met hulle negatiewe houdings. 'n Positiewe benadering werk beter. Dis beter om vir mense te sê dat ons moet werk daaraan om die pendule vroeg om te draai. Die houding by mense is dan anders; hulle weet dit gaan verander; hulle wil hê dit moet vroeër gebeur; dit maak hulle vol selfvertroue oor hulle argumente en dit maak ander mense meer vatbaar daarvoor.

Afrikaans het baie boeke, skole, tydskrifte en koerante, webwerwe, radiostasies en selfs 'n TV-kanaal. Afrikaans het nie in die Kaap onder Britse beheer uitgesterf nie en dit gaan ook nie onder die Afro-saksers uitsterf nie. Wat wel gaan gebeur is dat ons baie woorde gaan verloor en baie Engelse woorde gaan erf, nie veel anders as wat met die Frans/Hollands-kombinasie aan die Kaap gebeur het nie (behalwe dalk met meer woorde).

Wat belangrik is, is dat ons vir Afrikaners moet benadruk dat dit wel gaan verander, dalk nie nou nie, maar later. Dat dit groot siklusse is waaroor hulle min beheer het en dat dit kom of hulle dit nou wil hê of nie. Dit skep 'n soort afwagting by die een kant en 'n vrees dat hulle onbelangrik en in die moeilikheid gaan wees by die ander kant. Niks soos die vrees vir die onafwendbare om joernaliste geleidelik oor jare heen te swaai nie (soos wat ná die einde van apartheid gebeur het). Eiebelang en werk of geldlike sekuriteit troef vir 95-99% van mense alles.

Dan is dit nou maar eenmaal so dat hierdie goed in siklusse loop. Tans is ons besig om nog te na die lamsakkige geslag (dis nou die skuldig voelende, arme wonderlike swartmense, kom ons praat Engels om almal in ag te neem-groep) oor te slaan, soos wat hulle ouer word en meer invloed verkry. Dit beteken nie dat dit die einde is nie; dit beteken maar net dat ons vir nog 'n ruk moet wag vir die pendule om terug te kom (na my mening het hy reeds in seker opsigte gedraai). Soos die taal nou kwyn, sal hy weer opbloei as ons weer selfregering verkry (soos tydens die vorige taalomwentelings). In baie opsigte het Afrikaans reeds verbeter; daar is baie musiek en kuns wat gepleeg word, baie jongmense wat na Afrikaanse rockgroepe luister, ens.

Ons gaan intussen woorde verloor, maar ons is 'n te groot groep vir die taal om uit te sterf. Ná baie Jode in die 1940s omgekom het, is daar meer van hulle as ooit. Onderdrukking is seker die beste ding vir groei, soos die kunsmatige aanmoediging deur die ou NP die slegste ding daarvoor was. Ek dink ons sal 'n vorm van selfregering binne 15 jaar vekry. Ja, dis lank, maar dis lank want 'n nuwe "nie-skuldige geslag" moet eers grootword en meer mag begin bekom (hier, asook in Europa en die VSA).

Die mode in Europa is om vir minderhede kultuurregte te gee. Ons moet oor die volgende 5 jaar die idee propageer. Ons moenie vir mense vertel dat hulle dit wil hê nie, ons moet hulle vertel dat dit die nuwe wêreldmode is, dat dit vroeër of later gaan gebeur omdat Europa en die VSA dit van lande gaan vereis, net soos hulle tans "demokrasie" vereis.

Dit moet ook duidelik gemaak word dat dit goeie wêreldklasskole (nie Afrikaanse skole nie, maar wêreldklasskiole; hulle gaan toevallig Afrikaans wees) sal beteken en beter veiligheidsdienste. Dit moet ook gepropageer word dat dit nie die voorloper vir afstigting is nie, maar 'n poging om mense beter te integreer (soos in Europa). Die heel belangrikste is dat dit gaan gebeur, vroeër of later; dis onkeerbaar.

насосная станция пожаротушенияОлександр Васильович Фільчаков

Afrikaans mag binne twee of drie geslagte uitsterf

Vrydagaand 14 Augustus (GRA-dag) het ek die onderstaande toespraak gelewer tydens 'n debat oor die toekoms van Afrikaans wat deur die Genootskap vir Handhawing van Afrikaans gereël is. Mnre. Louis Smuts van Tabok en Cornelius Janse van Rensburg van die Vryheidsfront Plus se jeugbeweging het die saak vir die voortbestaan van Afrikaans verdedig, terwyl mnr. Henk van de Graaf van Radio Pretoria ook my pessimistiese prognose vir Afrikaans ondersteun het. Op pad na die Hervormde Kerksaal in Du Toitstraat in die middestad van Pretoria, het ons die indruk gekry dat ons vreemdelinge in die stad was. Terwyl die strate van Pretoria op 'n Vrydagaand wemel van mense, is daar geen blankes of Afrikaners te sien nie. 'n Mens wonder wat Paul Kruger en die oorspronklike stadsvaders daarvan sou gedink het, maar die demografiese transformasie – om 'n gepaste term te gebruik – van Pretoria ondersteun insgelyks my argument, dat Afrikaans sonder een of ander groot poging deur Afrikaners of 'n radikale staatkundige verandering in Suid-Afrika, bestem is om algaande te kwyn en dan uit te sterf.

Sedert Brittanje onder aanvoering van Lord Craig vir die eerste keer die Kaap in 1795 binnegeval het, het Nederlands, of dan die latere Afrikaans, byna konstant verliese van sprekers teenoor Engels getoon. Vandag bestaan daar vele mense in die land met Afrikaanse vanne wat nie Afrikaans magtig is nie. Hulle gaan nooit ‘n Afrikaanse boek lees nie, ‘n Afrikaanse film of TV-program kyk nie en natuurlik sal so ‘n persoon net in buitengewone omstandighede sy of haar kind na ‘n Afrikaanse skool stuur.

Van die groot aantal Afrikaner-emigrante wat sedert 1994 die land verlaat het, kan mens gerieflik sê dat slegs ‘n minderheid se kinders wat in die buiteland gebore is, nog Afrikaans praat. My beste vriend op skool – ek was aan die Hoër Seunskool Helpmekaar in Johannesburg – se kinders verstaan geen woord Afrikaans nie, want hy is met ‘n Engelse vrou uit Natal getroud en agterna het hulle in Londen gaan woon waar hy sedertdien as advokaat praktiseer. Op een van my rare besoek aan hul woning het ek en hy oudergewoonte met mekaar Afrikaans gepraat.

"Daddy, what language is that?" het sy oudste seun in die geselskap gevra. "Dis Afrikaans," het sy pa geantwoord.

Net so hoor mens vele Afrikanerkinders wat binne enkele jare in Australië verengels aan hul Australiese maats sê: "My dad speaks Afrikaans." Maar self het hulle die taal verloor.

Een van die punte wat ek hier gaan benadruk, spreek uit dié voorbeelde: 'n ouer kan moeilik sy eie taal aan sy kind oordra indien die kind in 'n geheel en al anderstalige omgewing grootword. Onlangse studies wat in Kanada gedoen is, het bevind dat 'n groot persentasie kinders van Franssprekende ouers wat buite hul tuisprovinsie Québec grootword, eenvoudig verengels omdat sulke kinders in 'n sogenaamde "see van Engels" opgroei. Kanada, wat tweetaligheid ernstig opneem, anders as die huidige Suid-Afrika wat slegs lippediens aan sogenaamde "meertaligheid" bewys en in wese reeds 'n Engelse staat is, neem tweetaligheid ernstig op. Die staat stel selfs spesiale hulpmiddele en Franstalige skole in Engelse gebiede aan ouers beskikbaar en die bevordering en beskerming van Frans word as 'n belangrike aspek van staatsbeleid beskou.

Franstalige Kanadese of Québecois voel nasionalisties oor hul taal en is oor die algemeen baie taalgetrou, waarskynlik baie meer as Afrikaners. Desnieteenstaande en nieteenstaande tweetalige kommunikasie deur die staat en genoegsame Franstalige skole en amptelike steun vir die Franse kultuur, ondervind ouers buite die Franse gebied van Québec dit toenemend moeilik om hul moedertaal aan hul eie kinders oor te dra, net soos die Afrikaners in Australië, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk en elders. Daar word verwys na "die see van Engels" wat hierdie kinders omring en wat uiteindelik sterker is as die ouerhuis se invloed om die eie kultuur te handhaaf.

Die meeste Afrikaners is trots op hul Dietse of Nederlandse afkoms. Maar as ons praat van taalgetrouheid is Nederlanders wêreldwyd die immigrantegroep wat die vinnigste hul taal verloor. In sowel Australië as Kanada verloor 87% van Nederlandse immigrante in dié lande binne een geslag hul taal!

Redelik gou ná 1994 het ons agtergekom dat die politieke revolusie wat mnr. F.W. de Klerk in sy wysheid ontketen het ook 'n taalrevolusie was. Die ou tweetalige Suid-Afrika, wat ook vir die ontwikkeling van swart streekstale in die ou tuislande voorsiening gemaak het, het 'n Engelse land geword. Binne enkele jare het die grondwetlike illusie dat Afrikaans gelyke status teenoor Engels in die staatsdiens en in die openbaar sou geniet, so te sê soos mis voor die son verdwyn. Die staat doen nie eens moeite om simboliese fieterjasies te handhaaf wat selfs die indruk sou skep dat Afrikaans nog enige amptelike status sou geniet nie.

Duisende jare gelede kon 'n taal oorleef al is hy deur slegs enkele honderde mense gepraat wat aan dieselfde stam behoort het. Afrikaans is egter 'n moderne, ontwikkelde kultuurtaal wat grootliks in die twintigste eeu gestandaardiseer en gevorm is. As sodanig, het Afrikaans – soos enige ander taal ter wêreld – bepaalde elemente nodig wat die werking en voortbestaan daarvan verseker. Ek wil nou poog om sulke elemente te identifiseer:

  1. 'n Taal het sprekers nodig. Afrikaans beskik sekerlik steeds oor sprekers, maar van ons mees opgevoede en geskoolde mense word deur regstellende aksie landuit gedryf. Na raming het reeds 'n miljoen Afrikaners die land verlaat en waarskynlik gaan hulle kinders en kleinkinders hoofsaaklik Engels praat en deel van die 87% Dietse taalsprekers word wat binne een geslag hul taal verloor.
  2. 'n Taal het instellings soos skole, kleuterskole, universiteite, 'n akademie wat die taalreëls vasstel, asook biblioteke, museums en ander bewaringsinstansies nodig. Ná 1994 is feitlik alle staatshulp aan die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns onttrek. Afrikaanse universiteite is deur Kader Asmal saamgesmelt met die uitsluitlike doel om die Engelstalige studente aan die meeste Afrikaanse universiteite in die meerderheid te stel sodat hulle gouer kan verengels. Die Hoërskool Ermelo en vele ander laer- en hoërskole is onderwerp aan dikwels hardhandige maatreëls om hulle op die pad van tweetaligheid en verengelsing te plaas.
  3. Elke taal ter wêreld, selfs groot tale soos Frans, Duits en Spaans wat elkeen oor honderde miljoene sprekers beskik, ontvang staatshulp as dit kom by die befondsing van vertalings, die publikasie van tegniese en literêre boeke, 'n eie film- en TV-bedryf, asook die bevordering van daardie taal in die eie land en internasionaal. Danksy die de facto-status van staatlose taal wat Afrikaans sedert 1994 beklee, ontvang ons geen staatsondersteuning nie en sal enige Suid-Afrikaanse ambassade in die buiteland ons waarskynlik uitlag indien ons vra dat ons taal, letterkunde en kultuur ook elders ter wêreld bevorder moet word, veral onder die groot aantal Afrikaner-emigrante, maar ook onder sprekers van verwante tale soos Nederlanders, Vlaminge en Duitsers.
  4. 'n Taal moet 'n nuttigheids- of handelsfunksie hê, anders sien nóg moedertaalsprekers, nóg vreemdetaalsprekers enige nut in die handhawing of aanleer van die taal. Weereens, in ander tweetalige lande soos België en Kanada, bestaan streng wetgewing wat die swakker ekonomiese taal teen mededinging beskerm. In Vlaandere, die Nederlandstalige gebied van België, word geen Franse reklameborde of ander tekens toegelaat nie. In Québec weer, beskerm die Franssprekendes hulself teen mededinging van Engels en bestaan daar 'n spesiale staatsliggaam wat algemeen as die "taalpolisie" bekendstaan wat sorg dat Frans die heersende handelstaal bly en ook dat geen maatskappy in Québec 'n webwerf aanhou waarop Frans nie voorrang teenoor Engels geniet nie. Hoeveel Afrikanersakemanne in Suid-Afrika adverteer hul produkte of dienste in Afrikaans, wonder ek? Maar ons beskik oor geen taalpolisie of ander staatsinisiatiewe wat die gebruik van Afrikaans in die handel bevorder nie.
  5. 'n Taal het behoefte aan wat ek 'n "regverdige bestel" sou noem. In 'n meertalige land sou dit beteken dat daar 'n behoorlike grondwet en taalwette bestaan wat die staat, die administrasie en die burgers ernstig opneem. Ons het nou al male sonder tal gesien dat ons Engelse staat hom glad nie aan enige reëls steur wat die de facto-hegemonie van Engels sou belemmer nie.
  6. Uiteindelik – en dit is my eie oortuiging ook – is daar 'n verband tussen taal en grondgebied. Die internasionale voorbeelde, soos Vlaandere en Québec, vertel ons dat 'n situasie van taalongelykheid en konstante taalverskuiwing van die ondergeskikte taal na die dominante taal slegs gestabiliseer kan word deur 'n bepaalde gebied aan die taal toe te ken. Selfs kleiner tale of dialekte kan baat by of gered word deur 'n sogenaamde Sprachinsel of "taaleiland", 'n eie gebied wat binne die meerderheidstaalgebied aan so 'n taal of dialek toegeken word. Vir alle praktiese doeleindes beskik Afrikaans oor geen gebied in die land nie, hoewel daar vele dorpe, stede en streke bestaan waar ons taal deur die meerderheid inwoners gepraat word. In dié opsig handhaaf die RSA die ou Sowjetbeginsel waarop Hermann Giliomee reeds gewys het. Russies het in die ou Sowjetunie die "reg van toegang" tot die gebiede van ander tale gehad, maar die omgekeerde het nie gegeld nie. Engels in Suid-Afrika beskik oor die "reg van toegang" tot Afrikaanse gebiede of instellings, maar die omgekeerde geld nie. Waarskynlik is dit 'n biologiese beginsel, maar sonder grondgebied of een of ander vorm van territorium wat op sy eenvoudigste 'n Afrikaanse skool kan wees, kan geen taal oorleef nie. As ons eerlik is, moet ons erken dat Afrikaans hom tans binne Engels-verowerde gebied bevind en kan ons nie eens permanente aanspraak maak op die mees basiese instellings wat vir ons 'n vorm van territorium sou kon bied nie.
  7. In die moderne samelewing speel media natuurlik 'n geweldig belangrike rol. Een van die voordele van 'n eie land, volkstaat of gebied is dat jy nie net die grondgebied beheer nie, maar ook die luggolwe waar jy vrylik uitsaailisensies aan radiostasies en televisiekanale in jou taal kan toeken. Helaas, by gebrek aan 'n gebied, beskik Afrikaners of Afrikaanssprekendes glad nie oor dié voorreg wat vir baie ander taalgemeenskappe wêreldwyd 'n reg is nie. Radio Pretoria, 'n Afrikaanse gemeenskapsradiostasie, moes op eie koste 'n tienjaarlange hofstryd voer vir die reg om in Afrikaans uit te saai. Enige nuwe Afrikaanse stasie of kanaal moet 'n magdom Engelse vorms vir Okosa invul en sal waarskynlik deur die Engelstalige owerheid afgekeur word omdat 'n Afrikaanse medium nie sogenaamd "inklusief" genoeg is nie.
  8. 'n Laaste element waarsonder geen taal kan oorleef nie, is die taalgetrouheid of die taalnasionalisme van sy sprekers. Afrikaans het in die verlede die hindernisse van 'n tweetalige staatsbestel en Engelse oorheersing oorkom omdat die taal deur 'n baie sterk nasionalistiese beweging onder skrywers, taalkundiges, historici, omroepers, dramaturge, filmmakers, onderwysers, predikante en die gewone man op straat gedra is. Tans leef ons in die sogenaamde "globale tydvak" in 'n land wat hom as deel van die internasionale Engelse kultuur sien en daarom per definisie vyandig staan teenoor enigiets wat die staat of sy apologete as "etniese nasionalisme" sou tipeer. Afrikaans of dan Standaardafrikaans of die Afrikaanse kultuurtaal, is die gevolg van 'n nasionalistiese beweging. By gebrek aan so 'n taalnasionalisme, binne 'n reeds Afrikaansvyandige staatsbestel, is dit feitlik 'n uitgemaakte saak dat Afrikaans gaan uitsterf.

Tot dusver het ek agt elemente geïdentifiseer waarsonder geen taal op die duur kan oorleef nie. Ons het gesien dat Afrikaans oor geen van dié elemente wat ander, groter tale onderskraag, beskik nie.

Volgens taalkundiges is daar tans omtrent 5500 tale in die wêreld oor, waarvan sommige Indianetale is wat deur slegs enkele stamme gepraat word. Dieselfde taalkundiges beweer dat 90% van daardie tale in hierdie eeu gaan uitsterf teen die tempo vaon ongeveer een per week. Indien die huidige toestand in Suid-Afrika voortduur, gaan iemand beslis vir Afrikaans tydens een van daardie weke 'n grafsteen oprig, daarvan is ek oortuig.

Afrikaans is op die oomblik soos 'n pasiënt in die vroeë stadium van terminale kanker; hy lyk nog gesond, maar as die dokter – of in dié geval die taalkundige – hom bietjie ondersoek, is al die tekens daar dat ons taal ernstig siek is.

'n Mens hoef maar net Sewendelaan of Villa Rosa op die televisie aan te skakel, of te luister hoe hoërskoolkinders praat, om agter te kom dat baie sprekers van Afrikaans reeds 'n stadium bereik het wat as "oorgangstweetaligheid" bekendstaan.

Konstante taalverskuiwing van een taal na 'n ander lei uiteindelik tot die dood van die taal wat al die sprekers afstaan. Die proses waardeur 'n individu of gesin hul taal verloor, is eintlik baie dieselfde as die manier waarop die taalgemeenskap in sy geheel sy taal prysgee.

Wanneer die kind van 'n Nederlandse immigrant in Australië of Kanada – onthou 87% van hulle verloor hul moedertaal – in die sogenaamde Engelse see grootword, mag hy nog enkele Nederlandse woorde praat wat hy van sy ouers geleer het. Alles in die samelewing rondom hom is egter Engels en hy gaan in Engels skool. Alle komplekse begrippe kan hy slegs op Engels uitdruk. Selfs al praat so 'n kind sy moedertaal, gaan dit gemeng wees want vir 'n groot aantal begrippe, name of uitdrukkings in sy omgewing beskik hy gewoon oor geen terme in sy moedertaal nie. Uiteindelik kwyn die moedertaal en op die ou end bly feitlik niks oor nie. Natuurlik gaan enige kind van die volgende geslag geheel en al die oorspronklike taal verloor het.

Vele sprekers van Afrikaans bevind hulself reeds in 'n toestand van oorgangstweetaligheid. Hulle ken of gebruik nie meer alledaagse Afrikaanse woorde soos "loodgieter", "pragtig" of "polisiestasie" nie. Hulle praat van "plumber", "awesome" of "police station", bloot omdat dit die woorde is wat hulle in hul omgewing – hulle 100% Engelse omgewing – aantref.

Terwyl daar 'n polities korrekte argument bestaan dat die gekleurde sprekers van Afrikaans, veral in die Wes-Kaap, die "toekoms van Afrikaans" verteenwoordig vanweë hul relatief hoë bevolkingsaanwas, is die taalverskuiwing onder Afrikaakssprekende kleurlinge in die groter Kaapstadgebied nog veel erger as onder Afrikaners. In 'n redelik onlangse studie wat deur plaaslike en internasionale taalkundiges word die volgende kommentaar op bl. 95 aangetref:

"English has replaced Afrikaans as the most widely-used home language amongst primary school children in the metropolis, something that could indicate the beginnings of a language shift from Afrikaans." *

Terwyl die meerderheid kleurlingoupas en -oumas in die Kaapstadomgewing Afrikaans-eentalig was, is hul kinders tweetalig. Die huidige geslag kinders het egter nou die oorgang na Engels gemaak. Die proses van taalverskuiwing is reeds aan die gang en terwyl dit onder blanke Afrikaners minder opmerklik is, gaan die huidige verlies aan Afrikaans se hoër funksies in die staatsdiens, die howe, universiteite, banke en ander groot maatskappye en uiteindelik ook die skole verreikende implikasies vir die voortbestaan van Afrikaans hê.

Sonder om alarmisties te wees, moet ons besef: die krisis is baie groter as wat ons dink. Indien die status quo voortduur, gaan Afrikaans binne twee of drie geslagte vir alle praktiese doeleindes uitsterf.

Die skrif is aan die muur vir Afrikaans. Indien ons nie 'n baie groot poging aanwend nie, is dit feitlik onomkeerbaar.

 * Language policy implementation and language vitality in WesternCape primary schools deur Peter Plüddemann, Daryl Braam, Peter Broeder, Guus Extra, Michellé October. Praese Occasional Papers nr. 15, Universiteit van Kaapstad, 2004.

ролики детскиепрокурор Фильчаков

Jonathan Jansen – Naspers se Idols-wenner

Image

Jonathan Jansen se arrogansie word waarskynlik slegs deur sy groeiende boepmaag oortref. Tog snaaks, terloops, hoe swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie so ‘n uitwerking op die voordeeltrekkers daarvan se liggaamsmassa-indeks het. Dink aan “Shrek” Balfour, Tito Mboweni en Jansen self.

Die fatale fout wat Jansen uiteraard maak, is om sy regstellende-aksie-aanstelling met leierseienskappe en diep filosofiese insigte aan sy kant te verwar. Nie net beskou hy homself klaarblyklik as ‘n akademikus van formaat nie, maar ook as een of ander selfaangestelde soort leier van Afrikaners, indien nie ‘n Messiasfiguur wat Afrikaans en Afrikaners moet red nie, soos ek al voorheen uitgewys het.

In Jansen se kop het hy reeds die metamofose ondergaan: van iemand wat ‘n akademiese pos en later ‘n rektorskap by twee Afrikaanse universiteite bloot op grond van sy velkleur ontvang het, tot by die volgende Paul Kruger, op wie se skouers die voortbestaan van Afrikaans kwansuis sou rus.

Daar is wel enkelinge wat Jansen se grootheidswaan ernstig opneem. Jansen se grootste groep aanhangers en juigkommando is Naspers. Met klakkelose heldeverering wat slegs geëwenaar word deur tienjarige dogtertjies se oorblufde bewondering vir Hannah Montana, hang Naspers aan Jansen se iedere woord. Jansen kan kwalik in die stort sing, of dit verskyn as ‘n rubriek in die Beeld of Die Burger.

In ‘n onlangse rubriek, juis in die Beeld, meen Jansen dat Afrikaners hulle houding moet verander. Hy beskou die stryd om oorlewing van die taal klaarblyklik as ‘n gewildheidskompetisie. Iets dus soos gemors-TV – die Idols-kompetisie, byvoorbeeld, waar dit gaan oor hoe mooi jy gegrimeer is en hoeveel die tropvee wat teksboodskappe stuur van jou hou.

Dit is geen geheim wie beide Jansen en Naspers as dié Idols-kompetisie se wenner sien nie. Ja, reg  geraai, dis Jansen met sy pretensieuse ou brilletjie wat aan hom sekerlik na sy eie, onbeskeie mening ‘n sekere gravitas verleen. Jansen wat self glo Engels as huistaal besig, word deur Simon Cowell as Afrikaner-Idol gekroon, met Jan-Jan Joubert wat sy broek moet gaan omruil omdat hy ‘n orgasme van ekstase in die gehoor beleef het.

Ek hoef kwalik aan mede-Afrikaners uit te wys dat iemand soos Jansen beslis te veel tik gerook het. Hy sal nooit, in ‘n miljoen jaar, deur ons vir ‘n leier aangesien word nie. Tweedens hoef ek nie uit te wys dat ‘n oorlewingstryd kwalik ‘n gewildheidskompetisie is nie. Naspers het al vir vyftien jaar lank nie kon asemhaal soos Ton Vosloo en kie. gatgekruip het by die ANC-bewind nie, maar dit het g’n dooie duit vir Afrikaans beteken nie.

Die teendeel is waar: dit is hoog tyd dat Afrikaners baie meer militant en aggressief word in ons stryd. Ons moet die lesse van ons medelandsburgers ter harte neem. Daar is niks wat die ANC-bewind se aandag so vinnig boei soos padversperrings en ‘n klipgooiery nie. Mooi praat en ‘n valse kruipery help net mooi bôkkerôl.

Om af te sluit: alhoewel ek nie geweld voorstaan nie, sou daar min dinge wees wat my sulke diepgaande en blywende genot sou verskaf as iemand wat vir Jansen vierkantig in die gevreet tref met ‘n (groot) melktert, nes iemand ‘n aantal jare gelede vir Bill Gates getref het nie. Sou dit nie wonderlik wees as my dag nooit weer versuur sou word deur Jansen se opperste arrogansie nie?

Laat kommentaar op hierdie rubriek op Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

наборы инструменталобановский александр отзывы

Gee jy nog om vir Afrikaans?

Image

'n Mens kan nie ontken dat 'n wolk van mismoedigheid en magteloosheid toegesak het oor dié wat nog vir Afrikaans omgee nie. Van alle kante word Afrikaans getakel – as dit nie van staatskant is nie, kom dit uit die geledere van Afrikaanssprekendes self, soos Koos Kombuis wat in sy kenmerkende mieksertaal in 'n rubriek in Rapport reken Afrikaans is 'n "pavement special".

Koos se "pavement special" slaan op die gemengde afkoms van Afrikaans. Hy reken Algemeenbeskaafde Afrikaans (die suiwer ras) moet die knie buig vir die "eiesoortige, loslit-Afrikaans" (die basterras) wat in koerante soos Die Son en The Voice gebruik word. Sien, want ons mag nie ons bruin broers en susters onwelkom in ons taalstal laat voel nie. Die feit dat die meeste bruinmense vere voel vir Afrikaans en so gou as moontlik wil verengels, ontgaan hom heeltemal. Die feit dat invloedryke bruinmense Afrikaans aktief by akademiese instellings ondermyn, is blykbaar nie ter sake nie.

Om van iemand soos Koos Kombuis – wat 'n vadoek dra om die werklikheid van sy kaalhoofdigheid te verdoesel – te verwag om verder as sy ingeteelde skuldgevoel en naïwiteit te dink, is egter te veel gevra. Ek los die man en sy brabbeldenke dus maar in die kombuis met sy voorraad doeke … ekskuus … vadoeke.

Waaroor dit egter gaan, is die vraag: Wil die Afrikaner nog vir Afrikaans veg? soos Dan Roodt tereg in 'n onlangse artikel gevra het.

As jy nog omgee, hier is één manier hoe jy kan veg: Jy kan die Hoërskool Ermelo ondersteun in sy stryd vir Afrikaans teen die ANC-regering. 'n Geskiedkundige toetssaak vir Afrikaans vind op 20 Augustus in die Grondwethof plaas.

Mpumalanga se departement van onderwys het na dié hof geappelleer nadat die Appèlhof beslis het dat die skool se beheerraad, en nie die onderwysdepartement nie, die laaste sê oor die taalbeleid van die skool het.

Die onderwysdepartement wil die skool, die enigste Afrikaanse hoërskool in die provinsie, dwing om na parallelmediumonderwys oor te skakel omdat 27 leerlinge toegang tot die skool wil hê en nie in Afrikaans geleer wil word nie. Daar bestaan genoeg Engelse skole in die omgewing waar die kinders in die taal van hul keuse onderrig kan word.

Parallel- en dubbelmediumonderrig is die eerste stap na 'n eentalige Engelse skool of universiteit, soos die dalende getal Afrikaanse onderwysinstansies al duidelik bewys het.

As 27 Afrikaanse leerlinge nou toelating tot 'n Engelse skool soek en aandring dat hulle in Afrikaans onderrig word, wat sal gebeur? Is daar in die hele land 'n enkele voorbeeld van Afrikaanse leerlinge wat by 'n Engelse skool durf vra het om in hul eie taal, wat deur die grondwet gewaarborg word, onderrig te word?

Luister na die geskrewe argument wat die departement by die Grondwethof ingedien het: "We submit that the refusal by the governing body of the school, despite several endeavours to change the language policy so as to be inclusive of other language groupings, and the persistence to retain Afrikaans medium of instruction as an exclusive language policy at the school, has a direct impact on the provisions of … the constitution which prohibit discrimination on the grounds of language.

"We submit, despite the denial by the respondents, that the preservation of Afrikaans language policy at the school at all costs by the governing body demonstrates that the governing body intends to preserve the school exclusively for Afrikaners. This effectively amounts to discrimination directly or indirectly on the grounds of language and accordingly this raises a constitutional issue."

Is dit ironie? Massale selfmisleiding? Die blatantste vorm van vermetelheid denkbaar? Met die fanatisme van 'n Middeleeuse inkwisiteur jag die ANC-regering "rassiste" soos hekse terwyl hy self die flagrantste rassediskrimineerder en skender van taal- en menseregte is.

Die Hoërskool Ermelo het jou hulp nodig om sy saak te verdedig. Dis een skool teen die mag van die hele staat. In werklikheid gebruik die ANC my en jou belastinggeld om ons taal te beveg. (Sal 'n mens lag of sal 'n mens huil?)

Jy kan R10 vir die skool se regskoste skenk deur die woord ERMELO na 38655 te teks. Die burgerregte-inisiatief AfriForum het onderneem om 'n bykomende rand te skenk vir elke rand wat die publiek só bydra.

Ek skenk R100 en ek is 'n arm vryskutter wat sommige maande R0 verdien. Wat gaan jy, wie se gordel nog nie tot by die vierde gaatjie ingetrek is nie, bydra?

Die ANC-regering sal geen rus vir sy siel kry tot hy die blankes en by name die Afrikaner en sy taal uitgeroei het nie: hulle is 'n pynlike doring in sy vlees wat hom voortdurend aan sy onvermoë en agterlikheid herinner. Dié wat nog glo dat Zuma & Kie dit goed bedoel met die Afrikaner, wat nog glo 'n mens moet die man 'n kans gee, se oë sal baie vinnig moet oopgaan.

Watter enkele voordeel het Zuma se aanstelling die Afrikaner en Afrikaans al besorg? Pieter Mulder se aanstelling as adjunkminister van landbou? Wat was die koste in terme van verdere verdeeldheid in die reeds verskeurde Afrikanergeledere?

насосного оборудованияданильченко юрий брониславович прокурор

14 Augustus: n? 134 jaar word Afrikaans weer onderdruk

Image

Soos wat die onderdrukking van Afrikaans onder die toenemend totalitêre ANC-bestel met sy "demonokrasie" toegeneem het, het verskeie Afrikaanse organisasies en individue spontaan begin om 14 Augustus as 'n belangrike datum op die Afrikaanse en nasionale kalender te gedenk.

Vir diegene van my geslag wat in die ou tweetalige Suid-Afrika grootgeword het – en wat eintlik 'n model vir taalbillikheid was, gegewe dat elke tuislandregering ook 'n swart streekstaal kon bevorder – het die Engelse brander wat sedert 1994 oor die land gebreek het as 'n groot skok gekom.

Vandag swyg die regime se media in Afrikaans en veral natuurlik in Engels oor 14 Augustus en die wonderbaarlike verhaal van enkele Afrikaners wat op dié datum in 1875 die besluit geneem het om die wêreld se jongste standaardtaal te begin "skryf soos jy praat".

Die feit dat hulle hulself die "Patriotbeweging" genoem het, het ook geslaan op die sterk Republikeinse opwelling wat in die 1790s onder Kaapse Afrikaners plaasgevind het, toe daar insgelyks 'n politieke Patriotbeweging bestaan het.

Die mate waartoe die geskiedenis hom, veral op taalgebied, in Suid-Afrika herhaal, is eenvoudig verstommend. Terwyl taalregte en taalgelykheid ná Hertzog se taalwet van 1925 in die land byna as 'n gegewe beskou is, het ons in ons tyd weereens die byna kolonialistiese arrogansie van Engelse jingoïsme gesmaak.

Net soos in die verlede en veral die 1940s toe verengelsde Afrikaners die sterkste voorstanders van verengelsing was, beskik ons vandag oor sogenaamde "stryders vir meertaligheid" wat Afrikaans wil marginaliseer en uiteindelik tot 'n stukkie ignoreerbare folklore wil verskraal. Tereg is sulke mense, waaronder die magtige bruin of "swart" akademici – soos hulle verkies om hulself te noem – in hul vername poste aan voorheen Afrikaanse universiteite as Trojaanse perde bestempel wat die uitwissing van Afrikaans met hul mooiklinkende gemeenplase wil verhaas.

Gister skryf prof. Jaap Steyn in Die Volksblad 'n waar woord teenoor juis een van die Trojaanse perde, die Afrikaner- en Afrikaanshater Jonathan Jansen wat teen die "taalhouding van Afrikaners" uitgevaar het: "Jansen praat van die “afdwing” van Afrikaans, maar geen taal is in ons geskiedenis in so ’n groot mate afgedwing as Engels in die afgelope 200 jaar nie – veral nou weer in die laaste vyftien jaar."

Dat Engels vandag in Suid-Afrika afgedwing word, so te sê met wapengeweld, is 'n feit. Sowel die staat- as die korporatiewe sektor ly aan geheueverlies oor die feit dat Afrikaans bestaan. Taalstryders wat bloot logiese vrae oor die illusie dat Suid-Afrika 'n Engelstalige land sou wees, vra, word deur die SAUK en die korporatiewe media doodgeswyg, gesensureer of belaster.

Vandaar die feit dat 'n "nie-Afrikaanssprekende" soos Jansen vandag as die buikspreker en gelukbringer van fascistiese Engelsheid in Suid-Afrika optree.

Afrikaners, asook daardie tweedetaalsprekers of selfs vreemdelinge wat met ons onregverdige en ongelyke stryd meegevoel het, sal moet besef dat ons voortaan veel harder teen 'n magtige en ongenaakbare vyand sal moet veg.

Gegewe die volslae vertrapping van ons taalregte en die graad van etniese suiwering wat daar reeds teen Afrikaners toegepas word, hetsy in die sin dat ons vanuit ons eie instellings geweer word, hetsy in 'n letterlike sin waar gruwelike moorde en verkragtings teen ons gepleeg word, is die natuurreg voortaan aan ons kant.

Ons het die reg om ons teen Engelse taalaggressie te verdedig. En al moet dit uiteindelik uitloop op meer radikale optrede soos die afbrand van Engelse skole, net soos wat die pro-Britse swartes van Johannesburg teen Afrikaans beswaar gemaak het deur hul eie skole af te brand, mag ons nie nou tou opgooi nie.

Een van die lesse van 14 Augustus is dat 'n Gideonsbende in 1875 – teen die hoon en bespotting wat hulle van die destydse Kaapse burgery ontvang het – die strydvlag vir Afrikaans opgeneem het en uiteindelik geseëvier het. Die aantal mense wat vandag Standaardafrikaans liefhet en wil bewaar, is moontlik nie veel groter as in 1875 nie. Hulle verteenwoordig egter die room van ons kultuur en van ons volk.

Dit het tyd geword dat ons die SAUK-TV en KykNet met hul lagwekkende en dom Kreools afskakel en televisielisensies begin boikot. Dis ook hoog tyd dat ons ons onderdrukte, maar steeds aristokratiese en voortreflike taal met skokkende welsprekendheid begin praat, skryf en op die mure begin verf.

Die Britse Ryk kon Afrikaans nie doodmaak nie. Die Nguni-ryk en hul verteenwoordigers vanuit die Engelstalige Ooskus van die land gaan dit ook nie regkry nie.

Solank as wat daar nog "regte Afrikaners" met "Afrikaanse harte" bestaan.

lego киевФильчаков прокуратура харьков