Watter rol speel die geskiedkundige veldslag by Majuba op 27 Februarie 1881 vandag? Dié vraag hou my nogal besig ná verlede naweek se Majuba-byeenkoms wat deur ‘n beraamde 2000 mense bygewoon is (sien foto’s hierby). Saterdagoggend het ek die Majuba-berg saam met honderde ander Majuba-gangers uitgeklim. Bo-op die berg is ‘n groot klomp Engelse soldate
Moenie Afrikaans die skuld gee
Op bladsy 6 van Die Burger van 3 Maart word prof. Wannie Carstens aangehaal as sou hy gesê het: “Ons moenie vergeet dat Afrikaans baie foute in die verlede gemaak het nie.” Ek hoop van ganser harte dat hy verkeerd aangehaal is of dat dit nie is wat hy eintlik wou sê nie. As dit egter
Kritiese besinning oor die nuwe direksie van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument
Op 19 Februarie het Jacques van der Elst, die uitvoerende hoof op die Afrikaanse Taalraad (ATR), op die ATR-webtuiste die nuwe direksie van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) aangekondig: “In ‘n onverklaarbare stap het die Minister van Kuns en Kultuur ‘n Engels-dosent van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie benoem om die leiding te neem
Lees verder: Kritiese besinning oor die nuwe direksie van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument
Gevaarlike gevangene ontsnap
‘n Gevangene wat vandag vir verkragting gevonnnis sou word het vanoggend by die Bloemfonteinse landdroshof ontsnap. Die 35-jarige John Ntseki het glo by die hofsaal uitgehardloop, deur verskeie kantore en deur ‘n venster oor die dak ontsnap. Die polisie se Chaka Marope sê Ntseki is gevaarlik en moenie gekonfronteer word nie. Ntseki is van Batho.
Namibiese plaasmoord: Verdagtes vas
Vyf swart mans wat van die moord op mnr. Reinhard Schmidt op die Namibië Hoodia Jagplaas verdink word, is Dinsdagaand in Windhoek in hegtenis geneem, het die Republikein berig. Hoofinspekteur Samuel Gariseb van die Mariental-polisie het gister gesê die vermeende misdadigers sal vandag na Kalkrand vervoer word waar die ondersoek na die moord voortduur. Gariseb
PUK se skorsing van SR-lid opgehef
Die Noordwes-Universiteit se visekanselier, Dan Kgwadi, is verantwoordelik om die Potchefstroom-kampus se studenteraadvoorsitter, Monica van Schalkwyk, se skorsing uit die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (IVSR) op te hef. Van Schalkwyk se prokureur, Werner Human, sê haar skorsing was onregmatig. Daar is ook geen redes verskaf nie. Human sê sy is geskors, vermoedelik weens ‘n meningsverskil met
Nog ‘n bomdreigement in Gauteng
Nog ‘n bomdreigement is in Pretoria ontvang nadat die Clearwater Mall in Roodepoort Maandag ontruim ontruim moes word vir dieselfde rede. Die Absa-bank in Van der Hoffweg in die weste van Pretoria is Donderdag inderhaas ontruim word nadat die bank se assistentbestuurder omstreeks 11:40 ‘n anonieme oproep ontvang het om te sê dat ‘n bom
Staatsveiligheid wil amptenare wat vir CIA werk uitsnuffel
Die departement van Staatsveiligheid sê bewerings wat op sosiale media gemaak word dat sekere openbare ampsdraers vir die Amerikaanse spioenasiediens, die CIA, werk, sal ondersoek word. Daar word beweer dat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela en sekere opposisieleiers by spioenasie betrokke is. ‘n Woordvoerder van die departement, Brian Dube sê die bewerings is op ‘n
Lees verder: Staatsveiligheid wil amptenare wat vir CIA werk uitsnuffel
Vyf bejaardes sterf, drie kritiek na bussie verongeluk
Drie inwoners van die Bult Aftree-oord in Bultfontein in die Vrystaat is in ‘n kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein. Dit kom ná ‘n ongeluk Donderdag, waarin ‘n bussie waarin die groep gereis het, omgeslaan het ongeveer 6 km buite Bulftontein. Die inwoners was op pad terug van ‘n uitstappie na Florisbad naby Bloemfontein.
Lees verder: Vyf bejaardes sterf, drie kritiek na bussie verongeluk
Minister dreig om huursoldate te laat arresteer
Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gewaarsku dat voormalige SAW-soldate wat as huursoldate in Nigerië optree, in hegtenis geneem moet word wanneer hulle terugkeer huis toe. “Die polisie het ‘n verantwoordelikheid om te verseker dat, as hulle terugkom, die mense in hegtenis geneem word en die [Nasionale Vervolgingsgesag] het ‘n verantwoordelikheid om hulle te
Lees verder: Minister dreig om huursoldate te laat arresteer
