Vyf swart mans wat van die moord op mnr. Reinhard Schmidt op die Namibië Hoodia Jagplaas verdink word, is Dinsdagaand in Windhoek in hegtenis geneem, het die Republikein berig.
Hoofinspekteur Samuel Gariseb van die Mariental-polisie het gister gesê die vermeende misdadigers sal vandag na Kalkrand vervoer word waar die ondersoek na die moord voortduur.
Gariseb kon egter nie gister die name van die verdagtes verstrek nie, maar het gesê drie van die swartes het vermoedelik by Schmidt se huis ingebreek, terwyl die ander twee in ’n motor vir hulle gewag het.
Van die items wat hulle uit Schmidt se huis gesteel het, is intussen gevind en die ander items is vermoedelik reeds verkoop.
Schmidt, ’n Duitse burger en eienaar van die jagplaas buite Kalkrand, is verlede Vrydagoggend dood in sy huis aangetref met sy hande agter sy rug vasgemaak en sy mond en neus met kleefband toegeplak. Die nadoodse ondersoek is nog nie voltooi nie, maar Schmidt het vermoedelik versmoor.
Die mans is vyf dae ná die moord in hegtenis geneem, nadat die polisie en bestuur van die jagplaas met ’n onverpoosde ondersoek die Vrydag begin het.
“Ons is baie dankbaar vir al die hulp en ondersteuning wat ons van die Kalkrand-polisie, plaasbure en die gemeenskap van Kalkrand en Schlip gekry het,” het Schmidt se dogter, dr. Anja Huppertz, Donderdag gesê.
“Die een positiewe ding uit hierdie tragedie is die besef dat daar werklik ’n gemeenskap van wit en swart bestaan wat saamstaan om die land te ontwikkel en sy wettigheid te verseker.”
Huppertz en haar ma, me. Gudrun Schmidt, het van Duitsland na Namibië gevlieg ná die nuus van die moord. Huppertz sê haar ouers het 40 jaar gelede Namibië besoek en omdat hulle lief vir die land geword het, wou hulle nog altyd ’n plaas hier koop. Schmidt was die eienaar van die Reinhard Schmidt Lennestadt RSL GmbH maatskappy in Duitsland wat die hoofverskaffer van plastiese en metaalinspuiters vir General Motors, Volkswagen, Ford en tot ’n minder mate BMW was. Die maatskappy het ook produksieaanlegte in Spanje, Portugal en Kanada gehad.
Schmidt word Maandag op die plaas begrawe.

Goeie werk! Daar word tenminste moeite gedoen om die skuldiges aan te keer – anders as hier.
Dit bly egter ‘n hartseer gebeurtenis. Die een klein ligpunt is dat hierdie barbaarse optrede al meer en meer die wêreld in verkondig word. Dit kan nie vir ewig stil bly nie.
ja Rooikop goedemorgen. Vorig jaar werd ook nog een oude Duitser op een plaas in SA vermoord. En of die daders opgespoord en AFDOENDE gestraft zijn ?
Mij benieuwen wat de straf wordt voor deze Namibische terroristen en of daar ook een werking vanuit gaat als onlosmakelijk deel van ; “wit en swart bestaan wat saamstaan om die land te ontwikkel en sy wettigheid te verseker.”
Hulle sukkel om te verwerk dat blankes suksesvol kan wees. Hulle staan eerder op die sypaadjies en vrot vleis verkoop.