Elf mense is dood in ‘n busongeluk op die N1 naby die Capricorn-tolhek in Limpopo. Die polisie sê die bus het in ‘n motor vasgery nadat dit ‘n vragmotor verbygesteek het. ‘n Polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê vyf insittendes van die motor en ses buspassasiers is dood. Beseerdes is na die Utsogwa-hospitaal geneem. Volgens Mulaudzi is
Kamer van Koophandel steun e-tol
Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Neren Rau, het sy lede gevra om met die e-tolstelsel saam te werk wanneer dit in werking gestel word. Die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, het vroeër die week aangekondig dat die multimiljardrandse projek op die derde van aanstaande maand ‘n aanvang sal neem.
Gautengse wetgewer erken Kleinfontein as kultuurgemeenskap
Die Gautengse Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid sê hy kan geen bewyse vind dat swart polisielede wat nie Afrikaans kan praat nie, toegang tot Kleinfontein buite Pretoria geweier word nie. Afrikaners elders in die land het die erkenning van Kleinfontein as kultuurgemeenskap deur die Gautengse Wetgewer verwelkom Kleinfontein het vroeër vanjaar nuus gemaak omdat dit ‘n Afrikanerdorpie
Lees verder: Gautengse wetgewer erken Kleinfontein as kultuurgemeenskap
SANEF sal aanhou om foto’s van Nkandla te plaas
Die Nasionale Redakteursforum, SANEF, sê die media sal voortgaan foto’s van Nkandla te publiseer. SANEF sê foto’s van veiligheidskenmerke van die opgraderings aan President Jacob Zuma se privaatwoning op Nkandla in KwaZulu-Natal wek aansienlike openbare belangstelling, en daarom sal hulle voortgaan om dit af te neem en te plaas. Suid-Afrika se veiligheidsgroepering het vroeër aangedui dat
Lees verder: SANEF sal aanhou om foto’s van Nkandla te plaas
Twee OTM’s in Kaapstad opgeblaas
Die polisie soek na twee verdagtes wat Donderdagoggend twee OTM-masjiene in Brackenfell, Kaapstad opgeblaas het. Die gewapende mans het die OTM’e by die Glengarry-winkelsentrum opgeblaas, maar het met leë hande gevlug. Volgens die polisie het die mans twee van die winkelsentrum se veiligheidswagte in die sentrum se parkeerarea vasgebind. Vier ploftoestelle het ontplof en ooggetuies
Straatsmouse vas oor Mandela-fliek
Twee buitelanders is in Randburg noord van Johannesburg vasgetrek nadat hulle na bewering roofkopieë van ‘n nuwe fliek oor Mandela verkoop het. Die polisie het egter vasgestel dat die roof DVD’s die titel van ‘n nuwe Amerikaanse rolprent gebruik, maar die inhoud verskil totaal van die film. Die straatsmouse het dokumentêre programme van oudpresident Nelson
Haelstorm verwoes Ceres-oes
Boere in die Witzenberg-distrik – wat Ceres, Tulbagh, die Koue Bokkeveld, Wolseley en die vallei insluit – se drome van ’n goeie oes is verlede Vrydag deur ’n haelstorm verwoes. Die Burger berig dat tussen R150 miljoen en R200 miljoen se skade in Ceres deur hael aan boere se appel- en peer-oeste aangerig is. Dié
Mosambiek stem sonder Renamo
Stemmery in Mosambiek het grooliks vreedsaam verloop in gister se verkiesing te midde van spanning en sporadiese voorvalle van geweld wat die afgelope tyd tussen die regering en die opposisieparty Renamo voorgekom het. Renamo het die verkiesing geboikot. In sommige gebiede het ongerymdhede voorgekom en die Verkiesingskommissie het aangekondig dat die uitslag in die Nampula-provinsie
Regstappe teen Indiër-kontrakteurs van Tongaat-gebou
Die ondervoorsitter van Cosatu in KwaZulu-Natal, Beauty Zibula, het gevra dat regstappe teen die kontrakteurs van die winkelsentrum by Tongaat noord van Durban ingestel word. Die Indiër-kontrakteurs se konstruksiewerk het inmekaargestort nadat werkers op die perseel aangedui het dat die beton nie “hard” was nie. Die werkers het ‘n gerammel soos donderweer gehoor, waarna die
Lees verder: Regstappe teen Indiër-kontrakteurs van Tongaat-gebou
Ons wit olifant
Deur Johann Theron. Die Kerk-Staat skeiding word alreeds oor eeue bespreek. Wikipedia wys die “Flushing Remonstrance” van 1657 was ‘n publieke beswaar teen Peter Stuyvesant se Staat van “New Netherland”, wat net een kerk toegelaat het nl. Die NG Kerk. Die gedagte agter een Kerk was onder andere om welsyn te konsolideer. Maar in teenstelling
