Stemmery in Mosambiek het grooliks vreedsaam verloop in gister se verkiesing te midde van spanning en sporadiese voorvalle van geweld wat die afgelope tyd tussen die regering en die opposisieparty Renamo voorgekom het.
Renamo het die verkiesing geboikot.
In sommige gebiede het ongerymdhede voorgekom en die Verkiesingskommissie het aangekondig dat die uitslag in die Nampula-provinsie in die noorde van die land teruggehou sal word weens ‘n fout op die stembrief.
Stemmery in die gebied sal herhaal word. In sommige gebiede het kiesers meer as een keer gestem of vertragings het voorgekom. – RSG
