Elf dood toe bus vragmotor verbysteek

Elf mense is dood in ‘n busongeluk op die N1 naby die Capricorn-tolhek in Limpopo. Die polisie sê die bus het in ‘n motor vasgery nadat dit ‘n vragmotor verbygesteek het. ‘n Polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê vyf insittendes van die motor en ses buspassasiers is dood. Beseerdes is na die Utsogwa-hospitaal geneem. Volgens Mulaudzi is

Lees verder: Elf dood toe bus vragmotor verbysteek

Kamer van Koophandel steun e-tol

Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Neren Rau, het sy lede gevra om met die e-tolstelsel saam te werk wanneer dit in werking gestel word. Die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, het vroeër die week aangekondig dat die multimiljardrandse projek op die derde van aanstaande maand ‘n aanvang sal neem.

Lees verder: Kamer van Koophandel steun e-tol

Gautengse wetgewer erken Kleinfontein as kultuurgemeenskap

Die Gautengse Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid sê hy kan geen bewyse vind dat swart polisielede wat nie Afrikaans kan praat nie, toegang tot Kleinfontein buite Pretoria geweier word nie. Afrikaners elders in die land het die erkenning van Kleinfontein as kultuurgemeenskap deur die Gautengse Wetgewer verwelkom Kleinfontein het vroeër vanjaar nuus gemaak omdat dit ‘n Afrikanerdorpie

Lees verder: Gautengse wetgewer erken Kleinfontein as kultuurgemeenskap

SANEF sal aanhou om foto’s van Nkandla te plaas

Die Nasionale Redakteursforum, SANEF, sê die media sal voortgaan foto’s van Nkandla te publiseer. SANEF sê foto’s van veiligheidskenmerke van die opgraderings aan President Jacob Zuma se privaatwoning op Nkandla in KwaZulu-Natal wek aansienlike openbare belangstelling, en daarom sal hulle voortgaan om dit af te neem en te plaas. Suid-Afrika se veiligheidsgroepering het vroeër aangedui dat

Lees verder: SANEF sal aanhou om foto’s van Nkandla te plaas

Twee OTM’s in Kaapstad opgeblaas

Die polisie soek na twee verdagtes wat Donderdagoggend twee OTM-masjiene in Brackenfell, Kaapstad opgeblaas het. Die gewapende mans het die OTM’e by die Glengarry-winkelsentrum opgeblaas, maar het met leë hande gevlug. Volgens die polisie het die mans twee van die winkelsentrum se veiligheidswagte in die sentrum se parkeerarea vasgebind. Vier ploftoestelle het ontplof en ooggetuies

Lees verder: Twee OTM’s in Kaapstad opgeblaas

Straatsmouse vas oor Mandela-fliek

Twee buitelanders is in Randburg noord van Johannesburg vasgetrek nadat hulle na bewering roofkopieë van ‘n nuwe fliek oor Mandela verkoop het. Die polisie het egter vasgestel dat die roof DVD’s die titel van ‘n nuwe Amerikaanse rolprent gebruik, maar die inhoud verskil totaal van die film. Die straatsmouse het dokumentêre programme van oudpresident Nelson

Lees verder: Straatsmouse vas oor Mandela-fliek

Haelstorm verwoes Ceres-oes

Boere in die Witzenberg-distrik – wat Ceres, Tulbagh, die Koue Bokkeveld, Wolseley en die vallei insluit – se drome van ’n goeie oes is verlede Vrydag deur ’n haelstorm verwoes. Die Burger berig dat tussen R150 miljoen en R200 miljoen se skade in Ceres deur hael aan boere se appel- en peer-oeste aangerig is. Dié

Lees verder: Haelstorm verwoes Ceres-oes

Mosambiek stem sonder Renamo

Stemmery in Mosambiek het grooliks vreedsaam verloop in gister se verkiesing te midde van spanning en sporadiese voorvalle van geweld wat die afgelope tyd tussen die regering en die opposisieparty Renamo voorgekom het. Renamo het die verkiesing geboikot. In sommige gebiede het ongerymdhede voorgekom en die Verkiesingskommissie het aangekondig dat die uitslag in die Nampula-provinsie

Lees verder: Mosambiek stem sonder Renamo

Regstappe teen Indiër-kontrakteurs van Tongaat-gebou

Die ondervoorsitter van Cosatu in KwaZulu-Natal, Beauty Zibula, het gevra dat regstappe teen die kontrakteurs van die winkelsentrum by Tongaat noord van Durban ingestel word. Die Indiër-kontrakteurs se konstruksiewerk het inmekaargestort nadat werkers op die perseel aangedui het dat die beton nie “hard” was nie. Die werkers het ‘n gerammel soos donderweer gehoor, waarna die

Lees verder: Regstappe teen Indiër-kontrakteurs van Tongaat-gebou

Ons wit olifant

Deur Johann Theron. Die Kerk-Staat skeiding word alreeds oor eeue bespreek. Wikipedia wys die “Flushing Remonstrance” van 1657 was ‘n publieke beswaar teen Peter Stuyvesant se Staat van “New Netherland”, wat net een kerk toegelaat het nl. Die NG Kerk. Die gedagte agter een Kerk was onder andere om welsyn te konsolideer. Maar in teenstelling

Lees verder: Ons wit olifant