Die SAPD in Gauteng het op die lyke van agt onwettige mynwerkers Sondagaand in ’n goudmyn by Benoni afgekom nadat hulle deur mynpersoneel ontbied is. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê twee van die lyke was ondergronds. “In die stadium is die motief vir die moorde onbekend. Al agt is in die bolyf
Afrikaans op Stellenbosch: van bakermat tot vloerlap
Ek wou vandag eintlik graag oor ander onderwerpe as Afrikaans en die Universiteit Stellenbosch (US) geskryf het. As ek uitstel, sou my reaksie op onlangse berigte egter inboet aan aktualiteit. Sowel Afrikaans as die US is vir die Afrikanersaak so belangrik dat ek verplig voel om nog ‘n rubriek hieraan te wy. Die US het
Lees verder: Afrikaans op Stellenbosch: van bakermat tot vloerlap
Watermonsters by Bloemhof toon nalatige rioolbesmetting
Uitslae van toetse op watermonsters wat by Bloemhof in Noordwes ingesamel is, toon dat die munisipaliteit nalatig was toe drinkwater met riool besmet is. Die burgerregte-groep AfriForum het die toetse aangevra nadat drie babas dood is weens die vuil water. Die toetse het bevestig dat die water uit die Vaalrivier besmet was. AfriForum het die
Lees verder: Watermonsters by Bloemhof toon nalatige rioolbesmetting
Opod ondersoek skerppuntaksie by Barberton
Die ondersoek deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat na die polisie op oproermakers gekiet het in Barberton, is aan die gang. Die direktoraat sal bewerings ondersoek dat die polisie skerppuntammunisie tydens gewelddadige protesoptrede by die Emjindini-trust gebruik het. Een persoon is in die maag geskiet toe die polisie op oproeriges geskiet het. Vyf mense is later in
Korrektiewe dienste sloer oor voorvadergeeste by Derby-Lewis-aansoek
‘n “Onvolledige” voorlegging om mediese parool, is klaarblyklik die rede waarom Clive Derby-Lewis se aansoek sloer. Derby-Lewis het op 2 Mei aansoek om mediese parool gedoen. Die departement van korrektiewe dienste het as rede aangevoer dat die dokumentasie nie “korrek” ingevul is nie. Die prokureurs van Derby-Lewis gaan nou die Hooggeregshof nader om die departement
Lees verder: Korrektiewe dienste sloer oor voorvadergeeste by Derby-Lewis-aansoek
Malema-klug gaan voort
Die Ekonomiese Vryheidsvegters is in die parlement om ‘n rewolusie te ontketen, nie om reëls te volg nie, sê die leier van die party, Julius Malema. Hy het gesê hulle sal nie duld dat die rewolusie ondermyn word deur konvensies wat deur kolonialiste en imperialiste geskep is nie. Sy ondersteuners het Vrydagmiddag ‘n betoging buite
Familie van vermoorde raadslid verloor vertroue in regspleging
Die familie van die vermoorde Rustenburgse raadslid, Moss Phakoe, sê hulle het vertroue verloor in die land se regstelsel, het RSG berig. Dit volg nadat die Noordwes Hooggeregshof gister die skuldigbevinding en vonnis van die voormalige burgemeester van Rustenburg, Matthew Wolmarans en sy lyfwag, Enoch Matshaba ter syde gestel het het. Hulle is in 2012
Lees verder: Familie van vermoorde raadslid verloor vertroue in regspleging
VSA militêre raadgewers na Irak terwyl Brent-ru-olie styg
Die Amerikaanse president, Barack Obama het aangekondig dat 300 Amerikaanse militêre raadgewers in Irak ontplooi is. Die raadgewers sal die oorloggeteisterde land se weermag van raad te bedien oor hoe om weerstand te bied teen ‘n militante opmars van ISIS. Die hoofsaaklik Shi’itiese regering is midde in ‘n sektariese stryd met die Sunni-militante groep bekend
Lees verder: VSA militêre raadgewers na Irak terwyl Brent-ru-olie styg
Potch verwerp Wessels-verslag
Die Noordwes-Universiteit (NWU) van Potchefstroom het die omstrede Wessels-verslag oor die Nazi-saluut verwerp. Die universiteitsraad het Donderdag vergader en sal Vrydag weer byeenkom om die verslag van dr. Leon Wessels se taakspan, wat die NWU se “institusionele kultuur” ondersoek het, te bespreek. Prof. Herman van Schalkwyk, Potchefstroomse kampusrektor, het die gebrekkige verslag veroordeel. ‘n Minderheidsverslag wat
Duitsland gee geld om geweld in SA hok te slaan
Die Wes-Kaapse regering het ‘n ooreenkoms ter waarde van meer as R70 miljoen met die Duitse Ontwikkelingsbank onderteken, het RSG berig. Die doel van die ooreenkoms is om geweld in die provinsie hok te slaan. Die premier, Helen Zille, sê dit is deel van die ooreenkoms van ses miljoen Euro tussen Duitsland en Suid-Afrika wat
Lees verder: Duitsland gee geld om geweld in SA hok te slaan
