Die Noordwes-Universiteit (NWU) van Potchefstroom het die omstrede Wessels-verslag oor die Nazi-saluut verwerp.
Die universiteitsraad het Donderdag vergader en sal Vrydag weer byeenkom om die verslag van dr. Leon Wessels se taakspan, wat die NWU se “institusionele kultuur” ondersoek het, te bespreek.
Prof. Herman van Schalkwyk, Potchefstroomse kampusrektor, het die gebrekkige verslag veroordeel.
‘n Minderheidsverslag wat mbv prof. Rikus Fick, studentedekaan, en Janco Jordaan, voorsitter van die studenteraad, opgestel is, moet as bylae tot die sogenaamde Wessels-verslag gevoeg word, meen die rektor.
Daarin verduidelik hulle breedvoerig hoe die omstredenheid om die gebruik van die Nazi-saluut hanteer is.
“Dit is moeilik om die foto’s (van die saluut) akkuraat te vertolk sonder om die nodige konteks in ag te neem,” lui die verslag. “Meeste foto’s is grepe uit gechoreografeerde bewegings en die studente se aksies was vir seker nie as ’n Nazi-saluut bedoel nie.”
Beeld het vroeër berig aanbevelings word in die verslag gedoen oor die institusionele kultuur en ingrypings op die Puk-kampus, maar dit is onwaarskynlik dat die Wessels-verslag openbaar gemaak gaan word.
Daar is reeds dreigemente van regsoptrede sou die verslag bekend gemaak word.

Al wat ek kan sê is dat ek die Afrikaan saluut tussen ‘n triljoen salute uit herken – die alombekende BAKHAND – “help ons asseblief my baas” saluut.
Ek gaan nou ophou om jou te komplimenteer – net nog dié een keer 😉
Afrikaan saluut – bakhand … SKERP !
Jy ken die kuns om mens verleë te maak. (Goed bedoel hoor)
Nee holhand.
Wat ek wil weet, waarom is daar sulke streng beheer oor die verslag dat dit nie bekend gemaak mag word nie.
Iets het weer n sterk ROT reuk hier, en dit vrot alweer behoorlik.
Ruik jy nie dalk ‘n holhand nie? Hier by ons ruik die rotte na niks nie… 😉
Jaaaaa Boet. Dit is seker laventel rotte.
‘n Rot ruik op sy beste so goed soos sy gasheer… Waar ek woon ruik die rotte beslis nie na hoender-koeëls – nog na Chinese laventel nie. 😉
Wat van die vuis omhoog swart mag teken (ons weet almal hoekom die hand toe is) en die nuwe ding wat ek agter op motorvoertuie sien saam met die woord “KWAAL” – lyk amper soos iemand wat iets wil doodknyp.
Die storie is seker nou al snui fgetrap. Tog wil ‘n mens vra of studentestreke (Nazi-salute ens) nou werklik die basis kan wees vir beleidsvorming oor die aard en toekoms van ‘n Universiteit. Selfs die Britse prins, Harry, vir wie die Nasionale Pers so lief is, was as student in ‘n soortgelyke relletjie betrokke toe hy by ‘n studentegeleentheid ‘n Nazi-univorm, kompleet met Swastika aangehad het. (Kyk The Guardian van 13/01/05). Ek kan nie onthou dat die Britte toe ‘n beleidsbesluit geneem het om Engels aan Britse universiteite af te skaf nie.
Hier by hierdie PUK is daar nog ten volle opgeleide personeel met meestersgrade en doktors grade wat hulle self deur hulle eie navorsing verdien het en in hulle poste aangestel is op meriete, en hier gaan kwaaddoeners en vernielsugtiges hulle vasloop teen ware akademici met
uitnemendheidsvermoë in hulle vakgebied – nie kwasi geleerdes op n seepkissie met
n afgewaterde menings nie.
Mensig sal ek wat wou gee om nou in hierdie tydvak n nagraadse student te gewees het in die regs fakulteit van die PUK!
Blou ou weasels se verslag word nou as “gebrekkig” afgemaak. Hy het sy werk nie na behore gedoen nie, seker gedink dit is ‘n gedane saak!
Pop goes the weasel.
Die Skewe Beeld, ne Ernie?
Mense wat die PUK ken het hulle bewusteloos gelag vir die
Beeld se deursigtige storie oor die PUK. Dit is mos nou vir selfs die gewone
man op straat duidelik dat Adriaan Basson en sy “vriendin” Hanlie opdrag gekry
het om die PUK aan te val namens hulle base sodat die PUK se standaard ook kan
gedegradeer word tot gelyk met die ander universiteite wat alreeds reggestel is
tot op derdewereld standaard.
Sowaar Adriaan kon jy en Hanlie regtig nie n beter storie
uitgedink het as die Nazi saluut nie – julle het darrem nou so wragtie julle
naam met n plank geslaan as rerig onnosel.
Die PUK behoort ook die vermoë van die 68 jarige Leon Wessels se staat as compos mentis om so n ondersoek te lood bevraagteken en op bewyse daarvan aan te dring.
Ek skaam my dood as Drogbeeld my vir enigiets nomineer.
Leon Wessels moes die fulgêre en afskuwelike Nazi tradisie van Potch se studentepret ondersoek… Dit gaan vir jare al so met stilswyende seen van die ex Kokkedoor dekaan Bokryer Eloff.
Dis nou vir jou ‘n taai tamaletjie vir tandlose Wessels.!! en Eloff het gevlug.
WANT
Die onbeskryflike afskuwelikheid van die Nazis is absoluut ondenkbaar erg soos wat RT dit weereens aan die orde gebring het in die huidige Oekraine gemors; die nalatenskap van die diabolise Nazis
Hoe mal kan grootsheidswaansin word? Wat kan erger satanisme wees Marx of Nietzche of die Boere Baalkultus?
Hmm?
Vergeet van die kernkwessie:
…”Wat kan erger satanisme wees Marx of Nietzche of die Boere Baalkultus…” of Islamitiese Barbarisme?
Laat Christus se lig in die duisternis skyn…….