Twee swartes wat verbind word met die dood van die Potchefstroomse beesboer Koos van der Leeuw, sal na verwagting vandag uitvind of hulle borgtog toegestaan is. Die ander twee beskuldigdes het verkies om nie om borgtog aansoek te doen nie. Die 68-jarige Van der Leeuw is in Augustus in die kop geskiet tydens ‘n rooftog
EFF en Madonsela se samewerking gekritiseer
Die EFF het hul samewerking met die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, verdedig nadat Madonsela as ‘n derde party tot hulle Grondwethofsaak toegetree het. Die regerende party het vroeër sy kommer uitgespreek omdat Madonsela haar by die EFF skaar in die party se saak teen president Jacob Zuma. Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani het gesê
Boko Haram slaan toe in Tsjad en Kameroen
Dubbele selfmoordbomaanvalle Sondag het die lewe van minstens nege mense in die verre noorde in Kameroen geëis, ’n dag nadat driedubbele ontploffings in Tsjad die dood van 41 mense veroorsaak het. Boko Haram word vir die naweek se geweldpleging verantwoordelik gehou, het AFP berig. Albei lande is deel van die streekskoalisie wat teen die militante
Tunisiërs wen Nobelvredesprys vir Arabiese Lente
Tunisië se Nasionale Dialoogkwartet het Vrydag die Nobelvredesprys gewen vir sy bydrae om demokrasie te bevorder. Die Arabiese Lente in Tunisië, is deur die Nobelkomitee voorgehou as ‘n voorbeeld van vreedsame oorgang in ’n streek wat onder geweld en opstand gebuk gaan. Die kwartet, bestaande uit die Tunisiese algemene werkersvakbond, die konfederasie van nywerheid, handel
Lees verder: Tunisiërs wen Nobelvredesprys vir Arabiese Lente
Associated Press val Trump se bestuurstyl aan
Donald Trump is in die visier van die Lobby in die VSA, klaarblyklik weens sy stygende gewildheid. Trump loop los voor in die Republikeine se benoemingstryd. Die direkteure van ‘n luukse eiendomsontwikkeling wat die Trump-handelsmerk dra, het sy glo maatskappy afgedank oor beweringe van “wanbestuur en oorbesteding asook onbekende bedrae aan bonusse wat uitbetaal is”,
Indiese president besoek Palestina te midde van geweld
‘n Palestynse moeder en haar driejarige dogter is Sondag dood in ’n Israelse lugaanval in Gasa. Dié Israelse lugaanval kom na ‘n reeks beweerde mesaanvalle deur Palestyne. Volgens die Israelse polisie het hulle gekeer dat ’n motorbom Jerusalem bereik deur ’n lugaanval in Gasa uit te voer. Palestyne betwis dit egter en meen ’n brand
Lees verder: Indiese president besoek Palestina te midde van geweld
Swendelaars teiken selfoongebruikers met ‘lotto’ beloftes
Swendelaars het ‘n SMS-foefie uitgedink waarmee hulle goedgelowiges besteel. Selfooneienaars moet veral bedag wees op die ‘Jy is ’n wenner’-slenter. ’n Boodskap per e-pos of SMS word gestuur om te sê dat jy die wenner van die ‘VSA lotto’ is, al wat jy moet doen is om ’n bedrag oor te plaas in ’n rekening
Lees verder: Swendelaars teiken selfoongebruikers met ‘lotto’ beloftes
Fopverslag steek MH17 dieper in die doofpot
Nederlandse navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat die Maleisiese vlug MH17 afgeskiet is deur ‘n “Russies-vervaardigde Bukmissiel, afgevuur deur rebelle in Oos-Oekraïne”, het ‘n Nederlandse dagblad, die Volkskrant, Dinsdag berig. Die finale verslag is amptelik onthul by ‘n Nederlandse militêre basis by Gilze Rijen waar joernaliste verbied is om vrae te stel. Die Boeing
Skoppensboer: Obama en Mandela wen Nobelprys vir ‘n tweede keer
In ‘n verrassende skuif het die Nobelpryskomitee sy vorige besluit hersien en die 2015 Nobelprys vir Vrede gesamentlik aan die Amerikaanse president Obama en postuum aan Nelson Mandela toegeken. “Die besluit was nie ‘n maklike een nie,” het ‘n woordvoerder van die Noorse Nobelpryskomitee verduidelik. “Beide Obama en Mandela het bygedra tot globale vrede!” ‘n
Lees verder: Skoppensboer: Obama en Mandela wen Nobelprys vir ‘n tweede keer
Aartsbiskop voor vir albino-moord
Die Aartsbiskop van die Sioniste Kerk, Bhekukufa Sambonga Gumede en nog drie mense verskyn vandag in die Manguzi-landdroshof in KwaZulu-Natal vir die moord op ‘n 21-jarige albino meisie. Thandazile Mpunzi is verlede jaar vermoor en haar liggaam is geskend. Die biskop het glo drie mans gehelp om die liggaam te skuif en self sekere liggaamsdele
