By die Senaatskomitee oor buitelandse betrekkinge waar Kerry die saak vir president Barack Obama se plan om Sirië aan te val gestel het, het Kerry beweer dat die gewapende opposisie “toenemend deur sy gematigheid en uitgebreide lidmaatskap gekenmerk word, hulle gehoorsaamheid aan demokratiese prosesse, inklusiwiteit en ‘n grondwet wat minderhede beskerm”. “En die opposisie word
Talewet geminag in staatsdiens
Die VF Plus het enkele weke gelede met ‘n geskrewe vraag die onderverteenwoordiging van Afrikaans in die staatsdiens belig en veral in sekere afdelings van die department van handel en nywerheid waar nie ‘n enkele Afrikaanssprekende personeellid is nie. Die nuwe Talewet laat die gevaarligte nou rooi flikker vir die oorlewing van Afrikaans by staatsinstellings,
Veestropers wat miljoene se beeste buit, voor
‘n Vermeende veedief, wat klaarblyklik in drie provinsies bedrywig was, verskyn vandag in die Modimole landdroshof. Die vee wat in Limpopo, Gauteng en Noordwes gesteel is beloop sowat R2,1 miljoen. Volgens die polisie het ‘n boer van Beestekraal in Noordwes in Junie vanjaar beeste ter waarde van R270 000 verloor en ‘n jaar vroeër ‘n
Swart bestuurder wat Thomas Ferreira omry, weer voor
Die swart motorbestuurder van die Gautengse LUR vir behuising het weer verskyn in die Krugersdorpse landdroshof op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, en dat hy nie ‘n beseerde persoon gehelp het nie. Die saak hou verband met ‘n ongeluk in 2011 toe Motsami Semitje in ‘n ongeluk betrokke was waarin Thomas Ferreira, wat op
Lees verder: Swart bestuurder wat Thomas Ferreira omry, weer voor
Wilgehof: Klaer vas vir winkeldiefstal
Die wit pa wat ‘n rasseherrie by die Laerskool Wilgehof begin het, Craig Thiem, het toe nie opgedaag vir sy afspraak met die skool se beheerraad nie. Hy sou by dié geleentheid die beweerde rassisme van onderwysers in die skool wat hy in ’n ellelange brief uiteengesit het, met die beheerraad bespreek het, berig die
‘Boere moet nie paniekerig raak oor radikale grondhervormingsuitsprake nie’
Max du Preez het die “disinformasie, swak analise en politieke opportunisme” van instansies soos die Afrikanerbond en sekere ANC-faksies, skerp gekritiseer en gesê dit vertraag konsensus oor grondhervorming. Du Preez het die Afrikanerbond as “erg onsensitief, en aanstootlik in sy a-historiese ontleding van grondeienaarskap en hervorming” afgemaak nadat hulle uitgebreide kritiek teen die ANC se
Lees verder: ‘Boere moet nie paniekerig raak oor radikale grondhervormingsuitsprake nie’
Appèluitspraak oor Kaapstad-asielkantoor voorbehou
Uitspraak is in die Appèlhof in Bloemfontein voorbehou in die saak oor die sluiting van die vlugtelingontvangskantoor in Kaapstad. Die departement van Binnelandse Sake appèlleer teen ‘n uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof wat bevind het dat die departement se sluiting van die kantoor onregmatig was. Die departement hou vol dat die besluit regmatig was en
Lees verder: Appèluitspraak oor Kaapstad-asielkantoor voorbehou
ANC sê DA-saak teen buitelandse kiesers maak nie sin
Die ANC sê die DA het oorreageer deur hom tot die Hooggeregshof te wend oor ‘n wetsontwerp wat mense wat in die buiteland woon kan verhoed om vir die provinsiale verkiesings te registreer. Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani, sê die DA se besluit om hom tot die hof te wend oor ‘n wetsontwerp wat
Lees verder: ANC sê DA-saak teen buitelandse kiesers maak nie sin
Polisielid en SAID-werknemer vas vir dwelmsmokkel
‘n Polisielid en ‘n amptenaar van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verskyn vanoggend in die landdroshof op Komatipoort op aanklagte van dwelmsmokkelary. Hulle is by die Lebombogrenspos in Mpumalanga in hegtenis geneem omdat hulle blykbaar ‘n taxibestuurder van Mosambiek gehelp het om dwelmmiddels na Suid-Afrika te smokkel. “Die polisieman het ‘n taxi wat van Mosambiek op pad
Lees verder: Polisielid en SAID-werknemer vas vir dwelmsmokkel
Amerikaanse aanval op Sirië: Eerste hindernis oorgesteek
‘n Amerikaanse Senaatskomitee oor buitelandse betrekkinge het ‘n resolusie aanvaar ten gunste van militêre ingryping in Sirië, in weerwil van groot teenkanting wat onder gewone kiesers heers. Tien senatore het ten gunste van die resolusie gestem, sewe daarteen en een het aangedui dat hy “teenwoordig” is. Die Senaat, wat deur die Demokrate beheer word, sal
Lees verder: Amerikaanse aanval op Sirië: Eerste hindernis oorgesteek
