‘n Vermeende veedief, wat klaarblyklik in drie provinsies bedrywig was, verskyn vandag in die Modimole landdroshof.
Die vee wat in Limpopo, Gauteng en Noordwes gesteel is beloop sowat R2,1 miljoen.
Volgens die polisie het ‘n boer van Beestekraal in Noordwes in Junie vanjaar beeste ter waarde van R270 000 verloor en ‘n jaar vroeër ‘n kudde ter waarde van R400 000.
Verlede maand is 51 Brahmaan-koeie ter waarde van ‘n half miljoen rand naby die Kranskoptolplaza gesteel.
In al die gevalle is dieselfde metode en dieselfde vragmotor gebruik. Die vee is na Gauteng geneem, maar dit is onduidelik of dit daar afgelaai is.
Die polisie vermoed dat ‘n sindikaat betrokke is. – RSG

Dis darem ‘n helse verlies vir een boer. Bly die gemors is aangekeer.
Ek is ook bly die gemors is aangekeer, maar dit bly steeds ‘n druppel in die emmer in hierdie annargie.
Soos jy sê Grobbie. Dis die sad side of the story.
My hart gaan uit na hierdie Boer, en dis maar een geval.
Nietemin, ek hoop van harte dat meer van hierdie “opdrifsels” opgespoor word en vir ‘n lang-lang tyd gebêre word.
Hoekom vat dit so lank om iemand te vang wat net loop en steel. Daar is so baie sindikate die polisiw weet nie meer waar om te keer nie.
Jip, en as ek nou mag vra (nogal beskeie) hoeveel skermunkels deel dalk in die buit ook (SAPD).
Dis nou net my punt. Ons het al in so ‘n annargie verval wat nie meer omkeerbaar is nie.
Dink Max klasifiseer ook as n vee stroper, Wat moet die Boere nog opdok?
Hulle lewens
Ja en ek verstaan die mielie boere ly ook miljoene skade waar bakkies sommer net in die land intrek en ‘n vrag mielies laai en gaan verkoop. Die gemors los niks en niemand se eiendom uit nie. Steel en besteel sy eie pa ma en broers.
In die geval was die gearresteerde persoon wit.
Sy handlangers wat saam met hom gesteel het was swart.
Praag moet die feite reg neergee.