Poskantoorstaking lê die land lam

Die SA Poskantoor het op 17 September aangekondig dat pos in Gauteng en die Wes-Kaap geraak word deur ‘n “onbeskermde staking” by sorteersentra in Kaapstad, Pretoria en die groter Johannesburggebied. Terwyl pos in die Wes-Kaap met slegs enkele dae vertraag word, word dit in Gauteng met “etlike weke” vertraag. By verskeie poskantore in Johannesburg was

Lees verder: Poskantoorstaking lê die land lam

Turkse gyselaars van ISIS bevry

Die Turkse owerheid het bekend gemaak 49 gyselaars is uit die kloue van een van die wêreld se mees gevreesde militante groepe bevry sonder dat ’n enkele skoot gevuur, losprys betaal of ruilooreenkoms aangegaan is. Pres. Tayyip Erdogan van Turkye het die vrylating van die gyselaars as ’n geheime reddingsoperasie beskryf, berig AP. Die gyselaars,

Lees verder: Turkse gyselaars van ISIS bevry

DRK, Lesotho bly SAOG-kopseer

‘n Buitengewone beraad van die sogenaamde dubbele troika van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), met sowel die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) as Tanzanië teenwoordig, is verlede week in Pretoria gehou om die voortslepende krisisse in die twee lande te bespreek. Die beraad is deur Suid-Afrika se president Jacob Zuma, gelei wat ook die voorsitter van

Lees verder: DRK, Lesotho bly SAOG-kopseer

Geleerdheid bring nie wysheid nie

Na aanleiding van die Kovsiedosente, Driekie en Derek Swemmer, wat reggestel is, het dit my herinner aan my politieke argumente met my plantkundedosent op Tukkies voor die Ja/Nee-stemreferendum. Hy wou in die klas voorgee dat die Ja-stem die intelligente en onbevraagtekenbare keuse sou wees. Ek het as enkeling die noodwendige verafrikanisering probeer skets, maar helaas

Lees verder: Geleerdheid bring nie wysheid nie

Swart ontleder wat EFF steun, trap klei oor Britse koningin

Koningin Elizabeth mag beskerm word teen kritiek in die parlement omdat sy Brits is, maar nie president Jacob Zuma nie, sê die ontleder Shadrack Gutto. Gutto het gereageer op die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe se oproep oor die naweek om Zuma te beskerm teen vernedering deur opposisiepartye in die wetgewer. “Suid-Afrika het ‘n baie

Lees verder: Swart ontleder wat EFF steun, trap klei oor Britse koningin

Onthoofdings wat 22 koppe eis, nie deur ISIS nie

Die veroordeelde mag ‘n Disprin vra, sy einde word nie op televisie uitgesaai nie, en kom met die swiepende swaard van ‘n geskoolde laksman eerder as met ‘n kombuismes. Anders is daar nie veel verskil tussen ‘n doodsvonnis van die jihadiste van ISIS oftewel die “Islamitiese staat” en in Saoedi-Arabië nie, behalwe dat ISIS ver

Lees verder: Onthoofdings wat 22 koppe eis, nie deur ISIS nie

Marteling: Australië in greep van nasionale veiligheidswetgewing

Die Australiese regering het onder openbare druk geswig en ingestem dat spesifieke marteling van verdagte terroriste deur lede van die geheimediens verbied moet word. Die regering was van plan om die Australiese intelligensie-organisasie kwyt te skeld van enige kriminele oortredings wat hulle begaan het, wat nie moord, ernstige aanranding, seksuele aanranding en ernstige beskadiging van

Lees verder: Marteling: Australië in greep van nasionale veiligheidswetgewing

Tsjegge verbrand renosterhoring

‘n Tsjeggiese dieretuin het sowat 60 kilogram se renosterhoring verbrand as deel van ‘n internasionale veldtog wat daarop gemik is om die aandag te vestig op dié diere wat deur uitwissing bedreig word, het RSG berig. Die Tsjeggiese Republiek het die afgelope paar jaar ‘n belangrike deurgangsroete geword vir die handel in renosterhoring van Afrika

Lees verder: Tsjegge verbrand renosterhoring

SA: Hervormde Veiligheidsraad sal vrede en veiligheid verbeter

Suid-Afrika het onderneem voort te gaan om die hervorming van die VN tydens ons land se deelname aan die sitting van die VN se Algemene Vergadering, op die agenda te hou. President Jacob Zuma sal die afvaardiging na die jaarvergadering in New York lei. Die vergadering sal die vordering bespreek wat gemaak is met die

Lees verder: SA: Hervormde Veiligheidsraad sal vrede en veiligheid verbeter

Matriek 2014: Departement is slaggereed

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het by ‘n nuuskonferensie gesê alle voorbereidings vir 2014 se senior sertifikaat-eksamen is afgehandel. Altesaam 688 660 matrieks het vir die eksamen geregistreer. Die meeste kandidate, 550 127 is voltydse leerlinge; net 138 550 is deeltyds. ​Die matrieks gaan in 6 740 eksamenlokale reg oor die land eksamen

Lees verder: Matriek 2014: Departement is slaggereed