Marteling: Australië in greep van nasionale veiligheidswetgewing

Die Australiese regering het onder openbare druk geswig en ingestem dat spesifieke marteling van verdagte terroriste deur lede van die geheimediens verbied moet word.

Die regering was van plan om die Australiese intelligensie-organisasie kwyt te skeld van enige kriminele oortredings wat hulle begaan het, wat nie moord, ernstige aanranding, seksuele aanranding en ernstige beskadiging van eiendom insluit nie.

George Brandis, prokureur-generaal, het Maandag bekend gemaak dat marteling by die lys gevoeg sal word. Marteling is teen die Australiese wet.

Maar Brandis het bevestig dat ‘n nuwe aanpassing wel gemaak is om terreur te bekamp wat vermeende buitelandse terroriste sal teiken. Die staatsaanklaer sal voortaan bloot hoef te bewys dat ‘n persoon binne aangewese “no-go areas” gereis of gebly het.

Dit sal lande soos Sirië en Irak insluit.

Die liberaal-demokratiese senator, David Leyonhjelm, het verlede week sy kommer uitgespreek dat die voorgestelde raamwerk vir nuwe “spesiale intelligensie-operasies” marteling kan toelaat.

Australië verkeer in ‘n greep van nasionale veiligheidswetgewing nadat Tony Abbott Australië se verbintenis tot militêre optrede in Irak openbaar gemaak het.

Australië het vroeër ‘n klopjag teen jihadiste onder uiterste geheimhouding onderneem. Geen name en besonderhede van die vermeende terroriste is bekend gemaak nie.

Leyonhjelm het gedreig om die maatreëls te kelder indien Asio (Australian Security Intelligence Organisation), toegelaat word om aangehoudenes te martel.

3 thoughts on “Marteling: Australië in greep van nasionale veiligheidswetgewing”

    1. Die Liberale party in Australia Veral Tony Abbott die leier van die liberale party word deur die Labor party en die Groenes gesien as n regse party en TA as a ver regse. die liberale logika waarvan jy praat verskil miskien baie van wat jy dink liberale logika Is, en wat liberale beleid in Australia is

      1. hoe men zichzelf zoal noemt, Adriaan of hoe door links wordt genoemd en maakt in feite niet veel uit in een sinds WOII totaal verlinkst politiek spectrum. M;et alle desastreuze consequenties voor de (beschaving) behoudende kant.

        De zogenaamde ‘rechtse liberalen’ in Holland, de VVD, hebben onder blaaskaak H. Wiegel als KLOZ dictator een hoofdrol ingenomen in de alles rakende communistische ziektekostenpolis (medische verzekering) met magnetische ruime kansen voor ‘nieuwe Nederlanders’. En de FDP in Duitsland is ook door de mand gevallen. Zoals ‘Groen’ ook vooral de ‘gastheercel’ verbiedt en belast.

        Geldt ook voor de grote Christelijke partijen, CDA en in Duitsland CDU.

        Alles voor de nieuwe massamens. De naasten, jeugd in de schulden en laagwaardige banen en bejaard de nek omdraaiend, verjagend, vertrappend, vermoordend !

        ‘Multi culti’ is massamoord ! (en net als in de SU MOET daarover gezwegen)

        http://www.telegraaf.nl/binnenland/23116442/__Gezocht__Atanas_Hristov__.html

Maak 'n opvolg-bydrae