Die veroordeelde mag ‘n Disprin vra, sy einde word nie op televisie uitgesaai nie, en kom met die swiepende swaard van ‘n geskoolde laksman eerder as met ‘n kombuismes.
Anders is daar nie veel verskil tussen ‘n doodsvonnis van die jihadiste van ISIS oftewel die “Islamitiese staat” en in Saoedi-Arabië nie, behalwe dat ISIS ver agter is.
Die land word as ‘n belangrike Westerse bondgenoot in die stryd teen ISIS beskou. Daar is inderdaad voorts nie groot verskille tussen die twee entiteite wat sjaria, of Islamitiese wet, en openbare teregstellings betref nie.
Beide volg Hanbali-regspraak, die strengste van vier soorte tradisionele Sunnie-wette. Dit is alombekend in die Midde-Ooste. Egiptenare wat iemand van haarklowery beskuldig, gebruik tewens die uitdrukking “moenie so Hanbali wees nie”.
Andersdenkendes in Raqqa, die Siriese dorp wat ISIS se proto-hoofstad is, sê al 12 van die regters wat nou die hofstelsel bedryf – vanaf eiendomsgeskille tot geloofsmisdade – is Saoedi’s.
Die groep het ook ‘n Saoedi-styl godsdienspolisie, belas daarmee om gelowiges se daaglikse roetine te monitor.
Oral in ISIS-gebiede, is kerke en ander Moslemmoskees opgeblaas of word die geboue vir ander doeleindes gebruik. Saoedi-Arabië verbied nie-Moslem godsdienstige praktyk.
Op 5 September het die Saoedi-polisie ‘n klopjag op ‘n huis in Khafji, naby die Koeweitse grens, uitgevoer en 27 Asiatiese Christene aangekla omdat hulle ‘n kerkseremonie gehou het. Die Westerse media is stom daaroor.
In die afgelope maande is honderde, dalk duisende teregstellings, uitgevoer, en slagoffers dikwels onthoof sonder dat die Weste hoegenaamd ‘n vinger gelig of ‘n piepgeluid laat hoor het.
Tipies word die onthoofdings sonder ‘n verhoor van enige aard gehou. Saoedi-Arabië word met die swaard regeer. In die bestek van slegs 18 dae gedurende die enkele maand van Augustus, het die koninkryk sowat 22 mense onthoof volgens menseregte-aktiviste.
Die vlaag moorde is enersyds uitsonderlik aangesien ‘n totaal van 79 teregstellings verlede jaar plaasgevind het, maar ook omdat baie misdrywe relatief vir minder ernstige oortredings was, soos daggasmokkel en “toordery” vreemd genoeg.
In een geval was die verweerder beslis geestelik ongesond, maar sy kop het in elk geval gerol.
Sommige Saoedi-kritici vrees dat die skielike oplewing in onthoofdings ‘n reaksie verteenwoordig weens die uitdaging van ISIS.

http://www.aljazeera.com/programmes/orphans-of-the-sahara/2014/01/orphans-sahara-exile-20141811105584404.html
Ek besef die skakel is effe van die onderwerp af, maar in hierdie dokumenter van Al-Jazeera sien ek soveel raakpunte tussen die Touregs en die Afrikaner! Veral na aan die einde van die program – smeek hul vir “separation” van die swartes af (apartheid). Dis ook insiggewend hoe die voormalige koloniale meesters die swartes gebruik om hul uit hul land te verjaag – sodat die mynbedrywighede ongestoord kan voorduur …