Johannesburgers het nou die geleentheid om deur ‘n groot vagina te loop, dit alles te danke aan ‘n kunsinstallasie wat opgerig is by die Grondwethof, op Konstitusieheuwel in Johannesburg. Die Grondwethof is die setel van die “wigte en teenwigte” van die nuwe regime. Konstitusieheuwel huisves onder meer die ou Vrouetronk wat in ‘n besienswaardigeid omskep
Grondwethofbeslissing oor mosie van wantroue leeg
‘n Grondwethofbeslissing het die weg gebaan vir ‘n debat oor president Jacob Zuma se geskiktheid om te regeer voor volgende jaar se algemene verkiesing. In ‘n meerderheidsuitspraak, het die hof Dinsdag die Nasionale Vergadering ses maande gegee om die reëls rondom ‘n mosie van wantroue in lyn met die Grondwet te bring. Sodra die nuwe
Lees verder: Grondwethofbeslissing oor mosie van wantroue leeg
Taxi-bestuurder vas vir moord
‘n Taxibestuurder is in hegtenis geneem nadat ‘n man tydens ‘n woordewisseling in Johannesburg-Sentraal doodgeskiet is, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê. Die 30-jarige slagoffer het Dinsdag buite ‘n taxi in Breestraat gestaan toe die skietery plaasgevind het, het ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, gesê. Dit is nie bekend waaroor die mans gestry het en
Neo-Cons gereed om Sirië aan te val
Amerika en Brittanje het Dinsdag intensiewe voorbereidings getref om weer ‘n soewereine staat aan te val, nadat hulle voorheen redes versin het om Irak sowel as Libië te teiken. Die rede sal oënskynlik wees om pres. Basjar al-Assad van Sirië te straf vir sy gebruik van gifgas teen burgerlikes verlede week. Die VSA en Brittanje
Afleggings, stakings by myne
Mynwerkers by Amplats in Rustenburg in Noordwes gaan die maatskappy se aflegging van seweduisend werkers teenstaan. Werkers se toekoms is steeds onseker omdat werkers nog moet besluit of hulle skeidingspakkette gaan aanvaar of verplaas wil word. ‘n Massavergadering is gister gehou deur ‘n taakspan by Khuseleka 2 en die Khomanani 1 en 2 skagte. Amplats
Walter Sisulu-universiteit sluit weens onrus
Die besluit deur die Walter Sisulu-universiteit om sy deure onbepaald te sluit, is deur talle organisasies veroordeel. Die administrateur, Lourens van Staden het studente aangeraai om die universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap dadelik te verlaat. Dit sluit alle koshuise en ander akkomodasie in. ‘n Woordvoerder vir die universiteit sê die besluit is geneem omdat
Vermeende dwelmvervaardiger vas
‘n Nigeriese man is Dinsdag op ’n aanklag van die vervaardiging van dwelms in Germiston in hegtenis geneem, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê. “Die polisie het hom na sy woonstel vergesel, waar ‘n tregter, skaal en twee kilogram fosfor en jodium gevind is,” het Wilfred Kgasago, woordvoerder, gesê. Kgasago het gesê katinoon, ‘n dwelm soortgelyk aan
Kaap van storms
Twee kouefronte beweeg in die rigting van die Kaap en sal na verwagting swaar reën, koue, oorstromings, sneeu, stormsterk winde en onstuimige seetoestande veroorsaak. ‘n Weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het gesê die eerste front sou die Moederstad Dinsdag getref het. Die tweede front sal Woensdagmiddag sy opwagting maak en die provinsie tot Saterdag teister.
Louise Mabille teen Gillian Schutte in debat oor witskuld eerskomende Vrydagaand
Die praag-rubriekskryfster en filosofiedosent by Tukkies, Louise Mabille, pak eerskomende Vrydagaand vir die hiper-polities korrekte Gillian Schutte tydens ‘n debat oor die vraag hoe blankes in die openbare sfeer behoort op te tree. Schutte het ‘n tyd gelede ‘n opskudding veroorsaak met haar ope brief getiteld Dear white people wat sy as “Setlaarsuster” onderteken het. Daarin
Lees verder: Louise Mabille teen Gillian Schutte in debat oor witskuld eerskomende Vrydagaand
Goudprys styg weens moontlike aanval op Sirië
Die goudprys beleef ‘n elf-weke-hoogtepunt. Dit het verstewig ná vrese oor ‘n moontlike militêre ingryping deur die Amerika en Brittanje in Sirië. Die VSA het aangedui dat militêre optrede ‘n moontlikheid is, weens ‘n chemiese aanval in ‘n voorstad in Damaskus. Hulle hou President Bashar al-Assad daarvoor verantwoordelik, in weerwil van die feit dat daar
