Kremlin ontken gerugte oor Poetin se gesondheid

Pres. Wladimir Poetin se woordvoerder­ het gerugte ontken wat op die internet oor die Russiese staatshoof se gesondheid versprei is. Dmitry Peskof het Donderdag aan die Ekho Moskvy-radiostasie­ gesê die president is “absoluut gesond en bygevoeg dat sy handdruk nog só ferm is “dit kan jou hand breek. Peskof se kommentaar­ is met verwysing­ na

Lees verder: Kremlin ontken gerugte oor Poetin se gesondheid

Biltong lei tot moord

‘n Man van Ventersburg in die Vrystaat is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy susterskind, glo na ‘n stryery oor biltong, het OFM berig. Makatisi Khumalo (59) het Vrydag in die Ventersburg-landdroshof verskyn. Hy moet op 24 Maart weer in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog. Vrystaat polisiewoordvoerder,

Lees verder: Biltong lei tot moord

Phiyega moet getuig in heraanstellingsaak

Die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega sal na verwagting vandag in die Arbeidshof in Johannesburg getuig nadat die hof genader is om die fluitjieblaser, Kobus Roos te herontplooi. Phiyega sal moet verduidelik waarom sy Roos nie in die misdaadintelligensie-eenheid wil aanstel nie ten spyte daarvan dat ‘n vakante pos vir hom bestaan. Roos is verplaas deur

Lees verder: Phiyega moet getuig in heraanstellingsaak

Dertien vas na plundery in Noordwes

Dertien persone is in Stella in Noordwes in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat buitelanders se winkels geplunder is. “Die polisie het ‘n klopjag uitgevoer op ‘n kroeg in Rekgaratlhile en die alkohol gekonfiskeer,” het Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die gemeenskap was glo ontevrede hieroor en ongeveer 200 lede van die gemeenskap

Lees verder: Dertien vas na plundery in Noordwes

VSA ontken dat Sierra Leone se adjunkpresident asiel vra

Die Verenigde State van Amerika het Sondag ontken dat die vise-president van Sierra Leone, Samuel Sam-Sumana by die Amerikaanse ambassade in Freetown skuil. Sierra Leone sukkel steeds met die Ebola-epidemie wat sedert verlede jaar woed. ‘n Amerikaanse amptenaar het gister bevestig dat die Amerikaanse ambassade in aanraking was met al die betrokke amptenare. Die Amerikaanse

Lees verder: VSA ontken dat Sierra Leone se adjunkpresident asiel vra

Sekwestrasiebevel teen Malema glo hersien

‘n Voorlopige sekwestrasiebevel teen die leier van die EFF, Julius Malema sal na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Pretoria hersien word, het RSG berig. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Malema gedagvaar nadat hy na bewering tussen 2006 en 2010 nie belastingopgawes ingedien het nie. Regter Bill Prinsloo het verlede jaar gelas dat Malema se bates

Lees verder: Sekwestrasiebevel teen Malema glo hersien

Beurtkragdiesel maak naeltegnikus en tandarts stinkryk

Ná ‘n week van hoë drama by Suid-Afrika se kragvoorsiener waarin vier senior amptenare geskors is, het nog skokkende onthullings na vore gekom. Die maatskappy het selfs nie geskroom om ‘n swart tandarts en ‘n swart naeltegnikus aan te stel om diesel te verskaf vir sy kragopwekkers nie. Dit beteken dat dié soort verskaffers reusewinste

Lees verder: Beurtkragdiesel maak naeltegnikus en tandarts stinkryk

SA maak weer mediese geskiedenis met penisoorplanting

Dokters staan gereed om penisoorplantings te doen in al Suid-Afrika se hospitale. Hulle wag net vir gewillig skenkers, het City Press berig. Suid-Afrika het weereens wêreldwyd mediese geskiedenis gemaak toe ‘n 21-jarige onlangs ‘n nuwe penis ontvang het. Die eerste mediese deurbraak was Dr Christiaan Barnard se suksesvolle hartoorplanting in 1967. Professor Frank Graewe, een

Lees verder: SA maak weer mediese geskiedenis met penisoorplanting

Minister se dood dalk te wyte aan alkohol

Die polisie in Limpopo het bevestig dat die bestuurder van die vragmotor wat die dood van ‘n minister en sy lyfwagte veroorsaak het, positief vir alkohol getoets het. Die vragmotorbestuurder, wat in ‘n ongeluk met die minister van Staatsdiens en Administrasie, Collins Chabane se motor betrokke was, was wel onder die invloed van alkohol. ‘n

Lees verder: Minister se dood dalk te wyte aan alkohol

PRAAG wil vanjaar 17 boeke uitgee

Goeie nuus vir Afrikaans en lesers in die algemeen, is dat PRAAG vanjaar gaan probeer om nie minder nie as sewentien boeke uit te gee. Sommige titels is nog nie heeltemal gefinaliseer nie, maar hier onder volg ons publikasieprogram met voorlopige publikasiedatums. Sommige titels mag dalk vroeër verskyn en ander weer later, want veral die

Lees verder: PRAAG wil vanjaar 17 boeke uitgee