Dertien persone is in Stella in Noordwes in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat buitelanders se winkels geplunder is.
“Die polisie het ‘n klopjag uitgevoer op ‘n kroeg in Rekgaratlhile en die alkohol gekonfiskeer,” het Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, gesê.
“Die gemeenskap was glo ontevrede hieroor en ongeveer 200 lede van die gemeenskap het op die twee buitelanders se winkels toegeslaan en dit geplunder.”
Die groep is Saterdagaand omstreeks 20:00 in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting binnekort in die Vryburg-landdroshof verskyn.

Hulle is ernstig besig met herverdeling en uitbreiding van armoede. Niemand word dit gegun om vir homself ‘n beter toekoms te bewerk nie. Uitstyg word nie geduld nie. Planne maak word nie geduld nie.