Die voorsitter in die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza het onderneem om ondersoek in te stel na ‘n beweerde dreigement en swak taal wat deur die adjunkminister van Handel en Nywerheid, Mzwandile Masina tydens die debat oor die Presidensie se begrotingsrede in die parlement gebruik is. Masina het glo die hoofsweep van die DA se John
Stakende taxi-operateurs in Durban raak gewelddadig
Die Ethekwini-munisipaliteit en die Suid-Afrikaanse Taxi-raad het ‘n ooreenkoms bereik nadat taxi-operateurs Dinsdag gewelddadig geraak het in die Durbanse middestad en omliggende gebiede. Die polisie moes van traanrook en rubberkoeëls gebruikmaak om die oproeriges te verwilder wat begin plunder en breek het. Die sekretaris van Santaco in KwaZulu-Natal, Yusuf Khaliva het gesê normale bedrywighede sal
Lees verder: Stakende taxi-operateurs in Durban raak gewelddadig
Regter sal Vrydag oor Derby-Lewis besluit na staat se absurde argumente
Die Staat is blykbaar vasberade om Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool in ‘n groter klug te laat ontaard met hul regspan se argumente wat toenemend neig na die absurde. Die hooggeregshof in Pretoria sal Vrydag beslis of Clive Derby-Lewis mediese parool kry. Regter Selby Baqwa het Dinsdag gesê hy het tyd nodig om
Lees verder: Regter sal Vrydag oor Derby-Lewis besluit na staat se absurde argumente
Fedsas wen eerste rondte vir Afrikaanse skole
Die Johannesburgse hooggeregshof het ‘n tussentydse bevel toegestaan wat skoolbeheerliggame se reg om ‘n eie taal- en toelatingsbeleid te bepaal, bevestig. Leerlinge wat vir die volgende skooljaar om plek aansoek doen, se taalvoorkeur sal nie deur die Gautengse Departement van Basiese Onderwys misken word nie. Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) se dringende
Hoe Christendom wetenskap bevorder het en rewolusionêre net wil afbreek
As ek terugkyk na die wetenskapfiksieskrywers uit die sestiger jare, met hul hoop op ‘n tegnologiese utopie in die een en twintigste eeu, en ons vergelyk dit met wat tans in die wêreld gebeur, kan ons maklik tot die konklusie kom dat iewers iets behoorlik fout gegaan het. Volgens Arthur C Clarke sou ons al
Lees verder: Hoe Christendom wetenskap bevorder het en rewolusionêre net wil afbreek
Fedsas vandag in hof oor Afrikaanse skole
Die Federasie van Skoolbeheerliggame, Fedsas, bring vanoggend ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof in Johannesburg teen die Gautengse onderwysdepartement het RSG berig. Gauteng se plan is om “parallelmedium-onderrig”, Engels, by verskeie skole in te stel. Fedsas voer aan dat die LUR, Panyaza Lesufi se plan om 124 enkelmediumskole na dubbelmedium om te skakel, onwettig is.
Ma verskyn vir opsetlike saakbeskadiging
‘n Ma van drie jong kinders, Natasha Swartz, verskyn weer op 24 Junie in die Bloemfonteinse Streekhof na sy vandag vlugtig verskyn het op ‘n aanklag van opsetlike saakbeskadeging. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Die saak spruit ‘n voorval waartydens Swartz opsetlik die motor van haar voormalige man vier keer Vrydag by ‘n
‘Afrika kan nie meer kolonialisme blameer nie’
Die voormalige hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap, Mohamed ElBaradei, sê Afrika kan nie meer die kolonialiste blameer vir sy probleme nie. Hy het bygevoeg dat die Afrika-Unie ook ’n klaaglike rekord van oplossings vir Afrika-probleme wys. Netwerk24 berig dat ElBaradei in Pretoria tydens ’n mediagesprek wat deur die Thabo Mbeki-stigting gereël is, gesê het niemand
Voormalige Israelse premier gevonnis
Die voormalige Israelse eerste minister, Ehud Olmert, is vanoggend in ‘n hof in Jerusalem tot agt maande tronkstraf gevonnis omdat hy onwettig geld van ‘n Amerikaanse sakeman, Morris Talansky, ontvang het vir politieke gunste. Hy is in Maart in ‘n herverhoor skuldig bevind. Olmert se regsverteenwoordigers het aangedui dat hulle gaan appelleer. Hy is verlede
PAP-skeppers besteel by hotelingang
Verskeie afgevaardigdes van die Pan-Afrika Parlement is buite hul hotel in Midrand beroof, het die Gautengse polisie gesê. Hulle is Vrydagaand aangeval terwyl hulle in hul pendelbus oppad van die lughawe hotel toe gereis het, het polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini in ‘n verklaring gesê. Die polisie is op soek na sekuriteitsbeeldmateriaal om die verdagtes te probeer
