Lyke van agt myners opgespoor

Die SAPD in Gauteng het op die lyke van agt onwettige mynwerkers Sondagaand in ’n goudmyn by Benoni afgekom nadat hulle deur mynpersoneel ontbied is. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê twee van die lyke was ondergronds. “In die stadium is die motief vir die moorde onbekend. Al agt is in die bolyf

Lees verder: Lyke van agt myners opgespoor

Afrikaans op Stellenbosch: van bakermat tot vloerlap

Ek wou vandag eintlik graag oor ander onderwerpe as Afrikaans en die Universiteit Stellenbosch (US) geskryf het. As ek uitstel, sou my reaksie op onlangse berigte egter inboet aan aktualiteit. Sowel Afrikaans as die US is vir die Afrikanersaak so belangrik dat ek verplig voel om nog ‘n rubriek hieraan te wy. Die US het

Lees verder: Afrikaans op Stellenbosch: van bakermat tot vloerlap

Watermonsters by Bloemhof toon nalatige rioolbesmetting

Uitslae van toetse op watermonsters wat by Bloemhof in Noordwes ingesamel is, toon dat die munisipaliteit nalatig was toe drinkwater met riool besmet is. Die burgerregte-groep AfriForum het die toetse aangevra nadat drie babas dood is weens die vuil water. Die toetse het bevestig dat die water uit die Vaalrivier besmet was. AfriForum het die

Lees verder: Watermonsters by Bloemhof toon nalatige rioolbesmetting

Opod ondersoek skerppuntaksie by Barberton

Die ondersoek deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat na die polisie op oproermakers gekiet het in Barberton, is aan die gang. Die direktoraat sal bewerings ondersoek dat die polisie skerppuntammunisie tydens gewelddadige protesoptrede by die Emjindini-trust gebruik het. Een persoon is in die maag geskiet toe die polisie op oproeriges geskiet het. Vyf mense is later in

Lees verder: Opod ondersoek skerppuntaksie by Barberton

Korrektiewe dienste sloer oor voorvadergeeste by Derby-Lewis-aansoek

‘n “Onvolledige” voorlegging om mediese parool, is klaarblyklik die rede waarom Clive Derby-Lewis se aansoek sloer. Derby-Lewis het op 2 Mei aansoek om mediese parool gedoen. Die departement van korrektiewe dienste het as rede aangevoer dat die dokumentasie nie “korrek” ingevul is nie. Die prokureurs van Derby-Lewis gaan nou die Hooggeregshof nader om die departement

Lees verder: Korrektiewe dienste sloer oor voorvadergeeste by Derby-Lewis-aansoek

Malema-klug gaan voort

Die Ekonomiese Vryheidsvegters is in die parlement om ‘n rewolusie te ontketen, nie om reëls te volg nie, sê die leier van die party, Julius Malema. Hy het gesê hulle sal nie duld dat die rewolusie ondermyn word deur konvensies wat deur kolonialiste en imperialiste geskep is nie. Sy ondersteuners het Vrydagmiddag ‘n betoging buite

Lees verder: Malema-klug gaan voort

Familie van vermoorde raadslid verloor vertroue in regspleging

Die familie van die vermoorde Rustenburgse raadslid, Moss Phakoe, sê hulle het vertroue verloor in die land se regstelsel, het RSG berig. Dit volg nadat die Noordwes Hooggeregshof gister die skuldigbevinding en vonnis van die voormalige burgemeester van Rustenburg, Matthew Wolmarans en sy lyfwag, Enoch Matshaba ter syde gestel het het. Hulle is in 2012

Lees verder: Familie van vermoorde raadslid verloor vertroue in regspleging

VSA militêre raadgewers na Irak terwyl Brent-ru-olie styg

Die Amerikaanse president, Barack Obama het aangekondig dat 300 Amerikaanse militêre raadgewers in Irak ontplooi is. Die raadgewers sal die oorloggeteisterde land se weermag van raad te bedien oor hoe om weerstand te bied teen ‘n militante opmars van ISIS. Die hoofsaaklik Shi’itiese regering is midde in ‘n sektariese stryd met die Sunni-militante groep bekend

Lees verder: VSA militêre raadgewers na Irak terwyl Brent-ru-olie styg

Potch verwerp Wessels-verslag

Die Noordwes-Universiteit (NWU) van Potchefstroom het die omstrede Wessels-verslag oor die Nazi-saluut verwerp. Die universiteitsraad het Donderdag vergader en sal Vrydag weer byeenkom om die verslag van dr. Leon Wessels se taakspan, wat die NWU se “institusionele kultuur” ondersoek het, te bespreek. Prof. Herman van Schalkwyk, Potchefstroomse kampusrektor, het die gebrekkige verslag veroordeel. ‘n Minderheidsverslag wat

Lees verder: Potch verwerp Wessels-verslag

Duitsland gee geld om geweld in SA hok te slaan

Die Wes-Kaapse regering het ‘n ooreenkoms ter waarde van meer as R70 miljoen met die Duitse Ontwikkelingsbank onderteken, het RSG berig. Die doel van die ooreenkoms is om geweld in die provinsie hok te slaan. Die premier, Helen Zille, sê dit is deel van die ooreenkoms van ses miljoen Euro tussen Duitsland en Suid-Afrika wat

Lees verder: Duitsland gee geld om geweld in SA hok te slaan