Tongaat-ramp: Onwikkelaar moet antwoord

Die ondersoek na die omstrede Indiëreiendomsontwikkelaar, Jay Singh, duur voort na die ramp by die Tongaat-winkelsentrum in 2013. Die Departement van Arbeid ondersoek die ineenstorting van ‘n groot gedeelte van die sentrum, noord van Durban. Singh sal vanoggend vrae van die raadgewende ingenieur se regspan moet beantwoord. Twee swart werkers is dood toe ‘n betonvloer

Lees verder: Tongaat-ramp: Onwikkelaar moet antwoord

Kry 33% afslag op ‘Aweregs’ deur Dan Roodt

Ons bied ‘n spesiale afslag van 33% aan ons getroue PRAAG-lesers op AWEREGS deur Dan Roodt. As u nog nie dié versameling politieke essays van 544 bladsye besit nie, is dit nou die geleentheid om die boek aan te koop. In etlike boekwinkels kos die boek meer as R300. Lees meer daaroor en bestel op

Lees verder: Kry 33% afslag op ‘Aweregs’ deur Dan Roodt

Buitelandse wapeneienaars voorgetrek deur Vuurwapenwet

Die Nasionale Burgerlike Alliansie het die regering gevra om artikel 21 van die Wet op Vuurwapenbeheer van 2000 te wysig, het RSG berig. Dit volg na berigte dat dit ingevolge die wet slegs sewe dae neem vir buitelanders om ‘n vuurwapenlisensie te kry, terwyl Suid-Afrikaners ‘n bevoegdheidstoets moet aflê en tot ‘n jaar kan wag

Lees verder: Buitelandse wapeneienaars voorgetrek deur Vuurwapenwet

Khulubuse Zuma se Aurora-aansoek misluk

Khulubuse Zuma se dringende aansoek om eise ter waarde van meer as R1.5 miljard teen Aurora Empowerment Systems tersyde gestel te kry, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys. Regter Eberhardt Bertelsmann het die aansoek word met koste van die hand gewys. Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van Cosatu, het die uitspraak as

Lees verder: Khulubuse Zuma se Aurora-aansoek misluk

Bestuurder in hof oor R1 miljoen gesteelde geld

Die bestuurder van ‘n bakkie wat verlede week in die besit van bykans R1-miljoen se beweerde gesteelde geld betrap is, is Dinsdag in die landdroshof op Trompsburg op R5 000 borgtog uitgelaat. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, sê die 47-jarige Rollend Olive kon verlede Woensdag nie sy bestuurderslisensie in ‘n padversperring op die N1 toon nie.

Lees verder: Bestuurder in hof oor R1 miljoen gesteelde geld

Brandweer deurnag om Skierleiland te red

Kaapstad se rampbestuureenheid het Dinsdag gesê brandbestryders het deurnag geswoeg om brande by Chapmanspiek, Tokai-woud en Noordhoek onder beheer te bring en die brande mag dalk die Argus-fietstoer se roete raak. Die brand woed sedert Sondagoggend en het vanaf Muizenberg verder versprei. Intussen het brandbestryders van ander provinsies in die Kaap aangekom om te help

Lees verder: Brandweer deurnag om Skierleiland te red

Lees ‘n lekker Afrikaanse boek hardop!

Meer as 500 000 laerskoolleerlinge van oor die Vrystaat heen se belangstelling in die lees van boeke en die vertel van stories sal Woensdag by hul onderskeie skole geprikkel word. Dit vorm deel van die internasionale dag waarop die wêreld aangemoedig word om ‘n boek voor te lees. Die veldtog word plaaslik deur die Nalibali-leesprojek

Lees verder: Lees ‘n lekker Afrikaanse boek hardop!

Polisie ontplooi in Limpopo teen xenofobiese geweld

Geweld teen Somaliërs in Ga-Sekgopo, oos van Pietersburg (Polokwane) in Limpopo, het daartoe gelei dat hulle hul moes hul winkels verlaat. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is ontplooi. “Die situasie is tans kalm en ‘n saak van openbare geweld word ondersoek,” het hy gesê. ‘n Somaliër is glo betrap

Lees verder: Polisie ontplooi in Limpopo teen xenofobiese geweld

Eskom: Elektrisiteit sal dié week ook sukkel

Eskom het Dinsdag aangekondig dat elektrisiteitsvoorsiening vir die res van die week onder druk sal bly. “As enige van ons kragopwekkers ingee, sal ons beurtkrag moet instel,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê. Hy het die publiek versoek om elektrisiteitsgebruik te beperk. “Ons doen alles in ons vermoë om die kragopwekkers wat tans gediens

Lees verder: Eskom: Elektrisiteit sal dié week ook sukkel

Klagtes teen oproerige soldate stil-stil laat vaar

‘n Militêre hof in Heidelberg het Dinsdag klagtes van openbare geweld teen soldate stil-stil laat vaar. Die oproerige soldate het in Augustus 2009 onwettig na die Uniegebou opgeruk en chaos veroorsaak om ‘n salarisverhoging van 30% te eis. “Die klagtes van openbare geweld is van die hofrol geskrap,” het brig.genl. Xolani Mabanga volgens Sapa verklaar.

Lees verder: Klagtes teen oproerige soldate stil-stil laat vaar