praag.co.za

Buitelandse wapeneienaars voorgetrek deur Vuurwapenwet

Written by

in

,

Die Nasionale Burgerlike Alliansie het die regering gevra om artikel 21 van die Wet op Vuurwapenbeheer van 2000 te wysig, het RSG berig.

Dit volg na berigte dat dit ingevolge die wet slegs sewe dae neem vir buitelanders om ‘n vuurwapenlisensie te kry, terwyl Suid-Afrikaners ‘n bevoegdheidstoets moet aflê en tot ‘n jaar kan wag vir hulle lisensies.

Die president van die alliansie, Dlangezwa Mvelase, sê hulle is van mening dat sulke optrede mense verdeel. Hy sê dit kan weer lei tot ander probleme. Hy het alle instellings wat Suid-Afrikaners verteenwoordig, gevra om dit teen te staan.

Vroeër het die Vereniging van Swart Wapeneienaars ook die regering gevra om die gedeelte van die wet te skrap.

Die vereniging se voorsitter, Abios Khoele, sê buitelanders kry koninklike behandeling. Hy sê hulle hoef geen opleiding te ondergaan nie, geen bevoegdheidsertifikaat te kry nie, en ook geen motivering te verskaf nie, ongeag of hulle ‘n vuurwapenlisensie vir ‘n handwapen of ‘n masjiengeweer wil hê.

Comments

3 responses to “Buitelandse wapeneienaars voorgetrek deur Vuurwapenwet”

  1. Hettie Kettie die Beer Avatar
    Hettie Kettie die Beer

    Het Zumpie n lisensie vir die kanonne waarmee hy die Boere wil skiet, of moet hy eers sy “competency” gaan doen?

    1. Statetheobvious Avatar
      Statetheobvious

      Hy het mos die manne in blou

  2. Derick Avatar
    Derick

    Daai “ander probleme” waarvan gepraat word in paragraaf 3 is dat ek myself nie mag verdedig nie.

Leave a Reply