‘n Militêre hof in Heidelberg het Dinsdag klagtes van openbare geweld teen soldate stil-stil laat vaar.
Die oproerige soldate het in Augustus 2009 onwettig na die Uniegebou opgeruk en chaos veroorsaak om ‘n salarisverhoging van 30% te eis.
“Die klagtes van openbare geweld is van die hofrol geskrap,” het brig.genl. Xolani Mabanga volgens Sapa verklaar.
“Die direkteur van militêre vervolging is van voorneme om die aanklagtes teen die beskuldigdes terug te trek.”
Die 35 soldate word ook daarvan beskuldig dat hulle gedros het, maar die saak is tot Woensdag uitgestel.
Ongeveer 1 000 soldate het op 26 Augustus 2009 aan ‘n optog in Pretoria deelgeneem.
‘n Waterkanon, rubberkoeëls en traangas moes uiteindelik deur die polisie ingespan word om die oproerige soldate te verjaag toe hulle oor versperrings by die Uniegebou geklouter het.

… toe hulle oor versperrings by die Uniegebou geklouter het.” Baie gepaste woord gebruik Praag – GEKLOUTER !
Bykans 6 jaar later, niks het intussen gebeur en niks gaan gebeur nie.
Dis toe hulle die geboue binne gegaan het… En gratis verversings elders…
Haai “shame”.
Hierdie tipe opstand kan baie maklik tot ‘n staatsgreep lei. Dit is deel van die gewone politiek in Afrika.
Rooikop,
veral as die verkeerde bobejane dit uitvoer, dan het ons ‘n piesang republiek…………………………………….of het ons hom nie alreeds nie. Oooooooo koek wat dan.
Dit is nou presies n duidelike bewys van n dissiplinelose weermag. Weerskante toe.
Eerstens die soldate se optrede en
Tweedens die gesloer vir optrede en dan nou die tersyde stelling.
Dit is presies wat ook in die millitêre basis in Oudtshoorn gebeur het.
Groot gewag is gemaak deur die minister van verdediging, en dit was die einde van die verhaal.
Niemand het ooit weer daarna verwys, navraag gedoen, of stof opgeskop nie.
Nie eers die kamtige DA of selfs die VF+ het ooit weer dit opgehaal nie.
Ek is bereid om, om verskoning te vra sou daar wel iets gewees het en ek dit gemis het.