Trump se steun neem toe

Die eiendoms­miljardêr mnr. Donald Trump se steun onder Republikeinse party kiesers het vergroot en hy is nou die voorloper in die wedloop om die party se nominasie vir volgende jaar se presidentsverkiesing.

Volgens die jongste CNN-meningsopname geniet Trump 18 persent steun onder Republikeine, gevolg deur die voormalige goewerneur van Florida, mnr. Jeb Bush, met 15 persent en Wisconsin se goewerneur Scott Walker met 10 persent.

Trump se steun het met ses punte vermeerder sedert die vorige meningsopname einde Junie gedoen is. Bush en Walker se steun was byna onveranderd. Nie een van die ander 14 ander aanspraak­makers kon dubbelsyfer-steun kry nie.

Onder Republikeinse kiesers verwag 31 persent dat Bush die presidentsnominasie sal kry, 22 persent dink Trump sal die pyp rook en 14 persent voorspel ’n oorwinning vir Walker.

Tongaat-ramp: Onwikkelaar moet antwoord

Die ondersoek na die omstrede Indiëreiendomsontwikkelaar, Jay Singh, duur voort na die ramp by die Tongaat-winkelsentrum in 2013.

Die Departement van Arbeid ondersoek die ineenstorting van ‘n groot gedeelte van die sentrum, noord van Durban.

Singh sal vanoggend vrae van die raadgewende ingenieur se regspan moet beantwoord.

Twee swart werkers is dood toe ‘n betonvloer meegegee het en nog 29 beseer.

Singh en sy regspan het deurlopend die skuld vir die ramp op die ontwerp van die raadgewende ingenieur, Andre Ballack, gepak.

Ballack het egter in sy ontwerp aangedui dat daar net 7 van 19 staalversterkings in sy balk gegiet is en dat Singh nooit die betonmonsters aan hom oorhandig het nie, ten spyte van herhaaldelike versoeke.