Die eiendomsmiljardêr mnr. Donald Trump se steun onder Republikeinse party kiesers het vergroot en hy is nou die voorloper in die wedloop om die party se nominasie vir volgende jaar se presidentsverkiesing.
Volgens die jongste CNN-meningsopname geniet Trump 18 persent steun onder Republikeine, gevolg deur die voormalige goewerneur van Florida, mnr. Jeb Bush, met 15 persent en Wisconsin se goewerneur Scott Walker met 10 persent.
Trump se steun het met ses punte vermeerder sedert die vorige meningsopname einde Junie gedoen is. Bush en Walker se steun was byna onveranderd. Nie een van die ander 14 ander aanspraakmakers kon dubbelsyfer-steun kry nie.
Onder Republikeinse kiesers verwag 31 persent dat Bush die presidentsnominasie sal kry, 22 persent dink Trump sal die pyp rook en 14 persent voorspel ’n oorwinning vir Walker.
