Tongaat-ramp: Onwikkelaar moet antwoord

Die ondersoek na die omstrede Indiëreiendomsontwikkelaar, Jay Singh, duur voort na die ramp by die Tongaat-winkelsentrum in 2013.

Die Departement van Arbeid ondersoek die ineenstorting van ‘n groot gedeelte van die sentrum, noord van Durban.

Singh sal vanoggend vrae van die raadgewende ingenieur se regspan moet beantwoord.

Twee swart werkers is dood toe ‘n betonvloer meegegee het en nog 29 beseer.

Singh en sy regspan het deurlopend die skuld vir die ramp op die ontwerp van die raadgewende ingenieur, Andre Ballack, gepak.

Ballack het egter in sy ontwerp aangedui dat daar net 7 van 19 staalversterkings in sy balk gegiet is en dat Singh nooit die betonmonsters aan hom oorhandig het nie, ten spyte van herhaaldelike versoeke.

4 thoughts on “Tongaat-ramp: Onwikkelaar moet antwoord”

  1. Kom ons hoop mnr Ballack het sy herhaaldelike versoeke op skrif gestel, want alhoewel dit duidelik die skelm kontrakteur se skuld was, dra die ingenieur nog steeds die verantwoordelikheid om seker te maak dat dinge reg gedoen word. Die les vir ons almal: Kry alles op skrif.

Maak 'n opvolg-bydrae