Algemene Balieraad wil drie staatsadvokate laat skors oor Mdluli-affêre

Drie van die advokate by die nasionale vervolgingsgesag (NV) wat verseg het om aanklagte teen Richard Mdluli te ondersoek en te vervolg, loop gevaar om van die advokaterol geskrap te word. Hulle is advv. Nomgcobo Jiba, Lawrence Mrwebi en Sibongile Mzinyathi. Die voorsitter van die algemene balieraad, adv. Jeremy Muller SC, het teenoor die media

Lees verder: Algemene Balieraad wil drie staatsadvokate laat skors oor Mdluli-affêre

Eskom waarsku dat kraglewering gaan sukkel

Die land se kragleweringsnetwerk sal na verwagting groot druk ervaar weens die kouer weer. Eskom het Dinsdag gewaarsku dat die netwerk vir die volgende paar dae tydens spitstye kaan knor. Koue en bewolkte weer wat vir die volgende paar dae voorspel word, sowel as probleme by kragstasies met gebrekkige onderhoud het daartoe gelei dat die kragvoorsiener

Lees verder: Eskom waarsku dat kraglewering gaan sukkel

Nuwe Nissan Sentra ‘n mededingende pakket

Wie kan die immergroen Nissan Sentra van die negentigerjare vergeet?. Die motor was byna net so gewild soos die Toyota Corolla. Nissan het om een of ander rede die naam met die Almera vervang en daarna het ons skoon van die Sentra vergeet. Ná die Almera het die vreemd ontwerpte Tiida op plaaslike paaie gearriveer

Lees verder: Nuwe Nissan Sentra ‘n mededingende pakket

Die ondergang van die kultuurmens

Deur Joseph Secrève Een van die interessante eienskappe om in Europa te woon is dat ‘n mens die kans gegun word om te sien hoe samelewings gevorder het van die kultuurfase na die beskawingsfase. Sommige volkere het al die beskawingsfase bereik en ander sit nog in die kultuurfase. Ek handhaaf hierdie terme soos die geskiedkundige

Lees verder: Die ondergang van die kultuurmens

Diere neem wraak in Limpopo

‘n Toeris by die Phafuri-rivierkamp naby die Nasionale Krugerwildtuin is deur ‘n gewonde buffel aangeval, in een van twee soortgelyke voorvalle in Limpopo. Die park se bestuurder, Von van Niekerk sê die sestigjarige is na die hoësorg-eenheid van die Polokwane-hospitaal geneem. Die beseerde besoeker moes per helikopter na die hospitaal gehaas word. Van Niekerk sê veldwagters en ander toeriste het

Lees verder: Diere neem wraak in Limpopo

EFF-bloedbad na aanvalle met bakstene, messe en pangas

Chaos het Sondagmiddag uitgebreek tydens die EFF se Noord-Kaap-konferensie, toe lede, gewapen met messe, pangas en bakstene vir ‘n bloedbad gesorg het. Die konferensie by die Savoy Hotel in Kimberley om die provinsiale leierskap te verkies, het buite beheer geraak toe aangewese partyleier Aubrey Baartman, en ‘n afgevaardigde by die konferensie, Ronald Februarie op mekaar toegesak het. Saterdag is ‘n klag van

Lees verder: EFF-bloedbad na aanvalle met bakstene, messe en pangas

SA se kinders funksioneel ongeletterd

Teen die tyd dat baie Suid-Afrikaanse leerlinge Graad 4 bereik, is hulle funksioneel ongeletterd, hoofsaaklik omdat hulle nie in Graad 1, 2 en 3 leer lees nie, het City Press berig. Wat nog meer skokkend is, is dat die meeste van hul onderwysers ook nie lees nie. ‘n Unisa-professor Elizabeth Pretorius het in die studie onthul

Lees verder: SA se kinders funksioneel ongeletterd

Blade wil amokmakers in parlement vasvat

Die hoofsekretaris van die SAKP, Blade Nzimande het ‘n beroep op die ANC as die meerderheidsparty gedoen om strenger op te tree teen oproerige gedrag in die Parlement. Hy sê indien dit nodig is, moet die reëls in die Parlement en die Provinsiale Wetgewers verander word, het RSG berig. Nzimande sê hoewel daar diegene is

Lees verder: Blade wil amokmakers in parlement vasvat

Bob se kleinneef dood in kas gevind

Die 20-jarige Zimbabwiese man wat dood aangetref is in ‘n klerekas by Monash Universiteit in Johannesburg was ‘n kleinneef van President Robert Mugabe. ‘n Student in inligtingstegnologie, Takudzwa Wesley Goronga is sowat twee weke geledeas vermis aangemeld. Hy is later dood aangetref in sy klerekas op die kampus. Die Zimbabwiese Uitsaaikorporasie het gesê Mugabe het

Lees verder: Bob se kleinneef dood in kas gevind

Oorskot van sommige kerkslagoffers land in SA

Gedenkdienste vir die Lagoskerkslagoffers sal oral in die land gehou word.  Die oorskot sal eers na verskillende provinsiale lykshuise geneem word voordat die slagoffers privaat begrawe word. President Jacob Zuma het vanuit Brisbane in Australië waar hy die G20-beraad bywoon, gesê die ramp het Suid-Afrika verenig. ‘n Diens sal ook Mpumalanga gehou word nadat die liggame amptelik deur

Lees verder: Oorskot van sommige kerkslagoffers land in SA