Die nasionale polisiekommisaris, Riah Phiyega is skerp gekritiseer omdat sy nie die agtergrond van Bethuel Mondli Zuma nagegaan het voordat sy hom as provinsiale kommisaris van Gauteng aangestel het nie.
Phiyega moes sy aanstelling terugtrek ‘n paar uur nadat sy dit aangekondig het.
‘n Woordvoerder van Agang, Moeketsi Mosola sê nadat dit aan die lig gekom het dat 1 488 lede van die Suid-Afrikaanse polisie misdaadrekords het, is dit verstommend dat Phiyega nie gekyk het na die agtergrond van ‘n kandidaat vir so ‘n senior pos nie.
Hy sê dit is nog ‘n terugslag vir die geloofwaardigheid van die polisiediens se leierskap.
Volgens berigte word twee strafregtelike sake teen Zuma ondersoek. Phiyega beweer dat Zuma haar nie ingelig het oor die sake teen hom nie. – RSG
‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n nege-jarige meisie in Knysna.
Die Wes-Kaapse polisie sê die 32-jarige man is in hegtenis geneem kort nadat die meisie se liggaam Saternagnag gevind is.
‘n Woordvoerder, Bernadine Steyn sê die meisie het [Saterdag]oggend saam met maats gespeel toe die verdagte hulle te voet genader het en aangebied het om saam met haar na ‘n nabygeleë winkel te loop.
“Die verdagte is alleen gesienop pad terug vandie winkel,“het Steyn gesê.
Die meisiese familiehaar as vermis aangemeldindie middag. Sy is met ‘n gapende wond aan haar nek gevind.
Die polisie ondersoek of die meisie verkrag is voor sy vermoor is. Die verdagte sal eersdaags in Knysna se landdroshof verskyn. – Sapa
Sneeu het uitgesak oor Tafelberg in Kaapstad, ‘n rare gesig.
Die weerkantoor sê ligte sneeu lê op die pieke van die berg, wat een van die wêreld se nuwe sewe wonders is.
Dit het ook gesneeu in Ceres en die Simonsberg-omgewing naby Stellenbosch. Berigte is ook ontvang van sneeu in die Du Toitskloofpas tussen die Paarl en Worcester.
Die Kaapse Skiereiland het die afgelope paar dae deurgeloop onder swaar reën en stormsterk wind wat duisende mense aan die elemente blootgestel het.
‘n Weervoorspeller, Jan Crous, sê die weerstoestande behoort teen môre te verbeter. Intussen het die gure weer nog ‘n slagoffer geëis.
‘n Derde hawelose persoon wat Woensdag gevind is het in die hospitaal beswyk. Vroeër het ‘n hawelose man in Kuilsrivier verkluim nadat hy onder nat kartondose probeer skuil het, terwyl nog ‘n persoon in die hospitaal opgeneem is.
Woensdag is die liggaam van ‘n man in ‘n grot agter die Chapman’s Peak-hotel gevind. Die grot het ineengestort. Drie mans wat saam met hom in die grot was kon betyds uitkom.
Treindienste van Kaapstad na Stellenbosch en die Strand word ook steeds ontwrig. Plaasdamme naby Lyndoch en Melton Rose het hulle walle oorstroom en berigte is ontvang van spoorlyne wat onder water is.
Metrorail sê ingenieurs werk aan die probleem, maar dat dit ‘n paar dae kan neem om te herstel. Pendelaars is versoek om van alternatiewe vervoer gebruik te maak.
In die Oos-Kaap wat ook in ‘n ysige greep is, het goeie reën oor groot dele van die provinsie uitgesak.
Meer as 15 millimeter is gemeet in Port Elizabeth, Humansdorp, die Koegadam, Uitenhage en Patensie. Ander plekke soos Grahamsad, Joubertina en Oos-Londen het ook goeie reënval aangemeld.
Die weerkantoor in Port Elizabeth sê die weer sal môre begin opklaar, met ‘n stormsterkwind wat voorspel word. Geen uiterste temperature word egter verwag nie. – RSG
Die bomwat die lewe gekos van een endrieplaaswerkers beseer het, is glo ‘noorblyfseluit die Tweede Vryheidsoorlog.
Woensdag, is DavidSithole (24) dood toe diebomwathy probeer oopsny het met ‘nasetileenvlam,ontplof het.
JabuMahlangu,MosesMahlanguenDavidMasilelahet ernstigebrandwondein die ontploffing opgedoen.
Diebomisgevind op‘n nabygeleëvullishoop.
Tshwane-nooddienste se bronnehet Donderdag bevestigdat hullena die toneel ontbied is om die gebied tedekontamineer nadat‘n onbekendegeelpoeierversprei is oordie ontploffingstoneel.
‘n Polisiebronhet aan The Times gesê diepoeieris glo pikriensuur, ‘n chemiese stof wat dieBritse weermagtydensdie laat 1800’sen vroeë 1900’s gebruik het.
“Ons weet dat diebomvan voor dieEerste Wêreldoorlogis, wantkort voor dieoorlog het dieBrittebeginmet TNTinhulammunisie.“
Pikriensuuris gebruikinLyddite–bommetot kortvoor die Eerste Wêreldoorloguitgebreek het.
Hy het gesêdie toneelis gedekontamineer. ‘n Woordvoerder van die polisiekonstabelZaneleVilakazihet gesêforensieseen plofstofkenners wag vir die resultate vandie ontleding vandie geelpoeier.
“Diebeseerdemans isin‘n ernstigetoestand in die hospitaal,” het sygesê.
‘n Werker is in ‘n kritieke toestand nadat hy in ‘n masjien geval het, het paramedici gesê.
Die voorval het in Isithebe, noord van Durban, plaasgevind.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare, het gesê dit is nie bekend hoe die man in die masjien geval het nie. Die masjien word gebruik om houtvorms te maak.
Die man is op die toneel gestabiliseer en na ‘n hospitaal geneem.
Die weermag kon nie bewerings bevestig of ontken deur die militêre vakbond SANWU dat Suid-Afrikaanse skerpskutters, wat in diens van die Verenigde Nasies is, ses M23-rebelle in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo doodgeskiet het nie.
Die vakbond se nasionale sekretaris, Pikkie Greeff, sê die voorval het in die Goma-gebied gebeur.
‘n Weermagwoordvoerder, brigadier Xolani Mabanga, het bevestig dat Suid-Afrikaners betrokke was, maar wou nie sê of hulle skerpskutters is nie.
Meer as 1 300 Suid-Afrikaanse soldate is deel van ‘n VN-eenheid, wat ‘n mandaat het om teen Kongolese rebelle op te tree. – RSG
“‘n Plan om ‘n belonging te betaal aan mense wat inligting oor beplande misdaad in die Stad Kaapstad aan die polisie verskaf, is positief en kan lei tot pro-aktiewe optrede om misdaad te bekamp,” sê mnr. André Fourie, Vryheidsfront Plus-raadslid vir die Stad Kaapstad.
Hy sê dit was lankal nodig aangesien Suid Afrika se publiek begin om vertroue in die land se veiligheidsmagte te verloor en almal gebuk gaan onder die uiters gevaarlike misdaad-situasie in die land.
Volgens mnr. Fourie skep daaglikse beriggewing oor misdaad die indruk dat mense nêrens meer veilig voel nie, nie eens in die hul eie wonings nie.
“Inbrake, aanrandings, verkragting en moord raak selfs in sogenaamde veilige woongebiede ‘n alledaagse. Voorvalle van klipgooi en die oprigting van padversperrings op openbare roetes kom gereeld voor en paaie, selfs hooftoevoerroetes soos die N2, word meer as ooit om hierdie rede gesluit en herinner byna aan ‘n ‘oorlogsituasie’.
“Die optrede van ontevredenes het selfs al gelei dat ontlasting voor regeringsgeboue en in die Kaapstad Internasionale Lughawe uitgegooi is en brandende motorbande is ‘n gereelde verskynsel.
“Dit voel asof misdadigers ons gyselaar in ons eie land hou.
“Nie eens die stad se burgemeester kon ‘n bevredigende antwoord verskaf oor probleme wat oproermakers op die N2 veroorsaak nie. Dit blyk dat daar bloot nie die mannekrag is om die pad heeltyds te patrolleer nie,” sê mnr. Fourie.
Volgens hom is ’n oplossing hiervoor ‘n inligtingsintelligensie-eenheid wat inligting kan inwin oor probleempunte sodat daar pro-aktief opgetree kan word. Hy sê as die kwaaddoeners drie-uur soggens opstaan, moet die veiligheidsmagte reeds inligting daaroor hê en hulle inwag.
“Maar dit gebeur nie. In baie gevalle word oortreders net verjaag en nie eens aangekeer nie. Die plan on ‘n belonging uit te reik vir inligting oor misdaad kan hier van groot nut wees en kan bydra om weer ordelikheid in Kaapstad te bewerkstellig,” sê mnr. Fourie.
Dit is nou duidelik dat Aarto ‘n mislukking is en niks minder is nie as ‘n peperduur Wit Olifant en die Vryheidsfront Plus versoek opnuut dat dit afgeskaf word om verdere onnodige vermorsing van geld te vermy, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer. Die VF Plus het ‘n parlementêre vraag in die verband aan die minister gerig.
Volgens adv. Alberts is dit duidelik dat Aarto (die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersmisdrywe) nie in sy doelwit slaag om paaie veiliger te maak nie, en dit kan nie meer ontken word dat die projek nie lewensvatbaar is nie.
In die media is nou berig dat Aarto-boetes van meer as R2 miljard nog nie ingevorder is nie. Dit is luidens ’n verslag wat vandeesmaand aan Dipuo Peters, minister van vervoer, oorhandig is.
Die probleem met die invordering van verkeersboetes word veroorsaak deur die verouderde eNatis-stelsel wat motoriste se kontakbesonderhede bevat en wat veroorsaak dat boetes ingevolge Aarto nie by oortreders uitkom nie, lui die verslag.
Volgens adv. Alberts word feitlik geen boetes meer ingevorder nie en die verslag aan minister Peters bevestig dit. “Dit maak geen sin om daarmee te volhard nie. In die boekjaar 2011-12 is byna 90% van boetes nie betaal nie en in 2012-13 slegs 87%.
“Die VF Plus het onlangs ook gewaarsku teen ‘n voorstel om met verhoogde verkeersboetes die publiek te dwing om die mislukte stelsel van ondergang te red. Dit was nadat die Agentskap vir Padverkeersmisdrywe (RTIA) voorgestel het dat verkeersboetes verdubbel word om Aarto te red.
“RTIA het toe ook erken dat die Johannesburgse metro-polisiediens (JMPD) sedert Desember verlede jaar meer as R60 miljoen bestee het om 2,4 miljoen Aarto-verkeersboetes per geregistreerde pos uit te stuur. Nie eens 5% daarvan is binne die erste maand betaal nie.
“Hierdie boetes het verval aangesien RTIA nie die posgeld kan bekostig nie. Dit is duidelik ‘n chaotiese stelsel wat van die begin af gedoem was tot mislukking.
“Aarto is niks meer nie as ‘n sinlose vermorsing van geld sonder enige resultate, en ons versoek die minister om dit nou stop te sit,” sê adv. Alberts.
Saterdag, die laaste amptelike wintersdag voor lente aanbreek, gaan ‘n behoorlike wintersdag wees en Sondag, wat lentedag is, gaan dit oor groot dele van die land steeds bitter koud wees.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gesê ’n bielie van kouefront wat die laaste twee dae swaar reëns in die Wes-Kaap gebring het, sal Vrydagaand in Gauteng arriveer en sal Saterdag 11ºC kouer as Vrydag wees.
In dele van Johannesburg sal die kwik Vrydagnag en Saterdag-aand tot -2ºC daal. Drie mense is reeds dood weend die koue in die Kaap.
Die verwagte minimum- en maksimumtemperature vir Vrydag en Saterdag is -2ºC/13ºC en -2ºC/15ºC in Johannesburg en 2ºC/15ºC en 0ºC/18ºC in Pretoria.
Reën word nie vir die noordelike dele van die land voorspel by die bibberweer nie.
Die Suid-Afrikaanse weermag sê geen Suid-Afrikaanse soldate is dood in gevegte in die Demokratiese Republiek van die Kongo nie.
‘n Woordvoerder, brigadier-generaal Xolani Mabanga het berigte dat Suid-Afrikaanse soldate dood is, as propaganda afgemaak.
Mabangu sê die weermag sal binnekort ‘n mediakonferensie hou om die publiek op datum te bring met Suid-Afrika se deelname aan ‘n Verenigde Nasies-mag in die DRK.
Die weermag het gister aangekondig dat ‘n vyfde Suid-Afrikaanse soldaat gewond is in gevegte met rebellemagte.
Intussen sê die VN ‘n Tanzaniese lid van die VN-vredesmag is dood terwyl hulle die Kongolese weermag ondersteun het in gevegte met rebelle naby die oostelike dorp, Goma. – RSG