Die bom wat die lewe gekos van een endrie plaaswerkers beseer het, is glo ‘n oorblyfsel uit die Tweede Vryheidsoorlog.
Woensdag, is David Sithole (24) dood toe die bom wat hy probeer oopsny het met ‘n asetileenvlam, ontplof het.
Jabu Mahlangu, Moses Mahlangu en David Masilela het ernstige brandwonde in die ontploffing opgedoen.
Die bom is gevind op ‘n nabygeleë vullishoop.
Tshwane-nooddienste se bronne het Donderdag bevestig dat hulle na die toneel ontbied is om die gebied te dekontamineer nadat ‘n onbekende geel poeier versprei is oor die ontploffingstoneel.
‘n Polisiebron het aan The Times gesê die poeier is glo pikriensuur, ‘n chemiese stof wat die Britse weermag tydens die laat 1800’s en vroeë 1900’s gebruik het.
“Ons weet dat die bom van voor die Eerste Wêreldoorlog is, want kort voor die oorlog het die Britte begin met TNT in hul ammunisie.“
Pikriensuur is gebruik in Lyddite–bomme tot kort voor die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het.
Hy het gesê die toneel is gedekontamineer. ‘n Woordvoerder van die polisie konstabel Zanele Vilakazi het gesê forensiese en plofstofkenners wag vir die resultate van die ontleding van die geel poeier.
“Die beseerde mans is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal,” het sy gesê.
